81 BLY GLANSEND DIÉ WINTER! VOEL GOED tips Articles www.voelgoed.co.za

BLY GLANSEND DIÉ WINTER!

BLY GLANSEND DIÉ WINTER!

Raak ontslae van die “blues” deur jou vel en hare te bederf met dié warm vogwenke.

2010-05-07Carmen Kirsten

HARE


•    Probeer om jou hare een keer minder in ’n week te was. As jy jou hare was gebruik ’n bevogtigende sjampoe en voggewende stileringsprodukte.
•    Indien jou gewone opknapper nie voldoende bevog nie, behoort jy ook ’n aanbly-opknapper te gebruik.
•    Kies stileringsprodukte wat silikoon bevat. Nie net sal dit ontslae raak van die krul nie, dit sal jou hare glad en blink laat vertoon.

GESIG


•    Drink so veel water as moontlik. Kruietee kan een van jou glase water vervang.
•    Gebruik ’n romerige gesigreiniger of ’n seepvrye reinigingsmiddel.
•    Slaan oor na sagte opknappers om jou vel te reinig en te bevog.
•    Skuur die droë velletjies weg met ’n voggewende sagte skroproom sodat jou bevogtiger in jou vel kan intrek en jou grimering heeldag kan aanbly. Smeer daarna ’n bevogtiger asook olie aan.
•    Kies ’n bevogtiger met sonskerm.

LYF


•    Wend jou bevogtiger aan nadat jy uit die stort of bad klim terwyl jou lyf nog effens klam is.
•    Hoewel wintertyd die lekkerste tyd van die jaar is vir ’n lang warm bad, is dit eintlik sleg vir jou vel.
•    Gebruik lyfrome wat gliserien of mineraalolies bevat.

HANDE


•    Probeer ’n bietjie essensiële olies soos roos en kamille wat jy met ’n druiwebasisolie meng en aan jou hande smeer.
•    Dra altyd handskoene as jy buite is of as jy skottelgoed was.

VOETE


•    Skrop saans jou voete met ’n skuurklip om van dooie velletjies ontslae te raak.

LIPPE


•    Wend ’n lipsalf aan jou lippe en vryf jou lippe saam. Gebruik dan ’n tandeborsel om die dooie velletjies af te borsel.

argief

  • VERLAAG JOU KANKERRISIKO

    Wetenskaplikes beraam dat 40% van kankergevalle voorkom kan word met gesonder gewoontes.
  • PAMPERLANG JOUSELF

    Niks kom naby die ontspanning van 'n spa-behandeling nie. Skep daarom jou eie tuis, of gaan vir 'n professionele vertroeteling.
  • VERSTERK JOU BINNESTE

    Die sleutel tot n gesonder en gelukkiger jy is om jou immuunsisteem te versterk sodat siektes nie so maklik n houvas op jou kry ni...
  • HOU JOU MOND GESOND

    Dit is nou maar eenmaal so dat mondsake ’n seer en sensitiewe kwessie is.
  • KRY MEER ENERGIE!

    Jy voel moeg en afgerem, maar het geen idee wat die oorsaak is nie. Volg hierdie ses stappe om seker te maak jy het meer energie.
  • OEFENING AS DEEL VAN JOU ROETINE

    Ons weet ons moet oefen. Maar hoe kom n mens aan die gang? Ons beantwoord al jou vrae om jou te help om van al jou verskonings ...
  • KRY JOU EETLUS ONDER BEHEER!

    Die hoofrede waarom vroue nie by n gesonde eetplan kan bly nie, is ons lus om te peusel. Daar is n rede waarom ons wil peuse...
soek op voelgoed

 

 

 

voelgoed

vermaak

 

 

   vg TV [kyk dit]


  

   vg OUDIO [luister dit]