TREK DAARDIE STREEP!

TREK DAARDIE STREEP!

Die vakansie is dalk nou verby, maar die hitte is lank nog nie klaar met ons nie. Lyk sjiek en elegant met hierdie gestreepte mode items.

2012-01-24

Gelukkig vir ons is daar mooi sonhoede wat die ergste son kan troef, soos hierdie slaprandhoed, R150, van Truworths.

As jy oor naweke ontslae wil raak van daardie hittige denim en langbroekpakkies, wees gemaklik met ’n vertikaal gestreepte kortbroek, R189,95 van Edgars. Dra ’n los linnehemp daaroor.

Dra ’n belt om jou middel om los toppies vorm te gee, maar nog steeds ’n gemaklike gevoel te skep. Maar pasop vir ’n belt as jy ’n appelvormige lyf het, dan sal langer hemde wat saam met jou lyf vorm beter wees. Belt, R149, van Accessorize.

Hoe rooier, hoe mooier! En hoekom nou dit nie in strepies doen nie?  Hierdie is ’n uitstekende top vir die naweek – sexy en tog gemaklik! Dra ’n wit kniebroek en seiltekkies hierby. Top, R399, van Ruby in the dust.

Ons hou mos so baie van opgaar en dra gewoonlik alles saam met ons, net vir ingeval ... Hierdie heerlike groot sak, wat natuurlik ook sterk genoeg is vir alles wat saamgekarwei moet word, is beskikbaar by Woolworths, R250. 44

Plat, gemaklike skoene en naweek is sinoniem. Leef-en-lê-skoene klink so lekker, dit laat jou tone sommer omkrul! En jy hoef nie ’n plaas se prys vir dié gemak te betaal nie. Kry dié gestreepte uitblinkers vir R69,99 by Mr Price.

Voer die streepmanie ’n bietjie verder en kry ’n tweestukswembroek van strepies! Dra ’n wit of vlootblou sarong om jou middel vir ’n vars voorkoms langs die swembad. Tweestuk, R189 vir bostuk en R169 vir broekie van Accessorize.

(Ruby in the dust: 011 325 5111 (Hyde Park winkelsentrum)
 

Kommentaar

gesels saam