TEN SPYTE VAN
Die feit dat hy as kwadrupleeg, vir die res van sy lewe in ’n rystoel vasgekluister sal wees, kon nie dié liefde keer nie. Marli Swanepoel het besluit met dié man moet sy trou. En dis ’n keuse waaroor sy nog nooit spyt was nie.
2009-09-14
Die feit dat hy as kwadrupleeg, vir die res van sy lewe in ’n rystoel vasgekluister sal wees, kon nie dié liefde keer nie. Marli Swanepoel het besluit met dié man moet sy trou. En dis ’n keuse waaroor sy nog nooit spyt was nie.
2009-09-14
Marli het vir Frikkie, haar man, vir die eerste keer op universiteit raakgesien. Hy was die student in ’n rystoel, wat ten spyte van sy gestremdheid, steeds die lewe geniet het. En daarvoor het sy hom respekteer.
Eendag het hulle in dieselfde geestelike uitreikgroep beland. “Ek onthou dat ek nie geweet het hoe om die rolstoel te hanteer nie,” glimlag sy. Dit was die eerste en die laaste keer op universiteit wat hulle met mekaar kontak gehad het.
Ná haar studies was Marli nege maande in België as deel van ’n uitreikspan. Daar het ’n meisie vir haar ’n boodskap gegee. “In daardie stadium het ek gewonder of ek ooit sal trou, want ek het nog nie eens iemand ontmoet met wie ek naastenby wou trou nie.”
’n Deel van die boodskap het gelui: “Ek wil hê jy moet ophou beplan en wens. Laat my toe om vir jou die opwindendste plan wat daar is, te bring.” Nóg ’n deel van die boodskap was: “Moenie rondkyk na die dinge wat Ek vir ander gegee het nie. Moenie kyk na die dinge wat jy dink jy wil hê nie...” Dít, vertel Marli, was presies wat sy gedoen het. Die finale belofte het gelui: “En dan, wanneer jy gereed is, sal Ek jou verras met ’n liefde wat jou drome ver oortref.”
Tuis het sy begin werk, eers in Vanderbijlpark, en later Sasolburg. “Ek het niemand geken nie en wou glad nie hier wees nie.” Met haar eerste besoek aan die naaste gemeente het sy egter ’n bekende gesig raakgeloop. Dit was Frikkie. Hy het pas ’n huis met sy broer in Sasolburg begin deel.
Sy het ’n plan gemaak om te begin gesels en kort voor lank het ’n baie spesiale vriendskap begin. ’n Paar maande later het hy haar gevra om te trou.
Dit was ’n maklike besluit, sy het nooit getwyfel nie. Tog was daar aanpassings.
“As verloofdes het ons eenkeer ’n geleentheid bygewoon waar daar gedans is. Daardie aand het ek gehuil want ek moes afskeid neem van die idee dat ons nooit eendag soos ander mense sal kan dans nie. Daarna het ek nooit weer die behoefte gehad om te dans nie ... Vir Frikkie is dit ook moeilik. Hy sê altyd hy sal in die hemel dans en perdry.”
Hy het haar eendag gevra of sy die implikasies verstaan as hulle sou trou. “In daardie stadium het ons nie eens geweet of ons kinders sou hê nie,” vertel Marli. Op ’n dag het sy vir haarself gesê: "Ek kíés nou om met hom te trou, en omdat ek die keuse gemaak het, sal ek van hier af alles hanteer in die lig van daardie keuse.”
Hulle was ’n jaar en ’n half getroud toe sy uitvind sy's swanger met klein Hanno. En twee jaar later, met Rico. “Ek dink nie ek het toe besef watter groot wonderwerk dit is nie. Tydens ’n onlangse vakansie het ’n man in ’n rolstoel vir Frikkie gevra of dit sy kinders is. Hy vertel toe hoe lank hy en sy vrou al sukkel om kinders te kry.”
Daar is uitdagings, ja. “Maar deesdae konsentreer ons op die dinge wat ons kan saamdoen, en ons geniet dit saam.” Frikkie voeg by: “Op my troue het ek gesê ek het nooit geweet of ek eendag sou trou nie, maar ek het geweet dat ás ek die dag trou, dit met ’n besonderse vrou sal wees.”
argief
DIE ANDERKANT
Ek vind dit vreemd dat soveel mense 'n beheptheid met “die ander kant” het. Baie meer boeke verkoop tans oor die lewe na die ...AANVAARDING, TOT DIE EINDE TOE
Om jou kind aan Vigs af te staan is 'n bitter pad om te stap. Maar vir n ma bly haar kind, altyd net kind. En soos Leanne, sal n m...VAN PERFEK TOT PLESIER
Adele Grant is 'n ma wat voor haar seuntjie se geboorte 'n pynlike perfeksionis was.TEN SPYTE VAN
Die feit dat hy as kwadrupleeg, vir die res van sy lewe in n rystoel vasgekluister sal wees, kon nie dié liefde keer nie. Marli Swa...GELOOF IS VIR ONS GENOEG
Kan mens jou lewe, jou besluite, slegs op geloof baseer? Gary en Rhona Kieswetter het dit jare gelede begin doen – en is nie...GEESTELIKE VERNUWING
Die Olimpiese swemmer, Marianne Kriel, is geskei na 'n huwelik van 'n jaar. Om te skei was destyds die beste keuse wat sy kon maak...VERKRAG, MAAR NIE GEBREEK NIE
Die lewe deel iewers langs die pad aan ons almal 'n paar klappe uit. Dan het jy 'n keuse: Om n oorwinnaar te wees óf om 'n slagoffe...VAN WOEDE NA WOORDE
"Ander het dit 'n tragedie genoem; selfmoord tot die derde mag. Ek het dit gesinsmoord genoem. Ek het agtergebly met vier kin...'N SLAAF VAN SLEGTE GEWOONTES
Om ná twee dekades op te hou rook, is geen kinderspeletjies. 'n Opregte hartsbesluit het die onmoontlike vir Magda Brill va...MY STRYD TEEN KILOJOULE-SPOOK
Vir Ina Claassens was anoreksie soos 'n spook wat haar lewe byna-byna verwoes het. Tot 'n psigiater die woorde gesê het wat nieman...


.jpg)




.jpg)

















