96 VAN PERFEK TOT PLESIER GEES tips Articles www.voelgoed.co.za

VAN PERFEK TOT PLESIER

VAN PERFEK TOT PLESIER

Adele Grant is 'n ma wat voor haar seuntjie se geboorte 'n pynlike perfeksionis was.

2009-10-06

Sy moes egter gou besluit of sy bereid was om te verander, toe sy besef dat perfeksionisme en baba-grootmaak nooit in dieselfde asem genoem kan word nie.

“Of ek nou wakker was of geslaap het, dinge moes net reg wees,” onthou sy die dae vóór kinders. Sy was gedurig aan die uitvee en skoonmaak. “Maar niemand berei jou voor op die chaos en omwenteling wat ’n kind in jou lewe veroorsaak nie!

“Mens se tyd is eenvoudig net nie meer jou eie nie,” sê Adele, “en ek het gou geleer dat babas nie geduld het nie. As hulle honger is of iets wil hê, maak dit nie saak of die skottelgoed nog vuil is nie.” Adele sê dat haar kind haar laat besef het daar is belangriker dinge as ’n skoon vloer. “Dis deesdae vir my veel belangriker om ’n gelukkige kind te hê. En in elk geval het ek intussen agtergekom dat babas baie meer van deurmekaargeit as van orde hou!”

Sy moes haar prioriteite herbekyk. Perfeksionististe is altyd gespanne oor wat nog gedoen en skoongemaak moet word. Omdat niks ooit 100% reg is nie, verval hulle in ’n kringloop van permanent besigwees, met min tyd vir enigiets anders. “Na ons baba se geboorte, het ek net op ’n dag besef mens hou nie op asem haal as jou huis deurmekaar is nie.” Die lewe gaan aan, of die huis nou vuil is of nie.

Hierdie besef, sê sy, was baie goed vir haar verhouding met haar man, haar  familie en vriende. Die verhouding tussen haar en haar man het baie meer ontspanne geraak. “Hy is heel netjies vir ’n man, maar deesdae los ek die klein dingetjies (wat voorheen gekrap het), soos as hy TV kyk en die kombers net daar los. Ek weet mos klein Ian gaan nou-nou verbykom en die kussings van die bank af gooi.”

Adele het nie skielik in ’n slorpot ontpop nie, maar is bloot rustiger oor kleiner dinge wat haar voorheen sou ontstel het. Deesdae kan haar seuntjie maar met ’n sitvlak vol droë gras deur die huis hardloop, want sy ma wéét: vreugde is belangriker as ’n skoon huis!

argief

  • DIE ANDERKANT

    Ek vind dit vreemd dat soveel mense 'n beheptheid met “die ander kant” het. Baie meer boeke verkoop tans oor die lewe na die ...
  • AANVAARDING, TOT DIE EINDE TOE

    Om jou kind aan Vigs af te staan is 'n bitter pad om te stap. Maar vir n ma bly haar kind, altyd net kind. En soos Leanne, sal n m...
  • VAN PERFEK TOT PLESIER

    Adele Grant is 'n ma wat voor haar seuntjie se geboorte 'n pynlike perfeksionis was.
  • TEN SPYTE VAN

    Die feit dat hy as kwadrupleeg, vir die res van sy lewe in n rystoel vasgekluister sal wees, kon nie dié liefde keer nie. Marli Swa...
  • GELOOF IS VIR ONS GENOEG

    Kan mens jou lewe, jou besluite, slegs op geloof baseer? Gary en Rhona Kieswetter het dit jare gelede begin doen – en is nie...
  • GEESTELIKE VERNUWING

    Die Olimpiese swemmer, Marianne Kriel, is geskei na 'n huwelik van 'n jaar. Om te skei was destyds die beste keuse wat sy kon maak...
  • VERKRAG, MAAR NIE GEBREEK NIE

    Die lewe deel iewers langs die pad aan ons almal 'n paar klappe uit. Dan het jy 'n keuse: Om n oorwinnaar te wees óf om 'n slagoffe...
  • VAN WOEDE NA WOORDE

    "Ander het dit 'n tragedie genoem; selfmoord tot die derde mag. Ek het dit gesinsmoord genoem. Ek het agtergebly met vier kin...
  • 'N SLAAF VAN SLEGTE GEWOONTES

    Om ná twee dekades op te hou rook, is geen kinderspeletjies. 'n Opregte hartsbesluit het die onmoontlike vir Magda Brill va...
  • MY STRYD TEEN KILOJOULE-SPOOK

    Vir Ina Claassens was anoreksie soos 'n spook wat haar lewe byna-byna verwoes het. Tot 'n psigiater die woorde gesê het wat nieman...
soek op voelgoed

 

 

 

voelgoed

vermaak

 

 

   vg TV [kyk dit]


  

   vg OUDIO [luister dit]