98 WAARNEMINGS / VOORSPELLINGS wat die Bybel sê oor... Articles www.voelgoed.co.za

WAARNEMINGS / VOORSPELLINGS

WAARNEMINGS / VOORSPELLINGS

Die antieke mense het fyn waargeneem. Hulle het onder andere gesien dat sekere dinge op die aarde deur hemelliggame beïnvloed word.

2009-07-07Hennie Stander

Die getye van die see, byvoorbeeld, word bepaal deur die stand van die maan. Hieruit het hulle afgelei dat alles op die aarde onder invloed van die hemelliggame staan. Daarom het hulle haarfyn aangeteken wat die stand van die son, maan en ander hemelliggame was wanneer iemand gebore is. Dit is dan gebruik om voorspellings oor iemand se lewe te doen.

Ook ander metodes is gebruik. Ons lees in Genesis 44:4 dat Josef sy drinkbeker gebruik het om voorspellings te doen. Volgens buite-Bybelse tekste het mense ’n bietjie olie op die water in ’n beker gegooi, en dan hulle voorspellings gegrond op die patrone wat die olie vorm. ’n Ander manier was om ’n klomp pyle te vat en dit op die grond uit te gooi. Die vorm waarin die pyle geval het, het dan vir jou ’n aanduiding gegee van wat jy moes doen. Dit is wat die koning van Babilonië gedoen het in Esegiël 21:21.

Soms het hulle ook net een enkele stok op die grond gegooi en dan gekyk na watter rigting dit wys. Dit is waarskynlik die agtergrond van Hosea 4:12, waar God sy volk berispe en sê: “My volk soek leiding by ’n stuk hout, en my volk verwag dat ’n stok dinge aan hom bekend sal maak.”


Kommentaar

gesels saam


argief

  • WAARNEMINGS / VOORSPELLINGS

    Die antieke mense het fyn waargeneem. Hulle het onder andere gesien dat sekere dinge op die aarde deur hemelliggame beïnvloed wor...
  • MENSE WAT DIE TOEKOMS KAN SIEN

    God verbied sy kinders om na enige siener, waarsêer, fortuinverteller, spiritis of medium te gaan (Lev. 20:6; Deut. 18:10 e.v.).
  • OOR PAK SLAE

    Mense is lief om Spreuke 13:24 aan te haal as bewys dat die Bybel sê dat 'n mens jou kind 'n pak slae moet gee.
  • DIE MAAK VAN SKULD

    Romeine 13:8 sê: "Julle moet niemand iets verskuldig wees nie, behalwe om mekaar lief te hê." Beteken dit dat die ...
  • VROU EN MA WEES IN VOLLE VREUGDE

    Om 'n Christenvrou te wees beteken nie dat jou lewe soos 'n feëverhaal sal wees nie, en die Bybel skep ook nie onrealistiese ...
  • HANDE OPSTEEK TYDENS 'N KERKDIENS

    Lidmate van 'n tradisionele kerk voel dikwels ongemaklik met die gebruik dat mense tydens die diens hande omhoog hou wanneer hulle...
  • WANNEER JY TWYFEL

    Christene wonder baie keer of dit sonde is om soms aan God se bestaan te twyfel en of God hulle daaroor sal straf.
  • DIE KEUSES WAT ONS MAAK

    'n Vraag wat gereeld by Christene opkom, is: Hoekom slaan die lewe party mense harder as ander? Het God dit dan alles so bestem?
  • DIE GREEP VAN DEPRESSIE

    Mense wat aan depressie ly, of die mense na aan hulle, wonder dikwels of dit sonde is om depressief te wees en of depressie en die...
  • RINGETJIES DRA

    Tieners – en ouer mense – dra deesdae allerhande soorte ringe: oorringe, toonringe en selfs naeltjieringe.