96 VAN WOEDE NA WOORDE GEES tips Articles www.voelgoed.co.za

VAN WOEDE NA WOORDE

"Ander het dit 'n tragedie genoem; selfmoord tot die derde mag. Ek het dit gesinsmoord genoem. Ek het agtergebly met vier kinders wat vaskyk in drie grafstene waaronder hul kindwees begrawe is."

2009-06-26

Só verwys Amanda Viljoen* na haar man se selfmoord in die negentigerjare. Die feit dat hy homself twee dae voor Kersfees geskiet het, was eintlik die laaste vernietingsdaad in ’n reeks gebeure wat die gesin reeds lank voor dit doodgedruk het.

Maar vergifnis het uiteindelik vir dié gesin genesing gebring.

“Petrus is Gereformeerd gebore en ek’n emigrant uit die Hervormde Kerk,” vertel sy. “Ek hoor nou dat mense sê depressie loop, weens die ondertrouery van vroeër, in baie families met die bekende Doppervanne.” Petrus se pa en broer het ook selfmoord gepleeg.

“Onveilig was ons kinders beslis,” sê Amanda. “Ons gesinslewe was onstabiel, onvoorspelbaar, vol skandes, verskonings en leuens. Die jonger kinders was gereeld in trane oor al die rusies, want ons het eindeloos oor sy ma, sy koppige ontkenning van sy ergerwordende depressie, en oor sy skuldmaak baklei.” Niemand het geweet op watter dag pa (alweer) sy klere en antidepressante sou inpak en die deur agter hom toeslaan nie – reguit na sy ma toe.”

Sy selfmoord was amper onvermydelik. “Niks het my nog ooit so woedend gehad soos hierdie selfmoorde in dieselfde familie nie. Ek is een van die min vroue wat kwaad was op my man se begrafnis,” erken Amanda. “Jou lewe vóór jou selfmoord het ons al lankal doodgemaak Petrus,” het sy in ’n brief geskryf.

Tyd vir regmaak


Vir haar het die keerpunt gekom toe sy een Sondag na kerk, alleen op haar knieë voor God gaan huil het. “Dit het gevoel asof my swaar liggaam ’n paar meter opgaan, en asof ek vol wete word. Dis my enigste beskrywing: ’n wete van wat ek moes doen.”

Sy het die vier onwillige kinders bymekaar geroep en gesê: “Julle het tot dusver grootgeword in ’n familie waarin daar meer dood as lewe is. Julle is die geskokte oorlewendes van ’n ware gesinsmoord. Julle kinderlewens is uitmekaargeskiet. Julle was gewone kinders, maar jul omstandighede het jul gewoonheid vernietig.

“Nou gaan ons vyf voor die Here staan, soos mense wat langs die pad staan nadat ’n moordenaar hulle probeer doodmaak het. Nou gaan ons vir Hom sê ons vergewe vir Oupa en oom Stefan en vir Pappa, want hulle was siek soos kankerlyers. En omdat hulle, soos sommige kankerlyers, behandeling geweier het, is hulle aan hul siekte dood.” Vier paar oë het haar aangestaar. “Ons gaan van nou af elke keer hier voor die Here kom staan totdat hy ons weer gewone mense maak.”

Sy het ’n mat op die eetkamervloer gegooi en hulle gevra om saam met haar daarop te staan. “Ek het hulle hande probeer vat. Die seuns het losgeruk. Ek het hardop gepraat-bid: “Here, ek is kwaad vir U. Ek verstaan U nie. Ek verstaan niks nie. Ek is kwaad vir Ouma wat hierdie kinders se pa by haar gepamperlang het terwyl hy hier of by ’n sielkundige moes gewees het. Net U kan my help om van my woede ontslae te raak. Partykeer voel ek U gee nie eens om nie.” Ek ook, het ’n klein stemmetjie langs haar gesê.

Amanda vertel dat sy en haar gesin maande lank, elke dag, op hierdie mat gaan staan het. “Dis was asof ons letterlik oorgeplaas is na ’n plek voor God. Ons het niks meer verswyg nie. Ons het ons volle woede oor Ouma uitgespreek en het mettertyd baie makliker met haar begin praat.”

Die effek van vergifnis het ook al hoe meer sigbaar geword in die kinders. Amanda onthou: “’n Klasmaat het TV-speletjies by Johan kom speel. Hulle het baie gestry en baie gelag…en ek het gedink, my seun begin weer soos ’n gewone kind klink.”

*Skuilnaam gebruik


Kommentaar

gesels saam


argief

  • DIE ANDERKANT

    Ek vind dit vreemd dat soveel mense 'n beheptheid met “die ander kant” het. Baie meer boeke verkoop tans oor die lewe na die ...
  • AANVAARDING, TOT DIE EINDE TOE

    Om jou kind aan Vigs af te staan is 'n bitter pad om te stap. Maar vir n ma bly haar kind, altyd net kind. En soos Leanne, sal n m...
  • VAN PERFEK TOT PLESIER

    Adele Grant is 'n ma wat voor haar seuntjie se geboorte 'n pynlike perfeksionis was.
  • TEN SPYTE VAN

    Die feit dat hy as kwadrupleeg, vir die res van sy lewe in n rystoel vasgekluister sal wees, kon nie dié liefde keer nie. Marli Swa...
  • GELOOF IS VIR ONS GENOEG

    Kan mens jou lewe, jou besluite, slegs op geloof baseer? Gary en Rhona Kieswetter het dit jare gelede begin doen – en is nie...
  • GEESTELIKE VERNUWING

    Die Olimpiese swemmer, Marianne Kriel, is geskei na 'n huwelik van 'n jaar. Om te skei was destyds die beste keuse wat sy kon maak...
  • VERKRAG, MAAR NIE GEBREEK NIE

    Die lewe deel iewers langs die pad aan ons almal 'n paar klappe uit. Dan het jy 'n keuse: Om n oorwinnaar te wees óf om 'n slagoffe...
  • VAN WOEDE NA WOORDE

    "Ander het dit 'n tragedie genoem; selfmoord tot die derde mag. Ek het dit gesinsmoord genoem. Ek het agtergebly met vier kin...
  • 'N SLAAF VAN SLEGTE GEWOONTES

    Om ná twee dekades op te hou rook, is geen kinderspeletjies. 'n Opregte hartsbesluit het die onmoontlike vir Magda Brill va...
  • MY STRYD TEEN KILOJOULE-SPOOK

    Vir Ina Claassens was anoreksie soos 'n spook wat haar lewe byna-byna verwoes het. Tot 'n psigiater die woorde gesê het wat nieman...