GEESTELIKE VERNUWING
Die Olimpiese swemmer, Marianne Kriel, is geskei na 'n huwelik van 'n jaar. Om te skei was destyds die beste keuse wat sy kon maak.
2009-07-07test guru
Die Olimpiese swemmer, Marianne Kriel, is geskei na 'n huwelik van 'n jaar. Om te skei was destyds die beste keuse wat sy kon maak.
2009-07-07test guru
Dit het bitter seer gemaak, maar haar ook gehelp om tot nuwe insigte oor haarself, haar geloof en haar toekoms te kom.
“Aanvanklik was ek verskriklik bang vir die toekoms, maar toe ek eers die besluit geneem het, was dit soos ’n gewig van my skouers af,” vertel sy. “Daarna het dit oorgegaan in selfverwyt en skaamte. My vrouwees was diep geraak.”
Sy het lank gevoel sy is nie mooi, vroulik of goed genoeg nie. Marianne het ook gesukkel om egskeiding en haar geloof te versoen. “Die huwelik is ’n Goddelike instelling,” glo sy, en het daarom alles in haar vermoë gedoen om dit te red. “Ek het my beloftes in die kerk met alles in my bedoel. Ons was vir berading en ons ouers het probeer help. Skei was ’n laaste uitweg.
“Ek het God gevra of ek ’n einde kon maak aan die pyn. Ek glo Hy het vir my gesê dit is nie sy eerste keuse vir my nie, maar dat Hy my nie sal verwerp nie.” Marianne sê sy het ook antwoorde gekry in Divorce, ’n boek met Bybelse redes waarom egskeiding aanvaarbaar is.
Lank na haar egskeiding was sy “verskriklik gebroke en hartseer”. Egskeiding het haar verander van ’n selfversekerde, sterk vrou, na iemand wat skielik in haarself getwyfel het.
“Ek het besef ek het God nodiger as wat ek ooit wou weet. Ek het besluit om daarna te streef om nooit weer buite Sy wil te lewe nie.”
Met genesing het geestelike verdieping gekom. “Ek was tot op daardie punt in my lewe ’n Christen met my voete in die wêreld. Ek het beslis met tye God se hart seergemaak, en ek wou dit regstel.” Haar verhouding met God het vir die eerste keer lewendig geword. “Hy het my baie gouer heelgemaak as wat ek verwag het.”
Sy het ook baie tyd saam met haar ouers, broers en skoonsusters deurgebring; mense wat ’n “laer” om haar getrek het. Hulle, en vriende, het haar gehelp om haar selfvertroue te herwin.
Haar egskeiding het ook moeilike, praktiese gevolge gehad. Sy moes skielik weer na haarself omsien, soos om met motorwerktuigkundiges te baklei as hulle haar as vrou probeer uitbuit het. “Ek het daarvan gehou om iemand te hê wat my battles vir my fight,” sê sy.
Tog glo sy vandag in nuwe lewe ná egskeiding. “Dis moeilik om in daardie donker tye te probeer oorleef, maar ek wil vroue in dieselfde omstandighede verseker dat die glimlag weer terugkom.” Haar raad? “Bestee tyd met Goddelike mense wat vir jou kan bid. Help ander, want dan groei jy. Wees selfsugtig en kyk na jouself. Luister na jou hart, en wees eerlik met die mense in jou lewe.”
- DANKIE VIR DIE BOODSKAP, EK WAS 7 JAAR VERLOOF EN IS NOU ALLEEN, MY WERELD HET INMEKAAR GEVAL. MAAR DIS WAAR WAT JY SE, MENS MOET NET BID EN DIE HERE VRA OM JOU TE DRA DEUR DIE TYD. PARTY DAE VERWYT EK MYSELF, EN WONDER OF DIT DIE REGTE BESLUIT WAS, MAAR ANDER DAE WEET EK DAAR IS N DOEL MET ELKE BESLUIT. ANDERS SOU DIE HERE MY NIE OP DIE PAD GESTUUR HET NIE. DANKIE
argief
DIE ANDERKANT
Ek vind dit vreemd dat soveel mense 'n beheptheid met “die ander kant” het. Baie meer boeke verkoop tans oor die lewe na die ...AANVAARDING, TOT DIE EINDE TOE
Om jou kind aan Vigs af te staan is 'n bitter pad om te stap. Maar vir n ma bly haar kind, altyd net kind. En soos Leanne, sal n m...VAN PERFEK TOT PLESIER
Adele Grant is 'n ma wat voor haar seuntjie se geboorte 'n pynlike perfeksionis was.TEN SPYTE VAN
Die feit dat hy as kwadrupleeg, vir die res van sy lewe in n rystoel vasgekluister sal wees, kon nie dié liefde keer nie. Marli Swa...GELOOF IS VIR ONS GENOEG
Kan mens jou lewe, jou besluite, slegs op geloof baseer? Gary en Rhona Kieswetter het dit jare gelede begin doen – en is nie...GEESTELIKE VERNUWING
Die Olimpiese swemmer, Marianne Kriel, is geskei na 'n huwelik van 'n jaar. Om te skei was destyds die beste keuse wat sy kon maak...VERKRAG, MAAR NIE GEBREEK NIE
Die lewe deel iewers langs die pad aan ons almal 'n paar klappe uit. Dan het jy 'n keuse: Om n oorwinnaar te wees óf om 'n slagoffe...VAN WOEDE NA WOORDE
"Ander het dit 'n tragedie genoem; selfmoord tot die derde mag. Ek het dit gesinsmoord genoem. Ek het agtergebly met vier kin...'N SLAAF VAN SLEGTE GEWOONTES
Om ná twee dekades op te hou rook, is geen kinderspeletjies. 'n Opregte hartsbesluit het die onmoontlike vir Magda Brill va...MY STRYD TEEN KILOJOULE-SPOOK
Vir Ina Claassens was anoreksie soos 'n spook wat haar lewe byna-byna verwoes het. Tot 'n psigiater die woorde gesê het wat nieman...























