OMRING DEUR ADVERTENSIES
Advertensie en propaganda is nie moderne konsepte nie. Al het die antieke wêreld nie dieselfde media tot hul beskikking gehad as wat ons het nie, was die antieke mens ook hieraan uitgelewer.
2010-01-06Hennie Stander
Advertensie en propaganda is nie moderne konsepte nie. Al het die antieke wêreld nie dieselfde media tot hul beskikking gehad as wat ons het nie, was die antieke mens ook hieraan uitgelewer.
2010-01-06Hennie Stander
Advertensie en propaganda het sterk ooreenkomste met mekaar. In albei gevalle gaan dit oor die verspreiding van inligting, en dikwels ook oor die manipulasie van opinie. Natuurlik word die waarheid ook soms ietwat verdraai om groter effek te verkry.
Die uitbeelding op vase is dikwels gebruik om ’n huishoudelike of buitelandse beleid te verkondig, of selfs godsdienstige idees te versprei. Daar is ook seëls aange-bring op die handvatsel, nek, rand of voetstuk van vase. Hierdie seëls het gewoonlik iets oor die kwaliteit van die pot of vaas, of ook oor die monetêre waarde daarvan vertel. Maar die seëls is ook deur die skepper van die vaas gebruik om sy eie naam te adverteer.
Munte was natuurlik ook ’n effektiewe medium om ’n boodskap aan die volk oor te dra. In 200 v.C. was die produksie van munte ’n privaat aangeleentheid. Jong politici het die naam van stad waarvandaan hulle gekom het, daarop gedruk, of die heldedade van hul voorvaders.
Die seksbedryf was (soos nog altyd) baie gewild en die dienste wat daar aangebied word, is op ’n baie vindingryke wyses geadverteer. In die hawestad Efese, wat ’n belangrike standplaas van Paulus se bediening was (Hand. 19), is daar voetspore in die klippad uitgekap. Hierdie voetspore lei van die hawe af, verby die biblioteek tot in ’n bordeel. Dit was bedoel om die matrose te help om die bordeel te vind.
Heroute het dikwels op die plat dakke van huise ge-klim en hardop aankondigings gedoen om so boodskappe te versprei. Jesus sê in Lukas 12:3 aan sy dissipels dat wat julle agter geslote deure vir iemand in die oor ge-fluister het, sal van die dakke af uitgebasuin word. Waar dit toe nog ’n “ondergrondse” aangeleentheid was, sal dit eersdaags duidelik verkondig word dat die koninkryk van God met Jesus gekom het.
Wanneer soldate ’n vyandige mag verslaan het, het hulle laasgenoemde se skilde, helms en ander wapens teen ’n boom opgehang of aan ’n paal vasgemaak. Daar-mee wou die soldate hulle oorwinning oor die vyand adverteer. Die bekende kerkvader Crusostomos sê in die vierde eeu dat Jesus se kruis nes so ’n trofee lyk. Maar nou is dit nie skilde en helms wat daaraan hang nie, maar wel Jesus Christus. Daarom sê Crusostomos dat die kruis van Jesus vir ons ’n trofee geword het waarmee ons kan adverteer dat Jesus die bose verslaan het.
Verder, wanneer ’n generaal ’n veldslag gewen het, wou die staat die oorwinning bekendmaak en adverteer. Hulle het dan ’n feestelike triomftog deur die strate van die generaal se tuisstad gereël. Paulus sê dat God deur Christus se dood ’n oorwinning behaal het, en dan voeg hy by: “God voer ons altyd saam in sy triomftog omdat ons een is met Christus.” Die mense het ook baie wierook gebrand, want hulle het geglo dat almal die oorwinning moes sien, hoor en ruik. Paulus sê dat wanneer ons in God se triomftog is, Hy deur ons die kennis van Christus oral soos ’n aangename geur versprei. En hy voeg by: “Ons is die wierook wat deur Christus vir God gebrand word, waarvan die geur dié bereik wat gered word, sowel as dié wat verlore gaan” (2 Kor. 2:14-15).
argief
WAARNEMINGS / VOORSPELLINGS
Die antieke mense het fyn waargeneem. Hulle het onder andere gesien dat sekere dinge op die aarde deur hemelliggame beïnvloed wor...MENSE WAT DIE TOEKOMS KAN SIEN
God verbied sy kinders om na enige siener, waarsêer, fortuinverteller, spiritis of medium te gaan (Lev. 20:6; Deut. 18:10 e.v.).OOR PAK SLAE
Mense is lief om Spreuke 13:24 aan te haal as bewys dat die Bybel sê dat 'n mens jou kind 'n pak slae moet gee.DIE MAAK VAN SKULD
Romeine 13:8 sê: "Julle moet niemand iets verskuldig wees nie, behalwe om mekaar lief te hê." Beteken dit dat die ...VROU EN MA WEES IN VOLLE VREUGDE
Om 'n Christenvrou te wees beteken nie dat jou lewe soos 'n feëverhaal sal wees nie, en die Bybel skep ook nie onrealistiese ...HANDE OPSTEEK TYDENS 'N KERKDIENS
Lidmate van 'n tradisionele kerk voel dikwels ongemaklik met die gebruik dat mense tydens die diens hande omhoog hou wanneer hulle...WANNEER JY TWYFEL
Christene wonder baie keer of dit sonde is om soms aan God se bestaan te twyfel en of God hulle daaroor sal straf.DIE KEUSES WAT ONS MAAK
'n Vraag wat gereeld by Christene opkom, is: Hoekom slaan die lewe party mense harder as ander? Het God dit dan alles so bestem?DIE GREEP VAN DEPRESSIE
Mense wat aan depressie ly, of die mense na aan hulle, wonder dikwels of dit sonde is om depressief te wees en of depressie en die...RINGETJIES DRA
Tieners – en ouer mense – dra deesdae allerhande soorte ringe: oorringe, toonringe en selfs naeltjieringe.























