88 MAAK JOU HUIS GESELLIG DEKOR idees Articles www.voelgoed.co.za

MAAK JOU HUIS GESELLIG

MAAK JOU HUIS GESELLIG

... en warm

2023-04-20

Jou woonvertrekke kry wintergeselligheid met warm kleure. Verruil jou vertrekke se koel kleure vir donkerblou, pers, donkerrooi, vuil oranje, donkergeel en bruin. Bring snoesigheid die vertrek binne met teksture soos fluweel, suede, wol en kunspels.


 

Die leeskamer

Die  mure is bedek met boekrakke en boeke. Dit isoleer die vertrek teen koue van buite en skep ’n intieme atmosfeer.  Die groot bank met kussings in verskillende vorms, kleure en teksture verleen rustigheid aan die vertrek en werk goed saam.  Die vuurmaakplek maak die kamer warm en gesellig in die winter – perfek om onder ’n kombers te lê en lees!

1)    Pers ronde kussing, R199, Woolworths
2)    Gestreepte pers fluweelkussing, R59,99, Mr. Price Home
3)    Geruite patroon pers fluweelkussing, R289, Loads of Living
4)    Geel glashouer, R189, @Home, pers glashouer, R19,99, Mr. Price Home
5)    Lanterns en kershouertjies:
a)    Bamboes, R90, Noir
b)    Wit porselein, R79,99, Woolworths
c)    Brons blik uitgesnyde patroon, R29, @Home
d)    Klein pers glashouertjies, R12,99, Woolworths
6)    Goue staallanterns, R209 elk, Loads of Living
7)    Pers kombers, R250, Studio W, Woolworths



Die eetkamer

Die oop vuurherd bring egtheid in die vertrek met ’n ou houtvloer. ’n Ou tafel en stoel nooi jou uit om voor die vuurherd te kom eet. Die donkerrooi skakering van die muur maak die kamer warm en skep intimiteit. Interessante dekoritems versier die klipkaggel en maak die vuurherd ’n ware winterkuierplek.

1)  Glase:   Rooiwynglas, R39,95, Woolworths
                  Pers wyn glas, R25,99, Mr. Price Home
                  Pers koeldrankglas, R25,99, Mr. Price Home
2)    Kershouers, (pers)  R69,99, Woolworths
3)    Pienk kraffies, R220 elk, Noir
4)    Blou botteltjies, R19,99 elk, Mr. Price Home
5)    Meisiefiguur, R250, Noir
6)    Blou boekhouers, R235, Noir
7)    Mini-plastiekvetplantjies, R19,99 elk, Mr. Price Home
8)    Blou porseleinhouers met blou dekseltjies, R145 elk, Noir


 


Slaapkamer

Die slaapkamer het ’n “country” gevoel met die ou klipmuur wat rou gelos is. Dit skep ’n natuurlike kopstuk vir die bed en gee pragtige tekstuur. Geen ander versierings of dekoritems is nodig nie. Die klipmuur is ook die fokuspunt in die kamer. Beddegoed in donker kleure lyk warm en vertoon mooi. Verander jou koel wit na donkergrys. Gebruik ook fluweelkussings in plaas van katoenkussings.  En gebruik kersies langs jou bed – die teenwoordigheid van ’n vlam laat jou dadelik warmer voel.

1)    Ou blikhouer in blou, R499, Loads of Living
2)    Koffiekoppie, R25, Woolworths
3)    Kunspelskombers, R1 999, Loads of Living
4)    Grys Egiptiese katoenbeddegoed, R599 (Q), @Home
5)    Groot blou fluweelkussings, R399, Loads of Living
6)    Kleiner swart kussing, R289, Loads of Living
7)    2 kershouers – pers, R49,99, Woolworths
                              rooi, R55, Woolworths


Fotograaf:  Francois Booyens
Stilis:  Karin Orzol
Dankie aan Irma vir die leen van haar huis



argief

  • DINK PRAKTIES

  • SLAAP SALIG

    Bederf jouself met aromatiese kerse en blomme wat vir jou sê: jy is uniek.
  • OMTOWER JOU TUIN

    Pak n ou fotoraam of skinkbord vol teeliggies, bondel feesliggies in n glasbak of drapeer dit op die tafel.
  • SIT AGTEROOR

    Maak gebruik van aksentkleure wat moeder natuur gratis vir ons gee.
  • KINDERSPELETJIES

    Vrolike kamers word geskep met wasbare linnegoed van suiwer katoen.
soek op voelgoed

 

 

 

voelgoed

vermaak

 

 

   vg TV [kyk dit]


  

   vg OUDIO [luister dit]