SYSAGTE BENE IS BINNE BEREIK
Om beenhare te skeer het tydens die Tweede Wêreldoorlog gewild geword toe sykouse skaars was en kaal bene die neiging geword het ...
2012-01-27
Om beenhare te skeer het tydens die Tweede Wêreldoorlog gewild geword toe sykouse skaars was en kaal bene die neiging geword het ...
2012-01-27
Vandag is waks- en laserhaarverwydering ook algemeen, maar om te skeer bly die maklikste en goedkoopste manier om van ongewenste haartjies ontslae te raak.
Thando Mazibuko, Bestuurder: Eksterne Verhoudinge by Venus en Gillette beantwoord lesers se vra oor skeer en hoe jy die mooiste, sagste bene kan kry.
Basta met knoppies
Nadat ek geskeer het, veral my bene, sukkel ek met skeermesknoppies. Hoekom gebeur dit en hoe raak ek daarvan ontslae? - Wilma, Pinetown
Die knoppies word veroorsaak deur growwer hare in die area wat onder die veloppervlak krul. Jy kan dit voorkom deur die volgende maklike stappe te volg:
• Voordat jy skeer, week vir ’n paar minute in ’n warm bad of in die stort. Dit sal die hare sagter maak en makliker maak om te skeer.
• Bedek jou vel met skeerroom, wat sal help om die hare klam te hou en dit moontlik sal maak vir die lem om sagkens oor die vel gly.
• Hou die skeermes met die punte van jou vingers vas sodat jy so min moontlik druk gebruik. Skeer in die rigting wat die gemaklikste is om te voorkom dat jy snytjies opdoen. Vir die beste resultate, skeer in ’n opwaartse rigting, teen die rigting waarin jou beenhare groei.
• Maak seker jy gebruik ’n alkoholvrye bevogtiger sodra jy klaar is om die vog in te seël.
Ek het gehoor dit is beter om droog as met water te skeer. Is dit waar en hoekom? - Santie, Alberton
Net as jy met snytjies, infeksies en irritasie wil sit! Nee, ongelukkig nie. Dis altyd beter om iets tussen jou vel en die lemmetjie te hê, of dit nou water, seep, skeerroom, sjampoe, opknapper of olyfolie is. Die bevogtigende strokies op sommige weggooibare skeermesse werk ook net in die teenwoordigheid van water, so, hulle beteken min as jy droog skeer. Daar is beslis voordele om water te gebruik wanneer jy skeer. Dit verleng die lemmetjie se leeftyd deurdat jy dit afspoel direk nadat jy geskeer het. Tik dit ’n paar keer teen die rand van die bad om die oortollige water af te skud. As jy droog skeer, kan jy die lemmetjie na omtrent een keer se gebruik maar weggooi.
Is daar regtig ’n verskil tussen goedkoop, weggooibare skeermesse en nie-weggooibare skeermesse wat duurder is? - Jean-Marie, Silverton
Ja, daar is ’n verskil. Nie-weggooibare skeermesse se gevorderde lemtegnologie en ergonomies ontwerpte handvatsel is spesiaal aangepas om vir vroue en mans beter beheer en ’n meer bevredigende skeer te gee. Ek stel voor dat jy met skeermesse eksperimenteer om die een te kry wat die beste vir jóú werk. Jy gaan nog ’n hele klompie jaar hierdie takie doen, so, maak dit jou eie en geniet dit. Die beste kenmerke om voor uit te kyk in jou soektog is jelstrokies wat makliker oor jou vel beweeg en jou vel bevog terwyl jy skeer. Nog ’n belangrike aspek van ’n goeie skeermes is buigbare skeerkoppe wat saam met die rondings van jou lyf beweeg. Natuurlik is meer as een lemmetjie noodsaaklik, wat so na moontlik aan jou vel kom en jou met die sagste bene laat.
40 miljoen vroue wêreldwyd vertrou op Venus-skeermesse. Ek glo jy sal mal wees oor die pienk 2-in-1 Venus Breeze skeermes wat spesiaal vir vroue ontwerp is. Dit het drie individueel verstelbare lemme, beskermende kussinkies en ingeboude skeerjelstafies. Maak seker dat jy die lemmetjies gereeld vervang, en as jy besluit om ’n weggooibare skeermes te koop, om maar ’n paar ekstra in jou badkamerkassie te hou. ’n Stomp skeermes lei tot onnodige raakskeer, wat seer is en jou in die verleentheid kan bring.
Kommentaar
argief
KIES DIE REGTE EN BESTE BESKERMING
Op warm somersdae het 'n sterk deodorant nodig om jou teen die hitte te beskerm. Kry die een wat vir jou werk.GRIMEER JOUSELF JONGER
Zuleika Hilsdon, professionele grimeerkunstenaar, sê goeie grimering verbloem nie net plooie en vlekke nie, maar behandel dit oo...Voel jou vel soos ’n skilpaddop?
Angeleen Beatty, produkbestuurder van Almay, sê daar is 'n produk vir jou!NOU KAN JY OOK DROOMNAELS HÊ!
Elke vrou smag daarna om naels te hê wat jou nie in die skande sal steek nie. Edith Kemp, die handelsmerkbestuurder van Dream Nail...BELOFTE IN ’N BOTTEL?
Futuristiese films het dekades gelede 'n toekoms voorspel waarin mense nie langer eet nie maar 'n handvol bont kapsules sluk.KAN EK MY OUDERDOM VERBLOEM?
Grimering het die vermoë om met jou voorkoms te toor. Lyk jonk en pragtig met hierdie slim grimeerwenke om lyne, plooie en veroud...HOE OM 'N SYSAGTE GELAAT TE KRY?
Jy het nie nodig om met aknee of pigmentasie te sukkel nie. Moderne tegnologie gee jou nou die kans om albei hierdie veltoestande ...KAN SKADE OMGEKEER WORD?
Drie kinders en 20 jaar later lyk jou lyf eenvoudig nie meer soos toe jy 'n sorgvrye tiener was nie. Maar daar is tóg maniere om di...WATTER GEUR PARFUUM IS REG VIR MY?
As jy 'n bottel met elkeen van jou emosies kon vul, watter bestanddele sou jy daarin vind? Ontdek n wêreld van hemelse geure en di...MOET EK MY GRIMEERROETINE IN DIE SOMER VERANDER?
Somerdae vra vir subtiele, natuurlike grimering, maar ligte grimering kan jou maklik soos n uitgewaste lap laat lyk wanneer dit aa...
soek op voelgoed























