ORGANISEER DIE LEEFAREAS IN JOU HUIS
Organiseer jou lewe ... Een treetjie op 'n slag
2012-02-15
Organiseer jou lewe ... Een treetjie op 'n slag
2012-02-15

Om dinge georganiseerd te hou in gedeelde ruimtes is ’n uitdaging. So wanneer dit by organisering kom is dit belangrik om iets te vind wat vir jou soos tweede natuur is. As die eetkamertafel gewoonlik die plek is waar jy jou handsak en sleutels neergooi as jy van die werk af kom, is dit juis die plek waar jy ’n houer of hak nodig het om hierdie items te “huisves” (as ek dit so kan noem.) Nou terwyl hierdie dalk ’n oplossing is vir jou en persoonlik vir jou goed werk, kan dit dalk die teenoorgestelde wees vir die res van jou gesin. So as jou kinders hulle huiswerk die hele TV-kamer vol los en manlief sy aktetas net daar by die deur op die vloer neer smyt en jy die een is wat dit maar noodgedwonge optel, hier is ’n paar idees om julle almal op die regte spoor te kry:
• Hou huisvergaderings, ten minste eenkeer per week, oor hierdie gedeelde areas in die huis. Hierdie areas word deur almal gebruik en daarom is dit belangrik om te praat oor ’n organiseringstyl wat almal gaan pas. Wenk: Hou hierdie vergaderings wanneer almal in ’m redelike goeie bui en kalm is.
• Sit in ’n sirkel sodat almal “gelyk” is en gee elkeen die geleentheid om te sê waarvan hy/sy hou van hierdie spesifieke area, wat vir hom/haar werk, wat hy/sy sal wil verander en bereid is om te doen en om die area georganiseerd te hou.
• Sit alles op ’n lys en besluit dan saam watter reëls dan vir hierdie area geld (vir almal).
• As almal ingekoop het op hierdie reëls sal “op die spoor bly” nie meer so moeilik wees nie.
o Maak seker om vir elkeen ’n rol te gee wat hy/sy moet vervul in die deurlopende organisering en netheid van die vertrek.
o Skeduleer weeklikse blits-sessies vir organisering en opruimwerk om seker te maak dié spasie bly so netjies en skoon as moontlik.
Goed, noudat die leefareas in jou huis uitgesorteer en jy nie meer hoef skaam te kry as vriende of familie vinnig inval vir ’n koppie tee nie, kan ons aanbeweeg. Volgende week kyk ons na hoe om daardie “gedoen” - lysie in die “gedoen” lysie om te skakel.
argief
VEELS GELUK LEON SCHUSTER!
Vir die soveelste keer gaan Leon “Schuks” Schuster Suid-Afrikaanse gehore laat skaterlag wanneer sy nuwe fliek Mad Buddies in...MAAK JÓÚ KIND ’N SUPERKIND!
Jy het groot drome vir jou kind. Soos elke ouer. Jy droom oor goeie gesondheid, n wonderlike lewensmaat, geleerdheid, goeie werk, genoeg...EKS-FAKTOR DEUR NATASHA SUTHERLAND
Natasha onthou hoe haar egskeiding haar van aangesig tot aangesig met die vrees vir finansiële mislukking gebring het. Hierdie maan...STAAN UIT DIÉ WINTER
Moenie vaal en vervelig lyk hierdie winter nie. Staan uit met hierdie modeneigings en bykomstighede wat almal se koppe sal laat dr...MY KIND WAS MAAR 15 ... EN SWANGER
Soos enige ander ma het sy groot drome vir haar kind gehad. Om vyftien jaar oud en swanger te wees, was nie een daarvan nie. Maar ...ODYSSEY A FASHION EXPLOSION
Odyssey a Fashion Explosion, was ʼn behoorlike ontploffing van kleur, tekstuur en styl. Hierdie mode vertoning in egte Marie Antio...ALETTÉ WINCKLER: VREUGDE VAN MOEDERSKAP
Elke mamma weet, moederskap is die beste en die moeilikste werk onder die son. Om n mamma te wees, is soos om jou hart buite jou l...TRADISIONELE GUNSTELINGE SONDER DIE VET
Ons hou almal van lekker eet, veral as dit ons gunstelinggeregte is. Ongelukkig is dié meestal met ekstra kilojoules gelaai wat jy ...MEI 2012 SOETGOED VIR DIE SIEL
As kind kon ek lekker uitstel om onaangename take soos huiswerk te doen en was ek dikwels in die moeilikheid. As kind van die Here...EK VERSTAAN HOM NIE!
Wat jou man sê en bedoel, en wat jy hoor en verstaan, kan wêrelde van mekaar verskil. Leer hoe om hom te verstaan soos jy in...



.jpg)




.jpg)

















