94 MAAK JOU HUIS ’N TUISTE OUERSKAP a-z Articles www.voelgoed.co.za

MAAK JOU HUIS ’N TUISTE

MAAK JOU HUIS ’N TUISTE

"Waarom bring my kind nooit haar vriende huis toe nie?" wonder jy. Hier is 'n paar kreatiewe aanpassings waarmee jy kan verseker dat jou huis 'n kuierparadys word vir jou kinders – en ook hulle vriende.

2010-04-01

Rig jou huis só in om almal tuis te laat voel:

1.    ’N KOMBUIS – VIR EKSPERIMENTEER
Die meeste kinders is gaande daaroor om in die kombuis losgelaat te word. Sorg vir die nodige resepte, bestanddele en toebehore, ’n gepaste vermaning oor hoe die plek agterna moet lyk en trek die deur toe! ’n Kombuis wat af en toe op hierdie manier oorgeneem word, is ’n klein prys om te betaal vir die wete dat jou kind veilig by die huis is.

2.    ’N WASKAMER – WAAR ALMAL HELP

’n Wenresep vir gesellige samesyn is om kuiergaste ook in te span. ’n Kind wat tuis voel by ’n liefdevolle gesin sal ’n groter besef hê dat sy tuis hoort by ’n liefdevolle God en sy gesin.

3.    DIE VOORDEUR – STAAN OOP
Kinders sal weer en weer na ’n huis gaan waar hulle gasvry verwelkom word en waar mense regtig in hulle belangstel. Natuurlik is alle vriende nie ewe aanvaarbaar nie. Juis daarom moet jy saam met jou kinders ’n soort vriendskapkode opstel wat hulle sal help om vriende te kies. Jou huis is dalk vir ’n verdwaalde skaap die enigste kraal waar sy ooit met die Goeie Herder sal kennis maak.

4.    ’N GESINSKAMER – REG VIR KUIER
Prettige saamkuier is ’n moet.  In die stresgelaaide tye waarin ons leef, soek kinders des te meer hierna! As jy saam met jou kind en haar maats speel en lag, leer jy hulle ken en kan jy beter insette lewer oor dinge wat jou na aan die hart lê. Bordspeletjies, veerpyltjies, ’n tent om in die agterplaas op te slaan, balle van verskillende groottes, ’n krieketstel en ’n vlieër is goeie beleggings vir vermaaklike saamweestye.


argief

  • DIS AMPER VAKANSIETYD!

    Ai jong ... Jy hou die kalender dop en met groot oë besef jy dat dit een van die dae skoolvakansie is.
  • HOE OM JOU KIND GELUKKIG TE MAAK …

    Meer as T-hemde en tekkies, veel meer én op n ander vlak, is nodig om kinders werklik gelukkig te maak.
  • HOE OM HARDKOPPIGE KINDERS TE HANTEER

    Sy is koppig en moeilik en altyd reg om dwars te trek. Hoe help jy jou eiesinnige kind om te blom – sonder dat jý kop...
  • HOE VEILIG IS JOU KIND HIERDIE MAAND?

    Oor minder as 'n week sluit die skole en dan is ons land se kinders vir 6 weke op vakansie weens die Sokker Wêreldbeker.
  • MAAK JOU KINDERS STERK

    Is jou kind regtig gereed om die stampe en stote van die lewe te hanteer? In 'n onvoorspelbare wêreld is dít een van die beste v...
  • MAAK JOU HUIS ’N TUISTE

    "Waarom bring my kind nooit haar vriende huis toe nie?" wonder jy. Hier is 'n paar kreatiewe aanpassings waarmee jy kan verseker d...
  • KWEEK RESPEK BY JOU KIND

    Voorletters uitkerf op bome, 'n gevloek, 'n laatkommery en smalende aanmerkings oor ander kulture is maar enkele voorbeelde van disrespek ...
  • AANVAAR DIE BRUID

    Jou seun wil trou … maar hoe gemaak as jy nie tevrede is met sy keuse vir 'n bruid nie?
  • JOU KIND AS JY SKEI

    Vir jou is egskeiding 'n uitkoms ná 'n ongelukkige huwelik, maar hoekom voel jou kinders dan so skuldig?
  • GRENSE VIR KINDERS

    Die meeste kinders smag na groter vryheid in byna alles wat hulle doen. Maar wat moet wanneer toegelaat word?
soek op voelgoed

 

 

 

voelgoed

vermaak

 

 

   vg TV [kyk dit]


  

   vg OUDIO [luister dit]