CARIKE SE GEHEIM ...
Kan dit wees? Geen enkele skandaal of skinderstorie nie ... en dít na 45 jaar in die openbare oog. Inteendeel, Carike Keuzenkamp is steeds die toonbeeld van ʼn wonderlike vrou, ma en ouma. En sy kry dit reg om elke generasie uit haar hand te laat eet. Ons het by haar geliefdes gaan inloer om te hoor wat haar geheim is ...
2012-05-22
Kan dit wees? Geen enkele skandaal of skinderstorie nie ... en dít na 45 jaar in die openbare oog. Inteendeel, Carike Keuzenkamp is steeds die toonbeeld van ʼn wonderlike vrou, ma en ouma. En sy kry dit reg om elke generasie uit haar hand te laat eet. Ons het by haar geliefdes gaan inloer om te hoor wat haar geheim is ...
2012-05-22
MANLIEF OLAUS VAN ZYL vertel: "Ek bewonder die manier waarop Carike destyds haar borskanker hanteer het. Terwyl sy onder narkose was, het die dokter my uit die teater gebel ... hulle moes ʼn mastektomie doen. Nie een van ons was voorbereid daarop nie. En toe sy wakker word, moes ek haar daarvan vertel."
Vir ʼn dag of wat was sy geskok, en toe hanteer sy dit soos wat sy gewoonlik in ʼn krisis optree – nugter en realisties. Sy was dikwels die een wat ons ander moed ingepraat het, selfs tydens die chemoterapie.
Anders as ander gesinne, het ons oor haar siekte gepraat – soos ons maar altyd met alles maak. Gelukkig het die kanker nie versprei nie. Ons was baie dankbaar.
Geloof het ook ’n rol gespeel in die manier waarop Carike die siekte hanteer het. Sy het geweet haar herstel en genesing word deur ’n Hoër Hand beskik. Dit het vir ons almal kalmte gebring. Later het sy ook besluit om nie ’n rekonstruksie te doen nie. Sy het net gesê haar man het nie vir haar borste met haar getrou nie, wat natuurlik waar is.
En so ʼn paar jaar gelede het ons drieuur die oggend daardie gevreesde oproep ontvang. Maryke is deur ʼn rower in Carla se gastehuis oorval. Ander ma’s sou miskien vreeslik dramaties reageer het. Maar Carike het net die eerste moontlike vlug Kaap toe bespreek en na haar dogters gegaan.
OUDSTE DOGTER, CARLA VAN DER MERWE, vertel: "Ek en my man, Neil (11) en Jacques (9) woon deesdae in Amerika, maar Skype en e-pos gedurig met my ma. Sy sien haar kleinkinders dalk nie so gereeld nie, maar sy weet altyd wat in hulle lewens aangaan en sal nooit belangrike dae vergeet nie."
Sy is só betrokke dat sy dan selfs ʼn CD- en DVD-reeks met kinderliedjies gemaak het sodat haar kleinkinders ook kan weet wat sy sing. My kinders het natuurlik gedink alle oumas sing en wou altyd weet waar is die DVD’s van hulle maatjies se oumas. En eendag het Jacques se juffrou ’n CD in hulle kleuterskoolklassie gespeel van ’n man wat sing – toe wou almal weet of dit Jacques se oupa is!
Selfs noudat hulle ouer en verder weg is, het my ma steeds hierdie prettige verhouding met haar kleinkinders. Neil speel deesdae yshokkie en ouma het reeds haar skaatse afgestof en gaan dit saambring wanneer sy kom kuier.
Omdat my ma besluit het om haar loopbaan rondom ons te bou, wil ek ook graag soveel as moontlik by ons kinders wees. Omdat my ma so baie in ons belanggestel het, het ons ’n gevoel van sekuriteit gehad. Die dae wat sy nie by die huis was nie, het dit nie soos huis gevoel nie.
JONGSTE DOGTER, MARYKE VAN ZYL, vertel: "My ma se onvoorwaardelike liefde vir haar gesin, familie, vriende, mense wat vir haar werk en die mense vir wie sy sing, maak haar gewild."
En dan is dit nog soveel pret om saam met haar te wees. Toe Carla agtien geword het, was ons by ons strandhuis in Driejongensfontein, ek en my ma het hoela-rompies aangetrek en vir haar gesing. Twee van haar vriende was ook saam met ons daar. Carla het net glad nie gedink dit is snaaks nie en haar doodgeskaam vir ons!
