TATOEËERMERKE
Dit lyk of sommige jongmense nogal daarvan hou om prentjies op hulle enkel of skouer te laat tatoeëer. Dan wonder hulle ouers of dit nie strydig met die Bybel is nie.
2009-10-07Hennie Stander
Dit lyk of sommige jongmense nogal daarvan hou om prentjies op hulle enkel of skouer te laat tatoeëer. Dan wonder hulle ouers of dit nie strydig met die Bybel is nie.
2009-10-07Hennie Stander
In Levitikus 19:27-28 (OAV) staan daar inderdaad dat … julle nie die rand van julle hoofhare mag wegskeer nie. Ook mag jy nie die rand van jou baard skend nie. Julle mag ook ter wille van ’n dooie geen snye in julle vlees maak nie en geen ingeprikte tekening in julle vel maak nie.
’n Mens kan egter nie hierdie vers met moderne tatoeëring in verband bring nie. In die eerste plek gaan dit hier oor die rougebruike van die heidene van die antieke wêreld. Daarom staan daar ter wille van ’n dooie. As iemand gesterf het, het hulle as deel van hul rougebruike, stukkies van hulle hare afgesny en dit dan as haaroffers aan die demone, geeste en gode gebring as ’n manier om hulle guns te wen. Verder het die heidene hulle vel geprik en gesny om hulle hartseer nog meer intens te maak en die bloed aan afgode te offer. Daarna het hulle ook hulleself getatoeëer of geverf om die bose geeste van hulle af weg te hou.
God wil nie hê sy heilige volk moet aan hierdie heidense gebruike meedoen nie. Iemand wat vandag byvoorbeeld ’n springbokkie of ’n dolfyntjie op haar skouer of enkel laat tatoeëer, doen dit beslis nie om sodoende heidense afgode te aanbid nie. Daarom is hierdie vers nie op sulke mense van toepassing nie.
In die Bybel is 1 Korintiërs 6:12-20 egter op die breë Bybelse beginsel gegrond dat ek God met my liggaam moet verheerlik omdat dit ’n tempel van God is. As iemand ’n plakkertjie op haar liggaam plak, wat weer maklik verwyder kan word en wat nie ’n suggestiewe boodskap uitdra nie, is dit myns insiens net so min verkeerd as wanneer ’n vrou bietjie ooggrimering gebruik. Maar as ’n mens regtig permanente tekeninge op jou vel aan-bring wat jou vel beskadig, en dikwels ook suggestiewe boodskappe daarmee verkondig, staan jy skuldig aan die grondbeginsels waarop dié vers gebaseer is.
Die bekende dermatoloog, dr. Aubrey Hazelhurst van Pretoria, is erg teen tatoeëring gekant. Volgens hom kan die kleurstowwe (veral groen en blou) ekseem veroorsaak. Bowendien kan die spuitnaalde wat gebruik word, jou met vigs besmet as dit nie behoorlik gesteriliseer is nie. Talle mense wil later weer hulle tatoeëermerke laat verwyder. Dit moet met laser gedoen word, kos duisende rande en die mediese fondse betaal nie daarvoor nie omdat dit as ’n kosmetiese behandeling beskou word.
In die lig van bogenoemde kan ek geensins tatoeëring goedpraat nie, omdat dit God se tempel skaad.
argief
WAARNEMINGS / VOORSPELLINGS
Die antieke mense het fyn waargeneem. Hulle het onder andere gesien dat sekere dinge op die aarde deur hemelliggame beïnvloed wor...MENSE WAT DIE TOEKOMS KAN SIEN
God verbied sy kinders om na enige siener, waarsêer, fortuinverteller, spiritis of medium te gaan (Lev. 20:6; Deut. 18:10 e.v.).OOR PAK SLAE
Mense is lief om Spreuke 13:24 aan te haal as bewys dat die Bybel sê dat 'n mens jou kind 'n pak slae moet gee.DIE MAAK VAN SKULD
Romeine 13:8 sê: "Julle moet niemand iets verskuldig wees nie, behalwe om mekaar lief te hê." Beteken dit dat die ...VROU EN MA WEES IN VOLLE VREUGDE
Om 'n Christenvrou te wees beteken nie dat jou lewe soos 'n feëverhaal sal wees nie, en die Bybel skep ook nie onrealistiese ...HANDE OPSTEEK TYDENS 'N KERKDIENS
Lidmate van 'n tradisionele kerk voel dikwels ongemaklik met die gebruik dat mense tydens die diens hande omhoog hou wanneer hulle...WANNEER JY TWYFEL
Christene wonder baie keer of dit sonde is om soms aan God se bestaan te twyfel en of God hulle daaroor sal straf.DIE KEUSES WAT ONS MAAK
'n Vraag wat gereeld by Christene opkom, is: Hoekom slaan die lewe party mense harder as ander? Het God dit dan alles so bestem?DIE GREEP VAN DEPRESSIE
Mense wat aan depressie ly, of die mense na aan hulle, wonder dikwels of dit sonde is om depressief te wees en of depressie en die...RINGETJIES DRA
Tieners – en ouer mense – dra deesdae allerhande soorte ringe: oorringe, toonringe en selfs naeltjieringe.


.jpg)




.jpg)

















