AANVAARDING, TOT DIE EINDE TOE
Om jou kind aan Vigs af te staan is 'n bitter pad om te stap. Maar vir ’n ma bly haar kind, altyd net kind. En soos Leanne, sal ’n ma enigiets doen om haar kind se lyding meer draaglik te maak.
2010-01-06
Om jou kind aan Vigs af te staan is 'n bitter pad om te stap. Maar vir ’n ma bly haar kind, altyd net kind. En soos Leanne, sal ’n ma enigiets doen om haar kind se lyding meer draaglik te maak.
2010-01-06
“Ek het altyd geweet my seun is gay, maar ek het hom aanvaar, want hy was ’n wonderlike kind. Ons was baie na aan mekaar,” vertel sy. Eers nadat haar seun ernstige siek in die hospitaal opgeneem is, moes Leanne hoor: “Mom, I’ve got it. I’ve got Aids.” Vir haar was die besluit voor-die-hand-liggend. Sy sou hom bystaan tot die dood toe - en dít het dalk sy lewe op ’n ander manier “gered”.
Leanne het by die kankervereniging aangesluit en as vrywilliger met die terminale pasiënte begin werk. Sy het elke aand langs haar seun se bed geslaap. As hy koud gekry het, het sy agter sy rug gaan lê, asof hy ’n seuntjie was. Eenkeer, toe haar seun aan sy slym verstik het, het sy haar vinger in sy mond gedruk om hom te help. ’n Vrou wat dit gesien het, het gesê: “Dis hoe ’n ma is, sy gee nie om nie.”
Leanne onthou ook die dag toe hulle hom wou bad, maar met die rolstoel gesukkel het. “Hy was nog altyd ’n groot man van oor die ses voet, maar nou het hy soos ’n geraamte gelyk.” Sy het haar groot seun soos ’n babatjie in haar arms opgetel.
Hy is ’n paar dae later na ’n hospies toe oorgeplaas. ’n Pastoor het hom besoek, en omdat hy so swak was, het die pastoor gesê hy moet net knik as hy die Here wil aanneem. Later het ma en seun saam in die kapel gaan bid. Sy het hom hoor prewel: “Jesus, help me.” Hy is kort daarna op sy verjaarsdag begrawe.
“Ek het baie vir die Here gevra hoekom. Hy is Juniemaand dood en daardie Desember het ek na sy graf gegaan en gedink ek gaan inmekaarsak. Toe ek daar kom, het ek hom egter gesien. Ek weet nie of dit my verbeelding was nie. Maar hy was in wit aangetrek en besig om tafels te dek.” Sy glo hy is vandag op ’n beter plek.
argief
DIE ANDERKANT
Ek vind dit vreemd dat soveel mense 'n beheptheid met “die ander kant” het. Baie meer boeke verkoop tans oor die lewe na die ...AANVAARDING, TOT DIE EINDE TOE
Om jou kind aan Vigs af te staan is 'n bitter pad om te stap. Maar vir n ma bly haar kind, altyd net kind. En soos Leanne, sal n m...VAN PERFEK TOT PLESIER
Adele Grant is 'n ma wat voor haar seuntjie se geboorte 'n pynlike perfeksionis was.TEN SPYTE VAN
Die feit dat hy as kwadrupleeg, vir die res van sy lewe in n rystoel vasgekluister sal wees, kon nie dié liefde keer nie. Marli Swa...GELOOF IS VIR ONS GENOEG
Kan mens jou lewe, jou besluite, slegs op geloof baseer? Gary en Rhona Kieswetter het dit jare gelede begin doen – en is nie...GEESTELIKE VERNUWING
Die Olimpiese swemmer, Marianne Kriel, is geskei na 'n huwelik van 'n jaar. Om te skei was destyds die beste keuse wat sy kon maak...VERKRAG, MAAR NIE GEBREEK NIE
Die lewe deel iewers langs die pad aan ons almal 'n paar klappe uit. Dan het jy 'n keuse: Om n oorwinnaar te wees óf om 'n slagoffe...VAN WOEDE NA WOORDE
"Ander het dit 'n tragedie genoem; selfmoord tot die derde mag. Ek het dit gesinsmoord genoem. Ek het agtergebly met vier kin...'N SLAAF VAN SLEGTE GEWOONTES
Om ná twee dekades op te hou rook, is geen kinderspeletjies. 'n Opregte hartsbesluit het die onmoontlike vir Magda Brill va...MY STRYD TEEN KILOJOULE-SPOOK
Vir Ina Claassens was anoreksie soos 'n spook wat haar lewe byna-byna verwoes het. Tot 'n psigiater die woorde gesê het wat nieman...


.jpg)




.jpg)

















