98 OOR PAK SLAE wat die Bybel sê oor... Articles www.voelgoed.co.za

OOR PAK SLAE

Mense is lief om Spreuke 13:24 aan te haal as bewys dat die Bybel sê dat 'n mens jou kind 'n pak slae moet gee.

2009-06-26Johan Smit

Hierdie vers sê egter net: “Wie sy roede terughou, haat sy seun.” Die woord “roede”, of “stok”, impliseer tog nie dat jy jou kind moet slaan nie. In Psalm 23:4 lees ons immers: “u stok en u staf dié vertroos my”. Die woord “stok” kan dus ook simbolies verwys na ’n herder se stok waarmee hy sy skape lei en beskerm, en nie sy skape slaan nie.” Hoe moet ’n mens dit verstaan?

Daar is geen twyfel nie dat as jy die hele vers lees, dit hier oor dissipline, en meer spesifiek oor ’n pak slae, gaan nie. Buitendien word dieselfde gedagte nog duideliker uitgespel in ander verse in Spreuke, soos in 22:15, 23:13 en 29:15. Ons weet ook uit ander ou geskrifte dat dit heel algemeen was vir mense om hulle kinders lyfstraf te gee.

Natuurlik is dit nie die bedoeling van die Bybel om die mishandeling van jou kind goed te keur nie. Daarom moet ’n mens ook nie jou kind pak gee as jy kwaad is nie. Dit kan maklik gebeur dat jy dan die grense van goeie dissipline oorskry. Dit beteken ook nie dat jy nie ander vorme van straf moet toepas nie. Die Bybelse opdrag om jou kind te tugtig is natuurlik ook gesetel in die konteks waar daar liefde en warmte bestaan. Jy durf nie jou kind ’n pak gee as jy nie duisend maal meer drukkies en soentjies en liefde gee nie.

argief

  • WAARNEMINGS / VOORSPELLINGS

    Die antieke mense het fyn waargeneem. Hulle het onder andere gesien dat sekere dinge op die aarde deur hemelliggame beïnvloed wor...
  • MENSE WAT DIE TOEKOMS KAN SIEN

    God verbied sy kinders om na enige siener, waarsêer, fortuinverteller, spiritis of medium te gaan (Lev. 20:6; Deut. 18:10 e.v.).
  • OOR PAK SLAE

    Mense is lief om Spreuke 13:24 aan te haal as bewys dat die Bybel sê dat 'n mens jou kind 'n pak slae moet gee.
  • DIE MAAK VAN SKULD

    Romeine 13:8 sê: "Julle moet niemand iets verskuldig wees nie, behalwe om mekaar lief te hê." Beteken dit dat die ...
  • VROU EN MA WEES IN VOLLE VREUGDE

    Om 'n Christenvrou te wees beteken nie dat jou lewe soos 'n feëverhaal sal wees nie, en die Bybel skep ook nie onrealistiese ...
  • HANDE OPSTEEK TYDENS 'N KERKDIENS

    Lidmate van 'n tradisionele kerk voel dikwels ongemaklik met die gebruik dat mense tydens die diens hande omhoog hou wanneer hulle...
  • WANNEER JY TWYFEL

    Christene wonder baie keer of dit sonde is om soms aan God se bestaan te twyfel en of God hulle daaroor sal straf.
  • DIE KEUSES WAT ONS MAAK

    'n Vraag wat gereeld by Christene opkom, is: Hoekom slaan die lewe party mense harder as ander? Het God dit dan alles so bestem?
  • DIE GREEP VAN DEPRESSIE

    Mense wat aan depressie ly, of die mense na aan hulle, wonder dikwels of dit sonde is om depressief te wees en of depressie en die...
  • RINGETJIES DRA

    Tieners – en ouer mense – dra deesdae allerhande soorte ringe: oorringe, toonringe en selfs naeltjieringe.
soek op voelgoed

 

 

 

voelgoed

vermaak

 

 

   vg TV [kyk dit]


  

   vg OUDIO [luister dit]