HOE OM HARDKOPPIGE KINDERS TE HANTEER
Sy is koppig en moeilik en altyd reg om dwars te trek. Hoe help jy jou eiesinnige kind om te blom – sonder dat jý kop verloor?
2010-08-04Shanda Luyt
Sy is koppig en moeilik en altyd reg om dwars te trek. Hoe help jy jou eiesinnige kind om te blom – sonder dat jý kop verloor?
2010-08-04Shanda Luyt
’n Wil van haar eie
Sommige kinders is eenvoudig meer koppig of eiesinnig as ander. Dit maak nie saak hóé ’n goeie ouer jy is nie, jou eiesinnige kind sal die lewe vir jou moeiliker maak as ander kinders. Alle kinders kry woede-uitbarstings, maar jou eiesinnige kind sal dit meer gereeld en intens kry.
WERK SLIM MET KOPPIGHEID
• Begin vroeg – Begin so vroeg as moontlik om basiese riglyne vir jou kind neet te lê. Ná agt jaar raak dit baie moeiliker om hierdie probleme aan te spreek.
• Konsekwente dissipline – Jou grense moet duidelik en konsekwent wees en jy moet van jou kind verwag om binne daardie grense op te tree.
• Staan saam as ouers – Moenie jou maat se dissipline ondermyn nie. Werk as ’n span saam.
• Gee keuses – As jou kind ’n sterk wil het, is keuses ongelooflik belangrik. Op dié manier gee jy jou kind beheer, maar binne perke.
• ’n Emosionele woordeskat – Leer jou kind van kleins af om haar emosies uit te druk. Kinders wat nie ’n emosionele woordeskat het om hulle gevoelens uit te druk nie, sal met rebelse gedrag voortgaan om hulle sin te kry.
• Verstaan haar behoeftes – Jy moet ingestel wees op wat jou kind met haar persoonlikheid kan hanteer en wat nie. Staan haar by.
• Vermy kopstampsessies – Die grootste fout wat ouers kan maak is om in ’n geveg met hulle kind betrokke te raak en haar van hulle standpunt probeer oortuig.
• Respekteer self outoriteit – Jou eie houding teenoor gesag sal jou kind se bereidwilligheid om reëls na te kom, beïnvloed.
argief
HOE VEILIG IS JOU KIND HIERDIE MAAND?
Oor minder as 'n week sluit die skole en dan is ons land se kinders vir 6 weke op vakansie weens die Sokker Wêreldbeker.MAAK JOU KINDERS STERK
Is jou kind regtig gereed om die stampe en stote van die lewe te hanteer? In 'n onvoorspelbare wêreld is dít een van die beste v...MAAK JOU HUIS ’N TUISTE
"Waarom bring my kind nooit haar vriende huis toe nie?" wonder jy. Hier is 'n paar kreatiewe aanpassings waarmee jy kan verseker d...KWEEK RESPEK BY JOU KIND
Voorletters uitkerf op bome, 'n gevloek, 'n laatkommery en smalende aanmerkings oor ander kulture is maar enkele voorbeelde van disrespek ...AANVAAR DIE BRUID
Jou seun wil trou … maar hoe gemaak as jy nie tevrede is met sy keuse vir 'n bruid nie?JOU KIND AS JY SKEI
Vir jou is egskeiding 'n uitkoms ná 'n ongelukkige huwelik, maar hoekom voel jou kinders dan so skuldig?GRENSE VIR KINDERS
Die meeste kinders smag na groter vryheid in byna alles wat hulle doen. Maar wat moet wanneer toegelaat word?JOU KIND SE WOEDEBUIE
Ouers ontlok dikwels onbeheerbare woedebuie by hulle kinders. Met hierdie vier eenvoudige wenke kan jy dit voorkom…BREEK DIE BEDERFSIKLUS
Om duur skoene te koop of gedurig vir jou kind verskoning te maak mag heel onskuldig klink. Maar oormatige bederf kan ook langterm...LEER JOU KIND HOE OM MET GELD TE WERK
Leer jou kind vandag hoe om met geld te werk en jy sal eendag die vrugte van n finansieel verantwoordelike volwassene pluk.
























byv, vermy kopstampsessies - hoe? ek is 'n baie desperate ma van 'n agtjarige baie eiewillige dogtertjie en ons is amper elke dag in 'n konfrontasie. sy vat net glad nie nee vir 'n antwoord nie. als moet uitgeredeneer word en ek kan net nie meer nie. is daar ma's daar buite wat soos ek voel? wat doen ander ma's in die situasie?