GELOOF IS VIR ONS GENOEG
Kan mens jou lewe, jou besluite, slegs op geloof baseer? Gary en Rhona Kieswetter het dit jare gelede begin doen – en is nie een dag spyt nie.
2009-08-24
Kan mens jou lewe, jou besluite, slegs op geloof baseer? Gary en Rhona Kieswetter het dit jare gelede begin doen – en is nie een dag spyt nie.
2009-08-24
Sit mens in Gary en Rhona se prentjiemooi huis in Pretoria, is dit moeilik om te glo dat hierdie gesin in totale afhanklikheid van God leef. Geen salaris nie, geen vaste borge en geen fooi vir die dienste wat hulle lewer nie. Hulle het ook geen versekering, pensioen, mediese fonds of polis om vir die toekoms te voorsien nie. Vir baie van ons is dit ondenkbaar. Tog kom die Kieswetters niks kort nie - hulle leef al so vir die afgelope 15 jaar!
Hul resep is eenvouding – ’n onwrikbare geloof, ’n vaste vertroue op God se beloftes en ’n lewe van totale gehoorsaamheid aan Hom. “Dit is nie te sê dat God van elkeen verwag om so te leef nie,” verduidelik Gary. “Vir ons was dit Sy spesifieke opdrag - en al was dit ook hoe moeilik om alles net so te los, was ons gehoorsaam.”
Die besluit om in geloof te leef, het hul lewe drasties verander. Albei moes uit hul werk bedank en saam met hul twee kinders van Bloemfontein na Pretoria verhuis – met net R1 600 in hul sak. “Tog was daar nog nooit ’n behoefte waarin Hy nie voorsien het nie,” voeg Rhona by.
Die gesin ontvang gereeld skenkings en donasies – 90% afkomstig van vreemdelinge wat hulle nooit self ontmoet nie. Hul bediening neem hulle kruis en dwars deur die land waar hulle in gemeentes preek, seminare en kampe aanbied en besigheidsbykeenkomste lei.
“Mense vra dikwels of ons onder die broodlyn lewe,” lag Gary. “Beslis nie! Dank God, ons lewe in die bakkery van Sy goedheid.”
argief
DIE ANDERKANT
Ek vind dit vreemd dat soveel mense 'n beheptheid met “die ander kant” het. Baie meer boeke verkoop tans oor die lewe na die ...AANVAARDING, TOT DIE EINDE TOE
Om jou kind aan Vigs af te staan is 'n bitter pad om te stap. Maar vir n ma bly haar kind, altyd net kind. En soos Leanne, sal n m...VAN PERFEK TOT PLESIER
Adele Grant is 'n ma wat voor haar seuntjie se geboorte 'n pynlike perfeksionis was.TEN SPYTE VAN
Die feit dat hy as kwadrupleeg, vir die res van sy lewe in n rystoel vasgekluister sal wees, kon nie dié liefde keer nie. Marli Swa...GELOOF IS VIR ONS GENOEG
Kan mens jou lewe, jou besluite, slegs op geloof baseer? Gary en Rhona Kieswetter het dit jare gelede begin doen – en is nie...GEESTELIKE VERNUWING
Die Olimpiese swemmer, Marianne Kriel, is geskei na 'n huwelik van 'n jaar. Om te skei was destyds die beste keuse wat sy kon maak...VERKRAG, MAAR NIE GEBREEK NIE
Die lewe deel iewers langs die pad aan ons almal 'n paar klappe uit. Dan het jy 'n keuse: Om n oorwinnaar te wees óf om 'n slagoffe...VAN WOEDE NA WOORDE
"Ander het dit 'n tragedie genoem; selfmoord tot die derde mag. Ek het dit gesinsmoord genoem. Ek het agtergebly met vier kin...'N SLAAF VAN SLEGTE GEWOONTES
Om ná twee dekades op te hou rook, is geen kinderspeletjies. 'n Opregte hartsbesluit het die onmoontlike vir Magda Brill va...MY STRYD TEEN KILOJOULE-SPOOK
Vir Ina Claassens was anoreksie soos 'n spook wat haar lewe byna-byna verwoes het. Tot 'n psigiater die woorde gesê het wat nieman...


.jpg)




.jpg)

















