98 DIE MAAK VAN SKULD wat die Bybel sê oor... Articles www.voelgoed.co.za

DIE MAAK VAN SKULD

Romeine 13:8 sê: "Julle moet niemand iets verskuldig wees nie, behalwe om mekaar lief te hê." Beteken dit dat die Bybel teen enige vorm van skuld is?

2009-06-26Johan Smit

Dit is iets wat mense nogal pla, veral as hulle lief is vir koop en baie skuld het.

Hierdie teks gaan egter in die eerste plek oor die liefde en nie oor finansies nie. Paulus wil sê dat selfs al het jy alle wetlike verpligtinge teenoor jou naaste nagekom, dan skuld jy hom of haar nog steeds iets, en dit is om die persoon lief te hê. En hierdie skuld kry mens nooit vereffen of afgeskryf nie.

Maar dit is tog ook nodig om iets oor skuld self te sê. Die Bybel praat inderdaad op baie ander plekke oor skuld, en dit is nooit positief daaroor nie. Spreuke 22:7 sê byvoorbeeld “die lener is die slaaf van die man by wie hy leen”. Ja, ook in ons moderne wêreld kan ’n mens ’n slaaf word, want skuld kan jou vryheid wegneem en jou ’n slaaf maak.

Wanneer die Bybel ons vermaan om skuldvry te leef, is dit nie om ons van plesier of genot weg te hou nie. Die interessante is dat ’n mens juis meer lewensgenot het as jy skuldvry leef, want jy het dan ook veel minder bekommernis oor die toekoms.

Moet nooit sê dat jy skuld maak omdat jou salaris so klein is nie. Iemand wat nie met ’n R1 000 per maand kan uitkom nie, sal ook nie met R50 000 ’n maand kan uitkom nie. Dit is ’n lewensfeit. Dalk lag ons vir die bufferplakker wat sê: “I owe, I owe, so off to work I go.” Maar onthou altyd dat God ons geroep het om as vry mense te leef, en skuld kan jou van hierdie vryheid beroof.

Kommentaar

gesels saam


argief

  • WAARNEMINGS / VOORSPELLINGS

    Die antieke mense het fyn waargeneem. Hulle het onder andere gesien dat sekere dinge op die aarde deur hemelliggame beïnvloed wor...
  • MENSE WAT DIE TOEKOMS KAN SIEN

    God verbied sy kinders om na enige siener, waarsêer, fortuinverteller, spiritis of medium te gaan (Lev. 20:6; Deut. 18:10 e.v.).
  • OOR PAK SLAE

    Mense is lief om Spreuke 13:24 aan te haal as bewys dat die Bybel sê dat 'n mens jou kind 'n pak slae moet gee.
  • DIE MAAK VAN SKULD

    Romeine 13:8 sê: "Julle moet niemand iets verskuldig wees nie, behalwe om mekaar lief te hê." Beteken dit dat die ...
  • VROU EN MA WEES IN VOLLE VREUGDE

    Om 'n Christenvrou te wees beteken nie dat jou lewe soos 'n feëverhaal sal wees nie, en die Bybel skep ook nie onrealistiese ...
  • HANDE OPSTEEK TYDENS 'N KERKDIENS

    Lidmate van 'n tradisionele kerk voel dikwels ongemaklik met die gebruik dat mense tydens die diens hande omhoog hou wanneer hulle...
  • WANNEER JY TWYFEL

    Christene wonder baie keer of dit sonde is om soms aan God se bestaan te twyfel en of God hulle daaroor sal straf.
  • DIE KEUSES WAT ONS MAAK

    'n Vraag wat gereeld by Christene opkom, is: Hoekom slaan die lewe party mense harder as ander? Het God dit dan alles so bestem?
  • DIE GREEP VAN DEPRESSIE

    Mense wat aan depressie ly, of die mense na aan hulle, wonder dikwels of dit sonde is om depressief te wees en of depressie en die...
  • RINGETJIES DRA

    Tieners – en ouer mense – dra deesdae allerhande soorte ringe: oorringe, toonringe en selfs naeltjieringe.