Ek was maar net 10 jaar oud toe Carla en Werner uit die huis is. Ek onthou dat ek en my ma gereeld gaan koffie drink en fliek het. Gedurende my matriekeksamen moes ek soms keer dat ons nie te veel tussenin gaan koffie drink nie, sodat ek kans kry om te leer.
Tradisies is ook vir my ma belangrik. Soos die oliebolle wat sy altyd op Oujaarsaand maak wanneer ons almal saam by die strandhuis is. Dit is nie so soet soos doughnuts nie, met vrugte en rosyntjies in, wat jy in versiersuiker doop. Ons almal is mal daaroor.
Nie een van ons kinders was regtig ooit vreeslik rebels nie. My ma het hierdie soort reverse psychology toegepas. Sy sal byvoorbeeld nie sê ons mag nie rook nie, maar dat rook ʼn vrou se vel lelik maak. Dit het baie goed gewerk!
SANGERES EN VRIENDIN, RINA HUGO, vertel: "Carike is een van die min kunstenaars wat ander hul plek in die son gun, en intens belangstel in wat hulle doen. Toe ek my eerste plaat saam met Boet Pretorius wou opneem, het Carike my gebel en gesê sy dink die lied “Ek sien vandag die son weer skyn” sal perfek by my pas. Dit het later ’n groot treffer geword. Sy is net so onselfsugtig ... "
Haar vermoë om te lag, selfs in krisistye, maak haar verskriklik besonders. In die tagtigerjare het ons dikwels saam by oggendtees optree. Carike sou praat en ek sou meestal die singwerk doen. By een so ’n baie deftige geleentheid in Randburg – ek onthou nog die shoulder pads in ons baadjies – het Carike een van daardie baie nou potloodrompies gedra, en op ’n manier geval. Toe sy daar opstaan, het sy haar een voortand verloor! Ons kon daardie dag net nie ophou lag nie.
Deur die jare het ons nie so baie gekuier soos ons wou nie, maar heeltyd kontak behou. Toe my dogter Anri swanger geword het, het ek en Carike die winkels ingevaar en gaan shop tot ons trollies oorgeloop het. Ons het met daardie kangaroo-sakkies om ons mae deur die winkel geloop om te sien watter werk die beste!
Carike is ’n wonderlike vriendin om te hê. Sy het ’n baie positiewe energie, dis lekker om naby haar te wees. Gestroop van enige pretensie. En sy is ’n baie goeie luisteraar, alhoewel sy ook letterlik ’n hond uit ’n bos kan gesels.
argief
10 INTERESSANTE FEITE OOR ... RACHEL MCADAMS
Een van die blinkste sterre in Hollywood, The Notebook en The Vow se Rachel McAdams.BAIE GELUK, VICTOR MATFIELD!
Kan julle glo dat Victor Matfield, die mees suksesvolle rugbyspeler in ons rugby-geskiedenis, nou finaal van die veld af is?ONS GESELS MET ... MATHYS ROETS
Mathys Roets is n diep ou met wie die lewe al wye draaie en steil opdraandes geloop het, maar hy vind vreugde in die klein dingetj...SANGERS WORD IN STYL VEREER!
Daar was groot opgewondenheid en opwinding tydens die 18de SAMA-toekenningsgeleentheid by Sun City! Baie van die gunstelinge het m...DIE BESTE KOM NOG ...
Pierre Spies het nog altyd geïnspireer. Ons het meer gaan uitvind oor sy geloofsreis om, ondanks terugslae, steeds so n goeie...HOEKA TOEKA
The Residence is weggesteek in die hartjie van Houghton en was al n tuiste vir vele bekendes - insluitend vormalige President, Nel...GAAN KYK A MILLION COLOURS NOU!
Die fliek A million colours het groot opslae gemaak by filmfeeste in die buiteland en is van vandag af in teaters regoor die land ...AS EK EEN DING KON VERANDER ...
Ná n loopbaan van 23 jaar sonder een enkele blaaskans, het Patricia en Mark hulle vakansiehuis in die eksklusiewe Zimbali-l...NÁDINE BETOWER CHINA
Nádine se goudverkope status album word In China uitgereikSUSAN COETZER BOEKBEKENDSTELLING:
Tjoklits vir die siel
soek op voelgoed


.jpg)




.jpg)

















