96 VERKRAG, MAAR NIE GEBREEK NIE GEES tips Articles www.voelgoed.co.za

VERKRAG, MAAR NIE GEBREEK NIE

Die lewe deel iewers langs die pad aan ons almal 'n paar klappe uit. Dan het jy 'n keuse: Om ’n oorwinnaar te wees óf om 'n slagoffer te bly. Vir vryskut-joernalis Charlene Smith, was dié keuse maklik, al was dit midde-in moeilike omstandighede.

2009-06-26

Sy is ’n klompie jare gelede in haar huis oorval, drie keer verkrag, met maskeerband vasgebind en in die badkamer toegesluit. Dié voorval het haar ’n slagoffer gemaak, nie net van verkragting nie, maar ook van ’n onsimpatieke stelsel.

Terwyl sy verkrag is, moes sy veg om kalm te bly sodat sy nie vermoor word met die mes wat haar aanvaller teen haar keel gedruk het nie. Later was dit ’n stryd om anti-retrovirale middels te bekom, om instansies te oortuig om haar verkragter te help opspoor, en om die polisie aan te por om voort te gaan met die ondersoek.

“Niks is méér traumaties as verkragting nie, maar uiteindelik is dit jóú keuse hoe jy daarna leef,” sê Charlene, wat die pad na fisieke en emosionele herstel met sukses gestap het. Ongeag wat met jou gebeur, glo sy, mag ’n mens nooit die verantwoordelikheid vir jou eie lewe weggee nie.

“Vroue wat verkrag is, trap dikwels in die slaggat om die verkragter saam met hulle te dra. Want hulle besef nie: Iemand wat my verkrag, het môre weer van my vergeet. Maar as ek gedurig aan hom dink - en nie ’n gelukkige lewe en suksesvolle verhoudings handhaaf, of kan voortgaan met my beroep nie - voltooi ek sy werk en gee hom meer mag as wat hy ooit verdien het.”

Haar geheim vir geluk is dat sy haarself voorgeneem het om niemand of niks toe te laat om haar onder te kry nie. “Ek is vasbeslote dat niemand anders my lewe sal beheer nie. Ek wil eendag terugkyk sonder onvervulde wense of verwyte oor my lewe.”

Kommentaar
  • FANTASTIES JY IS 'N WENNER - GOD MAAK VAN ONS WENNERS MAAR JY HET DIE KEUSE GEMAAK OM AS WENNER UIT DIE STRYD TE STAP. JY VERDIEN 'N MEDALJE.

gesels saam


argief

  • DIE ANDERKANT

    Ek vind dit vreemd dat soveel mense 'n beheptheid met “die ander kant” het. Baie meer boeke verkoop tans oor die lewe na die ...
  • AANVAARDING, TOT DIE EINDE TOE

    Om jou kind aan Vigs af te staan is 'n bitter pad om te stap. Maar vir n ma bly haar kind, altyd net kind. En soos Leanne, sal n m...
  • VAN PERFEK TOT PLESIER

    Adele Grant is 'n ma wat voor haar seuntjie se geboorte 'n pynlike perfeksionis was.
  • TEN SPYTE VAN

    Die feit dat hy as kwadrupleeg, vir die res van sy lewe in n rystoel vasgekluister sal wees, kon nie dié liefde keer nie. Marli Swa...
  • GELOOF IS VIR ONS GENOEG

    Kan mens jou lewe, jou besluite, slegs op geloof baseer? Gary en Rhona Kieswetter het dit jare gelede begin doen – en is nie...
  • GEESTELIKE VERNUWING

    Die Olimpiese swemmer, Marianne Kriel, is geskei na 'n huwelik van 'n jaar. Om te skei was destyds die beste keuse wat sy kon maak...
  • VERKRAG, MAAR NIE GEBREEK NIE

    Die lewe deel iewers langs die pad aan ons almal 'n paar klappe uit. Dan het jy 'n keuse: Om n oorwinnaar te wees óf om 'n slagoffe...
  • VAN WOEDE NA WOORDE

    "Ander het dit 'n tragedie genoem; selfmoord tot die derde mag. Ek het dit gesinsmoord genoem. Ek het agtergebly met vier kin...
  • 'N SLAAF VAN SLEGTE GEWOONTES

    Om ná twee dekades op te hou rook, is geen kinderspeletjies. 'n Opregte hartsbesluit het die onmoontlike vir Magda Brill va...
  • MY STRYD TEEN KILOJOULE-SPOOK

    Vir Ina Claassens was anoreksie soos 'n spook wat haar lewe byna-byna verwoes het. Tot 'n psigiater die woorde gesê het wat nieman...