96 HELP JOU WAARHEID JOU <i>COPE</i>? GEES tips Articles www.voelgoed.co.za

HELP JOU WAARHEID JOU <i>COPE</i>?

... of mis jy iets?

2011-07-21

Deur watter lens kyk jy na die lewe? Wat is die één stelling wat jy altyd gebruik as iets slegs of onverstaanbaars of wonderliks gebeur? Dis jou waarheid …

“Elkeen het sy eie waarheid,” sê ’n polisieman vir my in die Oekraïne. “Is dit so?”

Verskillende mense kyk op verskillende maniere na dieselfde ding. Dit vorm die maatstaf waarmee hulle alles in die lewe beoordeel. Wat is vir jou die waarheid en waarop baseer jy dit? Vrees, pyn, opinies, voorkeure, trots?

“God is ontrou,” sê die persoon wat God vertrou het vir iets en dit toe nie gekry het nie. “Daar bestaan nie ’n God nie,” antwoord iemand wat geliefdes deur die dood verloor het. “God is nie in beheer nie,” sê iemand wat nie kan verstaan hoekom slegte dinge met goeie mense gebeur nie. So definieer mense se verlede en ondervinding hulle waarheid.

Die meerderheid ateïste en agnostici met wie ek al te doen gekry het, grond hulle waarheid op die pyn, trauma en teleurstellings van die verlede. As jy met hierdie mense gesels, word jy oorweldig deur ’n stortvloed emosionele argumente wat getuig van hartseer, verlatenheid, woede, bitterheid en oorlewing.

Ander mense se siening van waarheid word bepaal deur hulle persoonlike voorkeure en vrese. “God is blank,” sê die wit rassis. “God is Hebreeus,” sê die Sionis. “God sal nie toelaat dat enigiemand verlore gaan nie,” sê die humanis. “God is Gereformeerd/Pinkster/Katoliek/Charismaat,” sê die denominasionalis. “God is vroulik,” sê die feminis. Almal wil God annekseer vir hulle groep of doelwit. Maar wie is reg? Wat is die waarheid? Daar is ’n idioom wat sê: “Elke ketter het sy letter.” Dit beteken jy sal wel êrens in die Bybel of in ’n heilige geskrif bevestiging kry vir jou siening.

Natuurlik is daar ook mense wie se waarheid bepaal word deur die meerderheidstem. Toe almal gesê het apartheid is reg of homoseksualiteit is verkeerd, was dit so. Noudat almal sê apartheid is verkeerd en homoseksualiteit is reg, word dit weer só aanvaar. Maar is dit? Jesus se belofte is dat die waarheid ’n mens vry maak. Die mens se gebrek aan vryheid is seker sy grootste bewys dat hy die waarheid nié gevind het nie.

Pilatus het vir Jesus gevra: “Wat is waarheid?” Sy vraag kon sinies gewees het, maar dit was opreg.

Jesus se antwoord is eenvoudig: “Ek, en nét Ek, is die waarheid” en: “Elkeen wat die waarheid liefhet, luister na My” (kyk Joh. 14:6 en 18:37). Daar is nie ’n alternatiewe waarheid nie. Jesus is gevaarlik. Hy is óf stapelgek óf Hy is wie Hy gesê het Hy is. Ons kan Hom nie afmaak as sommer net ’n godsdienstige figuur nie. Jy moet Hom óf afskryf óf in geheel aanvaar.

Nie ons of ons vrese of ons voorkeure of ons belewenisse of die konsensusstem is die hart van ons waarheid nie. Net Jesus is – die Waarheid van God. Sonder Hom val jou lewe uitmekaar, maar met Hom kan geen trauma jou verwoes nie. Sonder Hom is die lewe ’n filosofiese warboel, maar met Hom is daar lig in die donker!

Moenie God se Waarheid weerstaan nie. Jou lewe is té kosbaar!

Riekert Botha


 

 

Kliek hier vir Riekert se boek, Pleisters vir die siel 2, soos uitgesaai in Brekfis met Derrich op RSG

Kommentaar

gesels saam


argief

  • DIE ANDERKANT

    Ek vind dit vreemd dat soveel mense 'n beheptheid met “die ander kant” het. Baie meer boeke verkoop tans oor die lewe na die ...
  • AANVAARDING, TOT DIE EINDE TOE

    Om jou kind aan Vigs af te staan is 'n bitter pad om te stap. Maar vir n ma bly haar kind, altyd net kind. En soos Leanne, sal n m...
  • VAN PERFEK TOT PLESIER

    Adele Grant is 'n ma wat voor haar seuntjie se geboorte 'n pynlike perfeksionis was.
  • TEN SPYTE VAN

    Die feit dat hy as kwadrupleeg, vir die res van sy lewe in n rystoel vasgekluister sal wees, kon nie dié liefde keer nie. Marli Swa...
  • GELOOF IS VIR ONS GENOEG

    Kan mens jou lewe, jou besluite, slegs op geloof baseer? Gary en Rhona Kieswetter het dit jare gelede begin doen – en is nie...
  • GEESTELIKE VERNUWING

    Die Olimpiese swemmer, Marianne Kriel, is geskei na 'n huwelik van 'n jaar. Om te skei was destyds die beste keuse wat sy kon maak...
  • VERKRAG, MAAR NIE GEBREEK NIE

    Die lewe deel iewers langs die pad aan ons almal 'n paar klappe uit. Dan het jy 'n keuse: Om n oorwinnaar te wees óf om 'n slagoffe...
  • VAN WOEDE NA WOORDE

    "Ander het dit 'n tragedie genoem; selfmoord tot die derde mag. Ek het dit gesinsmoord genoem. Ek het agtergebly met vier kin...
  • 'N SLAAF VAN SLEGTE GEWOONTES

    Om ná twee dekades op te hou rook, is geen kinderspeletjies. 'n Opregte hartsbesluit het die onmoontlike vir Magda Brill va...
  • MY STRYD TEEN KILOJOULE-SPOOK

    Vir Ina Claassens was anoreksie soos 'n spook wat haar lewe byna-byna verwoes het. Tot 'n psigiater die woorde gesê het wat nieman...