TIEN PERSENT VIR DIE KERK
Oor die gee van tiendes kan daar nogal heftig geredeneer word. Moet 'n Christen regtig 'n tiende van al sy inkomste gee? En moet die tiende op jou bruto of jou netto inkomste bereken word?
2010-04-01Hennie Stander
Oor die gee van tiendes kan daar nogal heftig geredeneer word. Moet 'n Christen regtig 'n tiende van al sy inkomste gee? En moet die tiende op jou bruto of jou netto inkomste bereken word?
2010-04-01Hennie Stander
’n Vers wat baie hieroor aangehaal word, is Maleagi 3:10: “Bring die volle tiende na die voorraadkamer toe sodat daar iets te ete in my huis kan wees, en toets My ... of ek nie die vensters van die hemel vir julle sal oopmaak en vir julle reën sal uitgiet, meer as wat julle kan gebruik nie.”
Kerke is nogal lief daarvoor om hierdie vers op hulle jaarkalenders en dankofferkoevertjies te laat druk.
’n Mens kan egter ’n baie groot fout maak as jy van die standpunt uitgaan dat die hele Bybel van Genesis tot Openbaring oor elke saak absoluut uit één mond praat. Die waarheid is dat daar dikwels ’n ontwikkeling van denke plaasvind.
’n Mens kan dit duidelik agterkom as jy die Ou en die Nuwe Testament se siening oor die doderyk met me-kaar vergelyk.
Jesaja 14:9-10 praat oor die mense in die doderyk wat aan die slaap is. Verder praat diegene in die doderyk oor hulleself as mense wat “swak” geword het. Hierdie beeld van die doderyk verskil heelwat van die Nuwe-Testamentiese beeld daarvan.
Net so het die gee van die tiende ook ’n ontwikkeling deurloop. Ons lees in Deuteronomium 14:24-26 dat as God jou voorspoedig maak, jy jou tiende na ’n plek moet neem wat God kies. Daar moet jy met jou tiende vleis, wyn of bier koop, of enigiets anders wat jy graag wil hê, en dan moet jy en jou familie dit daar opeet. Ek dink kerke sal baie huiwerig wees om hiérdie vers op dank-offerkoeverte te druk!
In die periode ná die ballingskap is die tiende as ’n soort belasting aan die priesters en Leviete gereken, en is dit na ’n voorraadstoor gebring (vgl. Neh. 10:38).
In die Nuwe Testament speel die gee van die tien-de feitlik geen rol nie. Dit word net as voorbeeld ge-noem van hoe wetties die Fariseërs is. Hulle sal selfs die tiende van hulle speserye gee, terwyl hulle die heel belangrikste elemente van die wet nie nakom nie (vgl. Matt. 23:23).
Jesus leer ons in die Nuwe Testament dat ons nie ons sekuriteit in geld en besittings moet stel nie (vgl. Luk. 18:18-30). Maar ons sien ook dat die eerste Christene onder geen verpligting was om al hulle besittings aan die kerk te gee nie (vgl. Hand. 5:1-11).
Om gelowiges onder die indruk te bring dat Jesus hulle leer om hulle tiendes vir die kerk te gee, is vals. Dit is ook wetties en druis in teen die hele gees van die Nuwe Testament. Voorts kan dit ook maklik die gelowige onder die wanindruk bring dat sy klaar gered is as sy haar tiende gebring het omdat sy daarmee volko-me aan God se vereistes voldoen.
Eintlik verwag God veel meer van ons as maar net ons tiende. Ons bring ook nie ons dankoffer na die kerk om uitvoering aan ’n Bybelvers oor die tiende te gee nie, maar omdat ons graag deel wil hê aan die werk van die Here. In die laaste plek moet ons voortdurend onsself ondersoek of ons nie steeds in Mammon se mag is nie – selfs al gee ons meer as ons tiende. Die mens se beursie kom mos altyd lank na sy hart tot bekering.
- Baie dankie vir hierdie artikel, ek het nog altyd skuldig gevoel wanneer ons nie tiendes betaal het nie en was onder die indruk dat God jou finansies slegs seën as jy jou volle tiende bring, maar dit is nie altyd moontlik nie. Ons is nie huiwerig om te gee nie, maar nou kan ek my tiendes gee waar ek in my hart voel dit nodig is en regtig tot uitbreiding van God se werk kan wees.
argief
WAARNEMINGS / VOORSPELLINGS
Die antieke mense het fyn waargeneem. Hulle het onder andere gesien dat sekere dinge op die aarde deur hemelliggame beïnvloed wor...MENSE WAT DIE TOEKOMS KAN SIEN
God verbied sy kinders om na enige siener, waarsêer, fortuinverteller, spiritis of medium te gaan (Lev. 20:6; Deut. 18:10 e.v.).OOR PAK SLAE
Mense is lief om Spreuke 13:24 aan te haal as bewys dat die Bybel sê dat 'n mens jou kind 'n pak slae moet gee.DIE MAAK VAN SKULD
Romeine 13:8 sê: "Julle moet niemand iets verskuldig wees nie, behalwe om mekaar lief te hê." Beteken dit dat die ...VROU EN MA WEES IN VOLLE VREUGDE
Om 'n Christenvrou te wees beteken nie dat jou lewe soos 'n feëverhaal sal wees nie, en die Bybel skep ook nie onrealistiese ...HANDE OPSTEEK TYDENS 'N KERKDIENS
Lidmate van 'n tradisionele kerk voel dikwels ongemaklik met die gebruik dat mense tydens die diens hande omhoog hou wanneer hulle...WANNEER JY TWYFEL
Christene wonder baie keer of dit sonde is om soms aan God se bestaan te twyfel en of God hulle daaroor sal straf.DIE KEUSES WAT ONS MAAK
'n Vraag wat gereeld by Christene opkom, is: Hoekom slaan die lewe party mense harder as ander? Het God dit dan alles so bestem?DIE GREEP VAN DEPRESSIE
Mense wat aan depressie ly, of die mense na aan hulle, wonder dikwels of dit sonde is om depressief te wees en of depressie en die...RINGETJIES DRA
Tieners – en ouer mense – dra deesdae allerhande soorte ringe: oorringe, toonringe en selfs naeltjieringe.























