'N MANLIKE HUIS
... Ja, dit kan werk!
2011-07-19
... Ja, dit kan werk!
2011-07-19
Vandag se bachelor is lankal nie meer die een met die lendelam kombuisstoele in die sitkamer nie. Daar is manne wat ’n sofistikasie het wat skrik vir niks. Hulle stel belang in elke vertrek se dekor en dink mooi wanneer hulle ’n stylkeuse maak. Hulle maak sterk stellings van wie hulle is en hoe hulle geken wil wees.
Hierdie huis sal by enige vrou en gesin aanpas. Die palette is grys, sement, liggroen, bruin, hout, natuurlike stowwe, staal, geroeste metaal ...
Die ou hout dienwaentjie is effektief as fokuspunt in die huis ingespan. Die goed gerangskikte ‘goeters’ en versamelstukke nooi ’n mens om iets die kunssinnigheid en sentiment raak te wil sien. Jy kan nie help om te gaan kyk wat daar is nie ... Ou emmers, gieters, klein houttafeltjies, moderne lamp, pragtige eenvoudige kunsstuk, en die ou gereedskap teen die muur sorg vir die kombinasie van oud en nuut.

1) Kunsstuk, R990, Mariëtte de Wet (083 704 1369)
2) Ou geroeste beker, R225, Noir (082 874 7621)
3) Silwer sampioene, R119, R79, R59, almal Loads of Living
4) Silwer lig, R599, Woolworths
5) Groot skildery, R4 800, Jan Schutte @ Noir
6) Gieters, R100 elk, Noir
Die aardse sitkamerkleure skep ’n rustige, sagte gevoel, maar bly steeds manlik. Die palette werk gemaklik in winter en somer saam. Daar is net genoeg kussings op die bank, en die groot koffietafel is wonderlik vir baie boeke en ’n paar interessante items, soos die geroeste klok. Die breekware is skakerings van bruingrys en dra by tot die gevoel van rustigheid.

1) Skinkbord R19,99, Mr. Price Home, glase R45 elk, Woolworths
2) Geroeste klok, R180, Noir
3) Bakkies, R35,95 en R39,95, Woolworths, swart borde, R19,99, Mr. Price Home
4) Ou metaalbeker, R300, Noir
5) Kussings, R279 (geknoop-en-doop), Loads of Living; gestreep, R279, Loads of Living
6) Dun kombersie, R299, @Home
Hierdie badkamer is op ’n moderne manier gebou. Dit het ’n groot sementbad, interessante kopstuk, sementvloer en groot vensters wat lig inlaat. Die ou emmers, stoel, bruin handdoeke en vlekvrye staal en blikitems wat in die huis herhaal word, maak die badkamer anders as die gewone.

1) Ou emmers, R100 elk, Noir
2) Swart koffiebeker, R15,99, Mr. Price Home
3) Silwer vullisblik, R519, Loads of Living
4) Seephouertjies, R159 elk, Loads of Lving
5) Handdoeke, R169, Loads of Living
6) Elisabeth “ghost” stoel, prys op aanvraag, Sit In Trend (082 670 1411)
7) Swart blikemmer met deksel, R299, Mr. Price Home
Fotograaf: Francois Booysens
Stilis: Karin Orzol
Baie dankie aan Freek vir die leen van sy huis.
argief
SKEP 'N HOLTE VIR JOU VOET
... met 'n huis vol karakterCHRISTI PANAGIO SE DEKORWENKE
Ons voorblad meisie, Christi Panagio het ongelooflike goeie smaak en is so stylvol soos n regte prinses! Ons het die voorreg gehad...FOKUSMURE
DINK PRAKTIES
SLAAP SALIG
Bederf jouself met aromatiese kerse en blomme wat vir jou sê: jy is uniek.OMTOWER JOU TUIN
Pak n ou fotoraam of skinkbord vol teeliggies, bondel feesliggies in n glasbak of drapeer dit op die tafel.SIT AGTEROOR
Maak gebruik van aksentkleure wat moeder natuur gratis vir ons gee.KINDERSPELETJIES
Vrolike kamers word geskep met wasbare linnegoed van suiwer katoen.
























En waar is dit?
Rene
Louise