98 BOEDDHA-BEELDE wat die Bybel sê oor... Articles www.voelgoed.co.za

BOEDDHA-BEELDE

BOEDDHA-BEELDE

'n Vrou wat lank in die Ooste gewoon het en baie aandenkings daarvandaan af saamgebring het, wil weet of dit waar is dat wanneer daar dinge soos Boeddha-beelde in 'n mens se huis is, die duiwel 'n opening het om jou te treiter en allerhande ellende soos hartseer, depressie en ongeluk oor jou te bring.

2009-08-24Hennie Stander

Jesus het die dood en Satan aan die kruis oorwin, en daarmee het Hy aangetoon dat Hy oor elke mag seëvier. Wanneer ’n gelowige by Jesus skuil, kan sy deur geen bose mag leed aangedoen word nie. Jesus se mag oortref elke ander mag. Daarom het ons ook niks te vrese van enigiets of enigiemand nie.

Nietemin moet ons ook besef dat ons hier op aarde geen behoorlike begrip het van hoe die geestelike dimensie werk nie. Paulus sê duidelik “ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen elke mag en gesag, teen elke gees wat heers oor hierdie sondige wêreld, teen elke bose gees in die lug” (Ef. 6:12). Baie teoloë sal dadelik hier inspring en sê dat ons dit nie letterlik kan opneem nie, omdat ons hier rekening moet hou met die denkwêreld van die antieke mens wat geglo het dat die lug bokant ons vol bose geeste is. Hulle voeg dan by dat moderne mense nie daarmee kan saamstem nie. Maar is dit reg om alles so maklik van die tafel af te vee en dit dan as afgehandel te beskou? Ek is ook nie seker of teoloë altyd daar in hulle studeerkamer ten volle verstaan hoe die magte van die duisternis werk nie. Ons teorieë hou nie altyd rekening met die praktyk nie.

Ons het hier met ’n dimensie te make wat buite ons alledaagse raamwerk lê, en daarom moet ons inderdaad versigtig wees. Dit is waar dat die Bybel ons nie juis vertel of dooie voorwerpe inderdaad die een of ander mag kan uitstraal nie. Ons het eintlik bitter min inligting oor die ewige stryd tussen boosheid en God (buiten dat Openbaring ons vertel dat die bose met Jesus se wederkoms sy laaste stuiptrekkings sal gee, en dan finaal oorwin sal word). In die hemel sal daar geen boosheid meer wees nie.

Daarom bly ek versigtig en sal ek geen item in my huis aanhou wat wel enige assosiasie met die bose kan hê nie. Dit sal ook nie rym met my getuienis nie. ’n Christen kan tog nie in sy huis (sê) dolosse van ’n toordokter uitstal of ’n simbool van satanisme teen die muur ophang, of iets wat met die Hindoe-godsdiens geassosieer word nie. Ek durf nooit enige geleentheid aan die duiwel gee om op enige manier ’n houvas op my te kry nie. Petrus (1 Pet. 5:8) waarsku ons nie verniet nie: “Wees nugter, wees wakker! Julle vyand, die duiwel, loop rond soos ’n brullende leeu, op soek na iemand om te verslind.”

Aan die een kant kan ’n mens ’n fout maak deur te veel mag aan die bose toe te ken. Hy verdien nie daardie eer nie. Aan die ander kant kan ’n mens ook die fout maak om die bose se mag te onderskat. Kortom, sonder om nou neuroties te word daaroor, moet ’n mens tog probeer om nie enige voorwerp wat met die bose geassosieer word, in jou lewensruimte in te bring nie.

Kommentaar

gesels saam


argief

  • WAARNEMINGS / VOORSPELLINGS

    Die antieke mense het fyn waargeneem. Hulle het onder andere gesien dat sekere dinge op die aarde deur hemelliggame beïnvloed wor...
  • MENSE WAT DIE TOEKOMS KAN SIEN

    God verbied sy kinders om na enige siener, waarsêer, fortuinverteller, spiritis of medium te gaan (Lev. 20:6; Deut. 18:10 e.v.).
  • OOR PAK SLAE

    Mense is lief om Spreuke 13:24 aan te haal as bewys dat die Bybel sê dat 'n mens jou kind 'n pak slae moet gee.
  • DIE MAAK VAN SKULD

    Romeine 13:8 sê: "Julle moet niemand iets verskuldig wees nie, behalwe om mekaar lief te hê." Beteken dit dat die ...
  • VROU EN MA WEES IN VOLLE VREUGDE

    Om 'n Christenvrou te wees beteken nie dat jou lewe soos 'n feëverhaal sal wees nie, en die Bybel skep ook nie onrealistiese ...
  • HANDE OPSTEEK TYDENS 'N KERKDIENS

    Lidmate van 'n tradisionele kerk voel dikwels ongemaklik met die gebruik dat mense tydens die diens hande omhoog hou wanneer hulle...
  • WANNEER JY TWYFEL

    Christene wonder baie keer of dit sonde is om soms aan God se bestaan te twyfel en of God hulle daaroor sal straf.
  • DIE KEUSES WAT ONS MAAK

    'n Vraag wat gereeld by Christene opkom, is: Hoekom slaan die lewe party mense harder as ander? Het God dit dan alles so bestem?
  • DIE GREEP VAN DEPRESSIE

    Mense wat aan depressie ly, of die mense na aan hulle, wonder dikwels of dit sonde is om depressief te wees en of depressie en die...
  • RINGETJIES DRA

    Tieners – en ouer mense – dra deesdae allerhande soorte ringe: oorringe, toonringe en selfs naeltjieringe.