BEÏNVLOED MY MENSTRUASIESIKLUS MY GEWIG?
Vind jy soms dat jy gewig aangesit het selfs wanneer jy jou dieet getrou gevolg het? Dis heel waarskynlik jou menstruele siklus wat vir die gewigstoename verantwoordelik is.
In ’n onlangse studie is bevind dat die meeste vroue tussen 1,9 en 2 kg swaarder kan weeg in die eerste fase van hulle menstruele siklus.
2012-05-04Amanda Kuit
Vind jy soms dat jy gewig aangesit het selfs wanneer jy jou dieet getrou gevolg het? Dis heel waarskynlik jou menstruele siklus wat vir die gewigstoename verantwoordelik is.
In ’n onlangse studie is bevind dat die meeste vroue tussen 1,9 en 2 kg swaarder kan weeg in die eerste fase van hulle menstruele siklus.
2012-05-04Amanda Kuit
Gewigstoename op sekere tye van jou menstruele siklus is ’n tydelike verskynsel. Indien jy op ’n gewigsverliesprogram is, sal waar jy in jou menstruele siklus trek, wel die afmetings en syfers op die skaal ietwat beïnvloed.
Jou metaboliese spoed daal deur die loop van jou menstruele siklus en is op sy laagste punt op dag 14 (dit is so ’n week voor ovulasie). Vanaf dag 14 verander baie dinge in jou liggaam, wat insluit ’n verandering in temperatuur en die styging van die progesteroonvlak tot op dag 21. Daarna begin die progesteroonvlak daal en die metaboliese spoed styg. Jou metaboliese spoed is op sy hoogste een dag voor jy begin menstrueer. Dit is gewoonlik in hierdie tyd net voor menstruasie dat die ondier in jou wakker gemaak word en jy sjokolade en koek aanval!
Hierdie verhoging in metaboliese spoed is ongeveer 1 500 kJ, wat omtrent gelyk is aan die kilojoules van vyf snye brood. Jy sal in hierdie fase dus aanhou eet tot jou liggaam genoeg energie bymekaargemaak het om vir die verhoogde metaboliese spoed te kompenseer.
Na hierdie ondier-eetfase vind jy dan gewoonlik dat jy gewig opgetel het. In ’n onlangse studie is bevind dat die meeste vroue tussen 1,9 en 2 kg swaarder kan weeg in die eerste fase van hulle menstruele siklus. Hierdie gewigstoename is veral opgemerk in vroue wat sukkel met PMS. Simptome wat tydens PMS tot die tydelike toename in gewig bydra, is waterretensie en opgeblaasheid. Baie vroue ervaar ook gedeeltelike hardlywigheid in hierdie eerste fase, wat ook hulle gewig kan beïnvloed.
Die toename in jou gewig tydens hierdie fase is dus nie werklike gewigstoename nie. Die ekstra kilojoules wat jou liggaam benodig, kan wel jou gewigsverliesprogram beïnvloed, veral as jy op ’n dieet met min kilojoules is of een wat hoog in proteïene is. Jou drang na koek, suiker en sjokolade sal jy nie kan keer nie. Die rede hiervoor is baie eenvoudig: As jy te min stysel inneem en jou liggaam benodig energie, sal jou brein impulse stuur wat jou lus sal maak vir stysel!
Indien jy op ’n gewigsverliesprogram is, is dit belangrik dat die eetprogram voorsiening moet maak vir hierdie ekstra kilojoules wat jou liggaam nodig gaan hê – gewoonlik vanaf dag 23 tot dag 28. As jy jou inname van vrugte verhoog, sal dit help om die lus vir suiker en sjokolade te verminder. Een appel (145 g) bevat ongeveer 380 kJ – eet dus drie ekstra appels. Kies die Pink Lady appel, wat ’n bietjie soeter is. Druiwe of ’n mango is ook lekker soet. As dit nog nie soet genoeg is vir jou nie, probeer rosyne. Jy kan tot 120 g eet om die ekstra kilojoules te kry wat jou liggaam benodig.
Indien jy dit nie regkry om van sjokolade af weg te bly nie, probeer eerder donker sjokolade met neute as gevulde sjokolade. Jy mag egter net 50 g eet om die ekstra kilojoules in te kry. Onthou net, jy kan nie die appel, rosyne én sjokolade eet nie ... kies net een!
Alles kalmeer weer so vyf tot sewe dae nadat jy begin menstrueer het. Vir weegdoeleindes is dit dus goed om jou tussen dag 8 en dag 12 van jou menstruele siklus te weeg.
argief
HANDHAAF JOU GEWIG
Elke ding het sy tyd. Die afgelope twee weke was dit tyd vir jolyt. Nou het die oomblik aangebreek om weer in jou klere te pas.MOOI MIDDEL, FERM BENE
Ferm maagspiere verbeter jou postuur en voorkom laerugprobleme.BLY VIETS EN FIKS
'n Gesonde lewenstyl bestaan nie net uit goeie eetgewoontes of genoeg oefening nie, maar uit 'n gebalanseerde kombinasie van die t...VISUALISEER SUKSES
Die meeste mense wat probeer om gewig te verloor, sit op hulle eie en dan dink hulle aan alles waarvan hulle baie hou en wat hulle...VERLOOR EEN KILOGRAM SÓ
Om een kilogram te verloor moet jy 7700 kalorieë uit jou dieet sny of deur oefening verbrand.BESEF HOE BELANGRIK OEFENING IS
Met oefening skei jy endorfiene af wat oefening lekker laat voel, maar dit neem ongeveer twintig minute van oefening voordat die e...ONTDEK DIE GEVARE VAN KETOSE
Ek moet goed in my lewe inbou wat vir my lekker is en nie net goed insluit wat ek moet doen nie.ONTSNAP UIT DIE KLOUE VAN JOU KOSVERSLAWING (2)
Dit is ons eie skuld dat die lewe 'n oorlewingstryd is, want ons skep 'n klomp moets en moenies vir onsself. Ons verwag nie beter ...ONTSNAP UIT DIE KLOUE VAN JOU KOSVERSLAWING (1)
Dit is belangrik om drome te hê. As jy nie drome het nie, sê dit dat jy jou lewe sien as so goed soos wat dit kan wees. Jy a...VERSTAAN DIE POSITIEWE EFFEK VAN KOS
Wat mense van jou dink en sê, is vir jou baie belangrik. Jy het 'n intense soeke na aanvaarding. Jy sukkel om mense te vertrou.
soek op voelgoed


.jpg)




.jpg)

















