98 VOORSPOED – BEPERK TOT ’N SEKERE GROEP MENSE? wat die Bybel sê oor... Articles www.voelgoed.co.za

VOORSPOED – BEPERK TOT ’N SEKERE GROEP MENSE?

VOORSPOED – BEPERK TOT ’N SEKERE GROEP MENSE?

In die Ou Nabye-Ooste was daar baie leraars wat nagedink het oor die sin van die lewe. Hulle het geglo dat God die wêreld so geskape het dat daar 'n bepaalde orde is. As jy geluk en sukses wou verseker, moes jy by hierdie orde inskakel.

2010-05-07Hennie Stander

Spreuke is so ’n wysheidsboek. Die skrywer is oortuig dat God altyd die regverdige sal seën (vgl. Spr. 10:6), terwyl dit altyd sleg sal gaan met die een wat sonder God leef (vgl. Spr. 12:3). Hierdie soort wysheid het gelei tot die denkrigting dat goeie dade altyd op voorspoed uitloop, terwyl teëspoed ’n bewys is dat die persoon êrens iets verkeerds gedoen het.

Maar gelukkig is daar nog twee wysheidsboeke in die Bybel opgeneem, naamlik Prediker en Job. Die skrywers van hierdie boeke lewer kritiek op die wyshede van Spreuke. Hulle wys daarop dat dit dikwels gebeur dat slegte mense voorspoedig is, terwyl goeie mense swaarkry.

Eintlik is dit wonderlik dat God toegelaat het dat al drie hierdie wysheidsboeke in die Bybel opgeneem word, terwyl hulle eintlik teenstrydige boodskappe bevat. Tog is al drie boeke se boodskap waar. Ons sien dit elke dag rondom ons dat daar ook slegte dinge met mense gebeur wat reg leef. En dat mense wat sonder die Here leef, baie suksesvol is. Hierdie wysheidsboeke wys dat ons nie met ons teologiese resepte God of ons wêreld kan manipuleer nie. Aan die ander kant is dit tog ook waar dat kinders van die Here wel vrede en geluk onder die slegste en moeilikste omstandighede kan ervaar.




Kommentaar

gesels saam


argief

  • WAARNEMINGS / VOORSPELLINGS

    Die antieke mense het fyn waargeneem. Hulle het onder andere gesien dat sekere dinge op die aarde deur hemelliggame beïnvloed wor...
  • MENSE WAT DIE TOEKOMS KAN SIEN

    God verbied sy kinders om na enige siener, waarsêer, fortuinverteller, spiritis of medium te gaan (Lev. 20:6; Deut. 18:10 e.v.).
  • OOR PAK SLAE

    Mense is lief om Spreuke 13:24 aan te haal as bewys dat die Bybel sê dat 'n mens jou kind 'n pak slae moet gee.
  • DIE MAAK VAN SKULD

    Romeine 13:8 sê: "Julle moet niemand iets verskuldig wees nie, behalwe om mekaar lief te hê." Beteken dit dat die ...
  • VROU EN MA WEES IN VOLLE VREUGDE

    Om 'n Christenvrou te wees beteken nie dat jou lewe soos 'n feëverhaal sal wees nie, en die Bybel skep ook nie onrealistiese ...
  • HANDE OPSTEEK TYDENS 'N KERKDIENS

    Lidmate van 'n tradisionele kerk voel dikwels ongemaklik met die gebruik dat mense tydens die diens hande omhoog hou wanneer hulle...
  • WANNEER JY TWYFEL

    Christene wonder baie keer of dit sonde is om soms aan God se bestaan te twyfel en of God hulle daaroor sal straf.
  • DIE KEUSES WAT ONS MAAK

    'n Vraag wat gereeld by Christene opkom, is: Hoekom slaan die lewe party mense harder as ander? Het God dit dan alles so bestem?
  • DIE GREEP VAN DEPRESSIE

    Mense wat aan depressie ly, of die mense na aan hulle, wonder dikwels of dit sonde is om depressief te wees en of depressie en die...
  • RINGETJIES DRA

    Tieners – en ouer mense – dra deesdae allerhande soorte ringe: oorringe, toonringe en selfs naeltjieringe.