121 HOE KLOP JOU HART? GESONDHEID v&a Articles www.voelgoed.co.za

HOE KLOP JOU HART?

HOE KLOP JOU HART?

Dit was gister Valentynsdag en liefde is ora in die lug. Dalk klop jou hart steeds chocolates vir jou geliefde en voel jy soos die gelukkigste mens op aarde. Maar hoe gaan dit régtig met jou hart? 

2012-02-15

My pa en my broer het albei hartaanvalle gehad. Beteken dit dat ek ook ’n hartaanval gaan kry?  - Jolanda, Kimberley


“Mense met ’n familiegeskiedenis van hartaanvalle se risiko om self ook hartaanvalle te kry is hoër as dié van mense met geen familiegeskiedenis van hartsiekte nie. Dit is baie belangrik om te onthou dat jou risiko wel groter mag wees, maar dat ’n gesonde leefstyl dit aansienlik kan verlaag,”  sê Lucy Gericke, geregistreerde dieetkundige van die Hart-en-Beroerte-Stigting van Suid-Afrika.* Daarom hoef jy nie te dink dat jy gedoem is om ook ’n hartaanval te kry nie – maar jy moet daaraan werk om dit te voorkom.

Die gewone maatreëls soos ’n gesonde dieet, gereelde fisiese aktiwiteit en om nie te rook nie staan natuurlik boaan die lys. Hoë cholesterol is een van die grootste veranderlike risikofaktore van kardiovaskulêre siektes so, maak seker joune is onder beheer. Moenie wag tot jy sleg voel en dan eers dokter toe gaan nie. Leef gesond en laat toets gereeld jou cholesterolvlak.

Ek het altyd gedink dis net ou mans wat hartaanvalle kry. Moet vroue ook oor hartgesondheid bekommerd wees? - Mandi, Beaufort-Wes 

Die skokkende feit is dat ongeveer 130 hartaanvalle en 240 beroertes daagliks in Suid-Afrika voorkom. En meer as 200 Suid-Afrikaners sterf elke dag aan kardiovaskulêre siektes. 

Vroeër jare was daar ’n persepsie dat net ouer mans deur hartaanvalle geraak word. Studies oor hartsiektes het meestal op mans gefokus en te min vroue is ongelukkig by navorsing ingesluit. Volgens die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad se Revised Burden of Disease is meer vroue in 2000 aan hartsiektes en beroerte dood as mans. Vroue kan dit dus nie meer bekostig om te dink dat net mans hartsiektes kry nie.

Verhoog hormoonterapie my risiko vir hartsiekte?- Stella, Amanzimtoti

Postmenopousale vroue se cholesterol is effens hoër as jonger vroue s’n as gevolg van die afname in estrogeen. Soos ’n vrou deur menopouse gaan, verhoog haar risiko dus om Kardiovaskulêre siektes te ontwikkel. Kenners is steeds onseker of dit as gevolg van veroudering of as gevolg van hormonale veranderinge is. In die verlede is hormoonvervangingsterapie voorgeskryf om onder meer die kardiovaskulêre risiko te verlaag. Meer onlangs het dit bekend geword dat hormoonvervangingsterapie jou nie noodwendig teen hartsiektes beskerm nie. Studies is dit egter steeds nie eens nie, dus is meer navorsing oor die onderwerp nodig. 
 

 

argief

  • HOE VOORKOM EK KANKER?

    Jy kan iets doen om jou kankerrisiko te verminder deur ons omvangryke leefstylgids te volg.
  • WERK STAP WERKLIK?

    Om beurtelings te stap en te draf is 'n uitstekende manier om fiks en slanker te word. Draf plaas egter dubbel soveel stremming op...
  • HOE HANTEER MENS SPROEI?

    Party gesondheidsprobleme is sensitief om oor te praat en kan 'n groot verleentheid word vir jou as jy daaraan ly. Daar is egter h...
  • HET JY IETS VERGEET?

    Loop jy ook soms in die kombuis in en vergeet wat jy daar wou doen? Gaan winkel toe om koffie te koop en kom terug met brood? Verg...
  • SLAAP SONDER FRUSTRASIE?

    Daar is geen rede om aan slaaptydfrustrasie te ly nie. Hier is raad – en 'n paar interessante idees – om 'n goeie nagr...
  • IS KOFFIE REGTIG SLEG VIR 'N MENS?

    Of jy dit nou gebruik om soggens wakker te word, smiddae wakker te bly, of sommer net as 'n verskoning om uit die huis te kom en saam me...
  • HOE KAN EK MY MONDKWALE SELF BEHANDEL?

    Dit is nou maar eenmaal so dat mondsake n seer en sensitiewe kwessie is. n Mens kan ook nie tandarts toe hardloop met elke kwaal n...
  • VERGEET-VOLLE DAE?

    n Goeie geheue is iets wat mens eers waardeer wanneer jy dit nie meer het nie.
  • GESOND VIR ANDER?

    “Onthou, as jy ooit n helpende hand nodig het, dis aan die punt van jou arm, en soos jy ouer word, onthou dat jy n ander hand ook h...
  • KAN LIEFDE JOU GESOND HOU?

    Elke dag is n tyd vir liefdevolle samesyn … Dit is ook die perfekte tyd om te vergewe en te vergeet en met nuwe oë vol...
soek op voelgoed

 

 

 

voelgoed

vermaak

 

 

   vg TV [kyk dit]


  

   vg OUDIO [luister dit]