DIS MOS HOE WATER MOET SMAAK
Maak water jou nommer een drankie hierdie somer.
2012-01-06
Maak water jou nommer een drankie hierdie somer.
2012-01-06
Dit bevat geen vet of kilojoules nie, les jou dors beter as enige ander vloeistof en is gesond vir jou liggaam. Maar is gebottelde water regtig soveel beter? En wat is die verskil tussen gebottelde en kraanwater? Ons het gaan uitvind ...
Gebottelde water
Ek het gehoor dat 25% van gebottelde water niks meer as kraanwater is nie. Hoe kan ek seker wees ek mors nie my geld as ek water van die rak af koop nie?
- Angelique, Pretoria
“Natuurlike bronwater of voorbereide water moet volgens die wet aan streng vereistes voldoen. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Gebottelde Water Vereniging en die Departement van Gesondheid reguleer dit,” sê Tinus Pretorius, algemene bestuurder van verkope en bemarking by Woodlands Dairy. Gebottelde water mag geen bewerings op die verpakking aanbring wat nie waar is nie. As jy nie seker is of die water wat jy koop aan hierdie vereistes voldoen nie, lees die etiket om seker te maak dat alle bakterieë en lewende organismes uit die water verwyder is.
Omdat die kwaliteit van kraanwater wissel, is gebottelde water dikwels ’n gesonder keuse. Ek beveel beslis gebottelde water bo kraanwater aan.
Hoe gesond is water?
My vriendin het ’n pragtige vel. Sy sê dis omdat sy baie water drink. Maar as ek baie water drink, maak dit geen verskil nie. Ek weet water is voordelig vir my liggaam, maar wat doen dit nou eintlik?
- Sarah, Klerksdorp
Meer as die helfte van jou liggaam bestaan uit water. Jou liggaam verloor ook elke dag water deur sy normale funksies uit te voer. Dis hoekom jy genoeg vloeistof moet drink: om die verlore water te vervang en ontwatering te voorkom. As jy elke dag genoeg water drink, gee dit jou vel ’n gesonde glans, omdat dit jou velweefsel vogtig hou. Dit tree as ’n reiniger op wat help om gifstowwe uit jou sisteem te verwyder. Jy sal ook verbaas wees oor hoe jy sal voel en lyk as jy gereeld vars, skoon water drink. Dit herstel jou energie en verbeter die werking van jou metabolisme, wat dit kan help versnel. Water is goed vir jou spysvertering. As jy nooit voorheen baie water gedrink het nie en nou eers met die gewoonte begin, sal jy oor ’n paar weke positiewe resultate begin sien.
Water sonder skuldgevoel?
Ek koop gereeld mineraalwater, maar ek voel skuldig omdat dit in bottels verpak word wat sleg is vir die omgewing. Is daar enige omgewingsvriendelike opsies waarvan ek gebruik kan maak?
- Susan, Meyerton
First Choice Water bied die ideale oplossing vir jou probleem. Die span by Woodlands Dairy besef hoe belangrik dit vir verbruikers is om produkte te koop wat omgewingsvriendelik is. Daarom gebruik First Choice Water verpakking wat deur Elopak gemaak is. Die verpakking word gemaak uit papier van bome in natuurlike woude wat goed bestuur word om die omgewing in ag te neem. Dié verpakking is een van die mees omgewingsvriendelike verpakkings op die mark, omdat dit van hernubare bronne gemaak word. Dit is herwinbaar en het ’n koolstofvoetspoor wat tot drie keer kleiner is as dié van plastiekbottels. Dis die eerste water wat in ’n kartonhouer beskikbaar is.
Dié water word ook voorberei deur die gebruik van omgekeerde-osmose-tegnologie, wat suiwer water met ’n fantastiese smaak tot gevolg het.
argief
DIÉ OLIE IS GOED VIR JOU
Jy moet elke dag gesonde olie inkry, minstens een eetlepel olyfolie 'n dag.JY VRA! ONS ANTWOORD ...
Energie vir jou dagKALSIUM IS JOU BESTE MAAT!
Jy weet kalsium is belangrik vir jou bene en tande, maar hóé jy dit inneem, is selfs nog belangriker, sê handelsmerk...HOU DIÉ WARM GLOEDE IN TOOM MET NATIVA HORMONAL COMPLEX
Ronél Vorster, hoof van Nativa se voedingsafdeling, sê as jy goed na jouself kyk en gereeld jou dokter besoek, is menopouse...JY MOET FOKUS MY KIND
Terwyl jy die koerant lees, stuur jy gou 'n sms en kyk ook n program op televisie. As jy dink jy is goed daarmee om meer as een di...HOE VOORKOM EK KANKER?
Jy kan iets doen om jou kankerrisiko te verminder deur ons omvangryke leefstylgids te volg.WERK STAP WERKLIK?
Om beurtelings te stap en te draf is 'n uitstekende manier om fiks en slanker te word. Draf plaas egter dubbel soveel stremming op...HOE HANTEER MENS SPROEI?
Party gesondheidsprobleme is sensitief om oor te praat en kan 'n groot verleentheid word vir jou as jy daaraan ly. Daar is egter h...HET JY IETS VERGEET?
Loop jy ook soms in die kombuis in en vergeet wat jy daar wou doen? Gaan winkel toe om koffie te koop en kom terug met brood? Verg...SLAAP SONDER FRUSTRASIE?
Daar is geen rede om aan slaaptydfrustrasie te ly nie. Hier is raad – en 'n paar interessante idees – om 'n goeie nagr...























