MEDITASIE
Christene wonder dikwels of hulle mag mediteer, omdat daar so 'n sterk assosiasie tussen meditasie en die Oosterse godsdienste is.
2009-09-14Hennie Stander
Christene wonder dikwels of hulle mag mediteer, omdat daar so 'n sterk assosiasie tussen meditasie en die Oosterse godsdienste is.
2009-09-14Hennie Stander
Dis tog interessant dat mense geneig is om kommunikasie dadelik met woorde te assosieer, maar ons kommunikeer dikwels in die alledaagse lewe sonder om woorde te gebruik. Ons beduie met die hande of knik die kop. ’n Mens kan egter ook met stilte kommunikeer. ’n Man en ’n meisie sal byvoorbeeld net hande vashou, mekaar in stilte aankyk en mekaar se teenwoordigheid geniet.
Presies dieselfde geld ook vir ons kommunikasie met God. Ons kan met woorde bid, maar ons kan ook net stil wees en mediteer oor die dinge van God.
Die eerste Christene het baie waarde aan meditasie geheg. Dit het veral in die geloofsbelewenisse van mans en vroue in die kloosters ’n groot rol ge-speel.
Die antieke teoloë het talle Bybelverse aangehaal op grond waarvan hulle geglo het dat meditasie ’n belangrike deel van hulle lewe moet wees. Sagaria 2:13 sê: Wees stil voor die Here, al wat leef! In Psalm 63:7-8 sê die digter: As ek aan U dink op my bed, oor u peins in die nag, dan weet ek: U is vir my ’n hulp.
Kolossense 3:2 sê: Rig julle gedagtes op die dinge wat daarbo is, nie op die dinge wat op die aarde is nie.
In Filippense 4:8 skryf Paulus en Timoteus vir die gemeente: Verder, broers, alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is ... alles wat prysenswaardig is – watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees – daarop moet julle julle gedagtes rig.
Vir die eerste Christene het meditasie nie slegs behels dat hulle oor die dinge van die Heer peins nie, maar hulle het ook dele van die Skrif oor en oor vir hulleself opgesê ten einde dit op so ’n wyse deel van hulle lewe te maak (vgl. Jos. 1:8; Ps. 1:2).
Meditasie was dus reg van die begin af ’n wesenlike deel van die Christene se geestelike oefeninge.
Die moderne Christen kan gerus weer die waarde van meditasie in ’n gejaagde wêreld ontdek.
argief
WAARNEMINGS / VOORSPELLINGS
Die antieke mense het fyn waargeneem. Hulle het onder andere gesien dat sekere dinge op die aarde deur hemelliggame beïnvloed wor...MENSE WAT DIE TOEKOMS KAN SIEN
God verbied sy kinders om na enige siener, waarsêer, fortuinverteller, spiritis of medium te gaan (Lev. 20:6; Deut. 18:10 e.v.).OOR PAK SLAE
Mense is lief om Spreuke 13:24 aan te haal as bewys dat die Bybel sê dat 'n mens jou kind 'n pak slae moet gee.DIE MAAK VAN SKULD
Romeine 13:8 sê: "Julle moet niemand iets verskuldig wees nie, behalwe om mekaar lief te hê." Beteken dit dat die ...VROU EN MA WEES IN VOLLE VREUGDE
Om 'n Christenvrou te wees beteken nie dat jou lewe soos 'n feëverhaal sal wees nie, en die Bybel skep ook nie onrealistiese ...HANDE OPSTEEK TYDENS 'N KERKDIENS
Lidmate van 'n tradisionele kerk voel dikwels ongemaklik met die gebruik dat mense tydens die diens hande omhoog hou wanneer hulle...WANNEER JY TWYFEL
Christene wonder baie keer of dit sonde is om soms aan God se bestaan te twyfel en of God hulle daaroor sal straf.DIE KEUSES WAT ONS MAAK
'n Vraag wat gereeld by Christene opkom, is: Hoekom slaan die lewe party mense harder as ander? Het God dit dan alles so bestem?DIE GREEP VAN DEPRESSIE
Mense wat aan depressie ly, of die mense na aan hulle, wonder dikwels of dit sonde is om depressief te wees en of depressie en die...RINGETJIES DRA
Tieners – en ouer mense – dra deesdae allerhande soorte ringe: oorringe, toonringe en selfs naeltjieringe.


.jpg)




.jpg)

















