MAAK JOU KINDERS STERK
Is jou kind regtig gereed om die stampe en stote van die lewe te hanteer? In 'n onvoorspelbare wêreld is dít een van die beste vaardighede vir ’n suksesvolle toekoms.
2010-05-07Anita van Niekerk
Is jou kind regtig gereed om die stampe en stote van die lewe te hanteer? In 'n onvoorspelbare wêreld is dít een van die beste vaardighede vir ’n suksesvolle toekoms.
2010-05-07Anita van Niekerk
As jy geval of misluk het, is dit jou eie keuse of jy daar gaan bly lê en of jy gaan besef dat jou geluk nie van jou omstandighede afhang nie, maar van wie jy is. Jy is wie jy glo jy is, en daarom het jy nie die perfekte omstandighede nodig om gelukkig of suksesvol te wees nie.
MANIERE OM JOU KIND STERK TE MAAK VIR DIE LEWE
1. Wees liefdevol en ondersteunend … want die sekuriteit wat ’n kind daaruit put, gee hom die innerlike krag om te wil opstaan as die lewe op hom getrap het.
2. Help om waagmoed te kweek … Help jou kind glo dat hy suksesvol kan wees as hy net probeer.
3. Beoefen positiewe emosies … Leer jou kind om positiewe emosies te ervaar en uit te deel.
4. Kweek emosionele intelligensie … Luister en erken jou kinders se gevoelens.
5. Ontwikkel hulle bekwaamheid … ondersteun hulle in skoolwerk en buitemuurse aktiwiteite.
6. Moedig positiewe vriendskappe aan … ’n Gesonde sosiale netwerk laat kinders geliefd en veilig voel.
7. Stel konsekwente reëls en verwagtinge … Maak seker dat jou kind die reëls en gedrag wat van hom verwag word, verstaan.
8. Leer hulle om konflik te hanteer en vrede te maak … Leer haar om selfgeldend te wees sonder om aggressief op te tree.
Besef dat jou kinders jou dophou. Die manier hoe jy jou eie mislukkings hanteer, sal bepaal hoe hulle hul mislukkings hanteer. As jy hulle reg leer, sal hulle mislukkings hulle sterk maak vir ’n suksesvolle toekoms.
argief
HOE VEILIG IS JOU KIND HIERDIE MAAND?
Oor minder as 'n week sluit die skole en dan is ons land se kinders vir 6 weke op vakansie weens die Sokker Wêreldbeker.MAAK JOU KINDERS STERK
Is jou kind regtig gereed om die stampe en stote van die lewe te hanteer? In 'n onvoorspelbare wêreld is dít een van die beste v...MAAK JOU HUIS ’N TUISTE
"Waarom bring my kind nooit haar vriende huis toe nie?" wonder jy. Hier is 'n paar kreatiewe aanpassings waarmee jy kan verseker d...KWEEK RESPEK BY JOU KIND
Voorletters uitkerf op bome, 'n gevloek, 'n laatkommery en smalende aanmerkings oor ander kulture is maar enkele voorbeelde van disrespek ...AANVAAR DIE BRUID
Jou seun wil trou … maar hoe gemaak as jy nie tevrede is met sy keuse vir 'n bruid nie?JOU KIND AS JY SKEI
Vir jou is egskeiding 'n uitkoms ná 'n ongelukkige huwelik, maar hoekom voel jou kinders dan so skuldig?GRENSE VIR KINDERS
Die meeste kinders smag na groter vryheid in byna alles wat hulle doen. Maar wat moet wanneer toegelaat word?JOU KIND SE WOEDEBUIE
Ouers ontlok dikwels onbeheerbare woedebuie by hulle kinders. Met hierdie vier eenvoudige wenke kan jy dit voorkom…BREEK DIE BEDERFSIKLUS
Om duur skoene te koop of gedurig vir jou kind verskoning te maak mag heel onskuldig klink. Maar oormatige bederf kan ook langterm...LEER JOU KIND HOE OM MET GELD TE WERK
Leer jou kind vandag hoe om met geld te werk en jy sal eendag die vrugte van n finansieel verantwoordelike volwassene pluk.
























Dankie
Charl