133 5 MINUTE SAAM MET CHARLIZE THERON CELEB nuus CELEB nuus www.voelgoed.co.za

5 MINUTE SAAM MET CHARLIZE THERON

5 MINUTE SAAM MET CHARLIZE THERON

Toe die 18-jarige Charlize Theron in 1994 in Hollywood aankom, het sy 'n groot droom gehad - om 'n ster te word.

2012-02-07

Skaars tien jaar later het sy haar eerste Oscar gewen. Die pad was nie altyd maklik nie, maar met vaste waardes en moed van staal het sy gewys dit kan gedoen word.


As jy dit kon oordoen ...

“Ek weet nie of ek weer die moed sal hê nie – veral nie om in die plekke te bly wat ek kon bekostig nie. Toe ek van die vliegtuig afstap in Los Angeles het ek vir die taxibestuurder gevra om my na die goedkoopste hotel in Hollywood te vat. Dit was The Farmer’s Daughter, waar jy kamers per uur kon huur. Ek het ’n bottel bleikmiddel gekoop, die kamer skoongemaak en ’n paar weke daar gebly. Ek kon die Hollywood-uithangbord vanuit my kamervenster sien en dit het my gemotiveer.”

Waardes en dissipline

Kenners meen dit is haar professionaliteit en waardes haar so gewild maak in Hollywoodkringe. Miskien het haar waardes iets te doen met hoe sy grootgemaak is. Sy is nie bang om te vertel dat haar ma haar sterk gedissiplineer het deur haar pak te gee nie, “waarmee ook al rondgelê het: ’n haarborsel, ’n paplepel of ’n skoen. Ek het nooit gedink sy is onregverdig nie en sou altyd na die tyd vir haar jammer gaan sê dat ek verkeerd was.”

Het jy geweet?

Charlize Theron is seker een van min Hollywood-aktrises wat openlik hulle swakhede erken, maar sy vertel sommer reguit: “Ek is bang om te vlieg. Bang om oud te word en om alleen te wees. Ek is ook bang ek beledig mense en ek voel of daar altyd ’n duiwel op my skouer sit en vir my fluister dat ek nou weer dinge vir iemand gesê het wat ek nie moes nie.

Trots Suid-Afrikaans

Sy het jare lank met haar Suid-Afrikaanse paspoort gereis, maar visums was ’n probleem geword omdat alles so haarfyn beplan moes word. Sy het toe besluit om ’n Amerikaanse burger te word – ook omdat sy graag wil stem in die land waar sy bly. Sy vertel die dag toe sy haar eed vir Amerika afgelê het en ’n brief van die president ontvang om haar in Amerika te verwelkom, het sy snaaks gevoel. “Ek weet dit is vreemd, maar ek sal in my bloed altyd ’n Suid-Afrikaner wees. Ek sal nooit daarvan kan ontslae word nie.”

2012 ...?

In 2012 gaan Charlize Theron in ’n hele paar flieks speel. Daar is reeds in 2011 begin met die produksie van Snow White and the Huntsman, wat ’n aksie-avontuurfilm gaan wees. Kristen Stewart van die Twilight fenomeen speel die rol van die enigste persoon wat mooier is as die koningin (Charlize). Die koningin weet egter nie dat Sneeuwitjie opgelei word deur die jagter wat gestuur is om haar dood te maak nie. Sy is baie opgewonde oor die fliek en was mal oor die kostuums wat sy moes dra. Verder gaan sy ook te sien wees in Young Adult, ’n romantiese komedie asook in die wetenskapfiksiefliek Prometheus.


Kommentaar

gesels saam


argief