OORGEWIG EN VETSUG – DIE HARDE FEITE!
2011-08-16Ilana Scholtz
2011-08-16Ilana Scholtz
Om oorgewig te wees of aan vetsug te ly word gedefinieer as iemand wat as gevolg van ʼn abnormale versameling van vet hul gesondheid benadeel en beïnvloed.
|
Feite oor vetsug:
• Wêreldwyd het die hoeveelheid mense met vetsug verdubbel vanaf 1980.
|
BMI (Body mass index) is ʼn eenvoudige manier om gewig teenoor lengte te meet. Dit is een van die maniere hoe daar vasgestel kan word of ʼn volwassene oorgewig is. Dit word bepaal deur ʼn persoon se gewig in kilogramme gedeel word deur die vierkantswortel van sy lente in meter (kg / m2)
ʼn BMI van groter of gelyk aan 25 dui aan dat iemand oorgewig is en as dit groter of gelyk aan 30 is wys dat iemand aan vetsug ly.
BMI is die mees bruikbare meetinstrument vir oorgewig en vetsug, omdat dit dieselfde vir alle geslagte en ouderdom volwassenes is. Dit moet egter net as ʼn riglyn gesien word, aangesien die vet-persentasie van mens tot mens verskil.
Feite oor vetsug en oorgewig
Oorgewig en vetsug is die vyfde grootse rede vir sterftes wêreldwyd. Tenminste 2,8 miljoen volwassenes sterf jaarliks as gevolg van oorgewig en vetsug. Boonop is vetsug en oorgewig die rede hoekom 44% van volwassenes diabetes het, 23% aan hartkwale ly en tussen 7 – 41% sekere tipe kanker kry.
Verander jou lewe nou!
Paula Galvão van Eden Life Weightloss Clinic glo dat 90% van mense wat oorgewig is, insulien weerstandig is.
Statistieke wys dat 1 uit 100 mense gewig verloor op ʼn program – dit sluit enige dieet, dokters, dieetkundiges, gimnasiums in.
As die persoon wel gewig verloor het op ʼn program kan net 1 uit 1000 die gewig af hou. Van die een in ʼn duisend oefen almal baie hard om hul gewig te behou.
|
Eden Life gee dié oplossing vir gewigsverlies:
• Wees eerlik met jouself. Vind uit wat dryf jou daarna om te ooreet sodat jy dit kan voorkom. Vir meer inligting klik hier ...
|
Besoek gerus www.edenlifeclinic.co.za vir meer inligting.
























ek kry so skaam vir my self, as ek moet se as ek baie eet dan sal ek verstaan en ek eet nie eens baie nie, nou sit ek nog met hoebloedruk ook , wat staan my tedoen ?