98 MENSE WAT DIE TOEKOMS KAN SIEN wat die Bybel sê oor... Articles www.voelgoed.co.za

MENSE WAT DIE TOEKOMS KAN SIEN

God verbied sy kinders om na enige siener, waarsêer, fortuinverteller, spiritis of medium te gaan (Lev. 20:6; Deut. 18:10 e.v.).

2009-06-26Johan Smit

As ’n mens dus besluit om nogtans so ’n persoon te besoek, moet jy weet dat jy ongehoorsaam is aan God. Dan gee jy ook aan Satan die geleentheid om ’n houvas op jou lewe te verkry, soos wat met enige ander sonde gebeur.

Selfs as jy om “goeie redes” na ’n siener gaan, neem dit nog steeds nie die feit weg dat jy uitdruklik teen God se hartewens optree nie. Daarom kan dit nooit geluk vir jou bring nie. Onthou altyd die beginsel dat “goeie redes” nie regmaak wat verkeerd is nie. Die doel heilig nooit die middele nie. As ek byvoorbeeld by huise inbreek om te steel, is dit verkeerd, selfs al deel ek my buit met arm kinders op straat. Reg bly reg selfs al sê die hele wêreld dis verkeerd, en verkeerd bly verkeerd selfs al sê die hele wêreld dis reg.

Die eerste vraag wat vervolgens by die meeste mense opkom, is: “Waar kry sieners hulle insigte vandaan?” Hoekom is hulle partykeer reg?” Ek is oortuig dat hulle soms hulle inligting uit natuurlike bronne verkry. Maar ek wil toegee dat daar ook aspekte is wat nie altyd logies verklaar kan word nie. Ek sal nooit die bestaan van ’n geestelike dimensie ontken nie. Daar is inderdaad ’n geestelike wêreld buite die wêreld wat ek met my sintuie kan verken. Daar is ’n wêreld van God en ’n wêreld van Satan. Aangesien God ons verbied om na sieners en waarsêers te gaan, kan ek nie help om daaruit af te lei dat hierdie “kragte” van ’n bron kom wat teenoor God se wêreld staan nie. Daarom moet ons sê dat dit van Satan kom.

Natuurlik bestaan daar ook in ’n Christelike gemeenskap iets soos die gawe van profesie. Maar hierdie gawe verskil grootliks van die “gawes” van sieners. In die eerste plek gee God sy Gees aan wie Hy wil en wanneer Hy wil, en tot voordeel van die hele gemeenskap (1 Kor. 12). God se gawe is nie iets wat mens gou kan “ontsluit” deur ’n besoek aan ’n profeet of siener en die betaling van ’n bedrag geld nie.


Kommentaar
  • sien wat nou al baie lank oorlede is wat beteken dit
  • Hoe verbreek ek die band van die duiwel indien ek wel by 'n siener was?

gesels saam


argief

  • WAARNEMINGS / VOORSPELLINGS

    Die antieke mense het fyn waargeneem. Hulle het onder andere gesien dat sekere dinge op die aarde deur hemelliggame beïnvloed wor...
  • MENSE WAT DIE TOEKOMS KAN SIEN

    God verbied sy kinders om na enige siener, waarsêer, fortuinverteller, spiritis of medium te gaan (Lev. 20:6; Deut. 18:10 e.v.).
  • OOR PAK SLAE

    Mense is lief om Spreuke 13:24 aan te haal as bewys dat die Bybel sê dat 'n mens jou kind 'n pak slae moet gee.
  • DIE MAAK VAN SKULD

    Romeine 13:8 sê: "Julle moet niemand iets verskuldig wees nie, behalwe om mekaar lief te hê." Beteken dit dat die ...
  • VROU EN MA WEES IN VOLLE VREUGDE

    Om 'n Christenvrou te wees beteken nie dat jou lewe soos 'n feëverhaal sal wees nie, en die Bybel skep ook nie onrealistiese ...
  • HANDE OPSTEEK TYDENS 'N KERKDIENS

    Lidmate van 'n tradisionele kerk voel dikwels ongemaklik met die gebruik dat mense tydens die diens hande omhoog hou wanneer hulle...
  • WANNEER JY TWYFEL

    Christene wonder baie keer of dit sonde is om soms aan God se bestaan te twyfel en of God hulle daaroor sal straf.
  • DIE KEUSES WAT ONS MAAK

    'n Vraag wat gereeld by Christene opkom, is: Hoekom slaan die lewe party mense harder as ander? Het God dit dan alles so bestem?
  • DIE GREEP VAN DEPRESSIE

    Mense wat aan depressie ly, of die mense na aan hulle, wonder dikwels of dit sonde is om depressief te wees en of depressie en die...
  • RINGETJIES DRA

    Tieners – en ouer mense – dra deesdae allerhande soorte ringe: oorringe, toonringe en selfs naeltjieringe.