STAAN UIT DIÉ WINTER
Moenie vaal en vervelig lyk hierdie winter nie. Staan uit met hierdie modeneigings en bykomstighede wat almal se koppe sal laat draai.
2012-05-17
Moenie vaal en vervelig lyk hierdie winter nie. Staan uit met hierdie modeneigings en bykomstighede wat almal se koppe sal laat draai.
2012-05-17
Glinsterend

Knoop die serp van Forever New (R149) se punte. Drapeer dit dan twee maal om jou nek en voeg blinkgoed by jou uitrusting.
Spoggerig
.jpg)
Dra dié lang, bonkige hangertjie van Accessorise (R129) saam met ’n wit kraaghemp om lengte te skep van jou nek tot jou middel.
Sak vol goud
.jpg)
Steel die kollig met ’n goue handsak van Nine West (R799,95). Dis ruim genoeg vir jou selfoon, grimering en al jou snuisterye.
Hou my dop
.jpg)
Lyk tydloos en elegant met ’n luukse Fossil-horlosie (R1 699). ’n Perfekte bykomstigheid saam met ’n klassieke item soos ’n potloodromp.
Stap sjiek
.jpg)
Aspoestertjie was ’n bewys dat ’n nuwe paar skoene wonders kan verrig. Dra dié balletstylskoentjies van Woolworths (R199) saam met ’n enkellengte romp.
Suksesvol
.jpg)
’n Formele baadjie in ’n goeie snit soos hierdie een van Trenery (R1 199), is ’n belegging en rond enige uitrusting af vir ’n gesofistikeerde voorkoms.
argief
WENKE VIR ’N MOOIER JY!
'n Klein glips met jou voorkoms kan jou dag lelik bederf. 'n Verkeerde haarkleur of lelike puisie verander vinnig vir Skoonheid in...BEVOG, BEVOG, BEVOG!
Sy is 'n aktrise, lektor en juwelierskonsultant! Elsabe Daneel het min stilsit-oomblikke! Met so 'n besige skedule plaas jy jou ve...BRONS SONDER DIE SON
Hierdie somer hoef jy nie ure in die son te lê om bruin te word nie ...
soek op voelgoed


.jpg)




.jpg)

















