96 MINDER KOS, MEER BEHEER GEES tips Articles www.voelgoed.co.za

MINDER KOS, MEER BEHEER

MINDER KOS, MEER BEHEER

Haar tienerjare is oorskadu deur 'n obsessie met kos. Toe sy dit nie langer kon beheer nie, was selfmoord die enigste uitweg. 'n Onsuksesvolle poging het haar laat besef dat sy eintlik wóú aangaan.

2010-05-07

Carla* (19) het net haar tienerjare betree toe sy vir die eerste keer bewus geraak het van haar lyf, “en dat dit nie perfek is nie.” Prentjies van maer modelle, en die feit dat sy nie deel van die “in”-groep op skool was nie, het haar gevoelens van ontoereikenheid net vererger. Sy was glad nie oorgewig nie, maar het tog ’n vriendin se raad gevolg en op ’n diëet gegaan.

“Sekere kossoorte soos botter en kaas het taboe geword. Ek het ook die hoeveelheid kos wat “toelaatbaar” was per dag, streng beheer.” Sy het gou gewig begin verloor en komplimente gekry. Maar haar denkwyse oor kos was klaar vasgelê – elke kilogram wat sy verloor het was ’n oorwinning; elke kilogram wat sy sou optel, ’n mislukkig. 

Carla (wat 1.6m lank is) het op ’n stadium net 35kg geweeg. Sy het ’n obsessie met oefening gehad “Anorexia het my identiteit geword. Ek het gedink ek was in beheer, maar eintlik het dit mý beheer.” Haar lang periodes sonder kos is opgevolg deur ooreetsessies. “Ek kon my ooretery naderhand nie meer beheer nie –  en dís ’n anoreksielyer se gróótste vrees.”

Uit desperaatheid het sy’n oordosis pille gedrink, “wat my siek gemaak het, maar gelukkig nie dood nie. Dit het my tot die werklikheid teruggeruk. Ek het besef ek wíl nog lewe.”

Sy het besluit om professionele hulp gekry, en alhoewel sy nog maar in die begin stadium van haar pad na herstel is, is haar kop dié keer reg. “Ek het geleer dat jy soms kwaad, gefrustreerd en “buite beheer” mag voel. Jy hoef dit egter nie op hierdie manier te hanteer nie. 

“Ek besef ek sal die res van my lewe teen dié siekte moet veg, maar ten minste wéét ek wat ek wil hê. Ek wil lewe - en dié besluit verruil ek vir niks in die wêreld nie.”

* Skuilnaam gebruik

Kommentaar

gesels saam


argief

  • DIE ANDERKANT

    Ek vind dit vreemd dat soveel mense 'n beheptheid met “die ander kant” het. Baie meer boeke verkoop tans oor die lewe na die ...
  • AANVAARDING, TOT DIE EINDE TOE

    Om jou kind aan Vigs af te staan is 'n bitter pad om te stap. Maar vir n ma bly haar kind, altyd net kind. En soos Leanne, sal n m...
  • VAN PERFEK TOT PLESIER

    Adele Grant is 'n ma wat voor haar seuntjie se geboorte 'n pynlike perfeksionis was.
  • TEN SPYTE VAN

    Die feit dat hy as kwadrupleeg, vir die res van sy lewe in n rystoel vasgekluister sal wees, kon nie dié liefde keer nie. Marli Swa...
  • GELOOF IS VIR ONS GENOEG

    Kan mens jou lewe, jou besluite, slegs op geloof baseer? Gary en Rhona Kieswetter het dit jare gelede begin doen – en is nie...
  • GEESTELIKE VERNUWING

    Die Olimpiese swemmer, Marianne Kriel, is geskei na 'n huwelik van 'n jaar. Om te skei was destyds die beste keuse wat sy kon maak...
  • VERKRAG, MAAR NIE GEBREEK NIE

    Die lewe deel iewers langs die pad aan ons almal 'n paar klappe uit. Dan het jy 'n keuse: Om n oorwinnaar te wees óf om 'n slagoffe...
  • VAN WOEDE NA WOORDE

    "Ander het dit 'n tragedie genoem; selfmoord tot die derde mag. Ek het dit gesinsmoord genoem. Ek het agtergebly met vier kin...
  • 'N SLAAF VAN SLEGTE GEWOONTES

    Om ná twee dekades op te hou rook, is geen kinderspeletjies. 'n Opregte hartsbesluit het die onmoontlike vir Magda Brill va...
  • MY STRYD TEEN KILOJOULE-SPOOK

    Vir Ina Claassens was anoreksie soos 'n spook wat haar lewe byna-byna verwoes het. Tot 'n psigiater die woorde gesê het wat nieman...