94 KWEEK RESPEK BY JOU KIND OUERSKAP a-z Articles www.voelgoed.co.za

KWEEK RESPEK BY JOU KIND

KWEEK RESPEK BY JOU KIND

Voorletters uitkerf op bome, 'n gevloek, 'n laatkommery en smalende aanmerkings oor ander kulture is maar enkele voorbeelde van disrespek by kinders. Dit is egter jóú plig om respek by jou kind te kweek.

2010-01-06Don Roos

WENK 1: VOORSÊ WERK NIE – LEEF DIT!
Deur middel van voordoen, sal kinders makliker leer om respek aan plante, diere, speelgoed en ander se eiendom te betoon.

Kinders gaan die volgende by hulle ouers en ander volwassenes waarneem en naboots:
•    Jou kind sal haar liggaam (en dié van ander) respekteer en waardeer as jy dit doen. 
•    Jou hantering van ander kulture sal bepaal hoe jou kinders ander kulture sal hanteer.
•    Daag betyds op vir afsprake. Mense wat altyd laat opdaag, toon disrespek vir ander se beplanning en tyd. Jou kinders sal jou voorbeeld volg.
•    Deur ’n dier te skop en skel, kweek jy by jou kinders dieselfde disrespek wat die lewens van mense en diere op die lang duur negatief sal beïnvloed.
•    Deur in die akker te arbei, is ons kreatief besig om op ’n beskeie manier die skepping met respek voort te sit. Jou kinders sal jou voorbeeld volg.
•    Jou respek vir ander se besittings sal veroorsaak dat jou kind se aanvanklike respek vir sy eie speelgoed, klere en ander eiendom ook later oorgedra word na items wat aan ander behoort.
•    Deur regtig na jou kind te luister, voel hy of sy waardig van jou aandag. Wanneer jy nie na jou kind luister nie, doen jy hom ’n oneer aan, want jy toon disrespek.   

Wenk 2: RESPEKTEER JULLE KINDERS
Jou kind is uniek, sy behoeftes aan privaatheid, persoonlikheid, groei en ontwikkeling is soos geen ander wese nie – respekteer ook dit. Dit is ons verantwoordelikheid om onsself en ander, hulle eiendom, sowel as God se pragtige skepping te respekteer en te waardeer.

argief

  • DIS AMPER VAKANSIETYD!

    Ai jong ... Jy hou die kalender dop en met groot oë besef jy dat dit een van die dae skoolvakansie is.
  • HOE OM JOU KIND GELUKKIG TE MAAK …

    Meer as T-hemde en tekkies, veel meer én op n ander vlak, is nodig om kinders werklik gelukkig te maak.
  • HOE OM HARDKOPPIGE KINDERS TE HANTEER

    Sy is koppig en moeilik en altyd reg om dwars te trek. Hoe help jy jou eiesinnige kind om te blom – sonder dat jý kop...
  • HOE VEILIG IS JOU KIND HIERDIE MAAND?

    Oor minder as 'n week sluit die skole en dan is ons land se kinders vir 6 weke op vakansie weens die Sokker Wêreldbeker.
  • MAAK JOU KINDERS STERK

    Is jou kind regtig gereed om die stampe en stote van die lewe te hanteer? In 'n onvoorspelbare wêreld is dít een van die beste v...
  • MAAK JOU HUIS ’N TUISTE

    "Waarom bring my kind nooit haar vriende huis toe nie?" wonder jy. Hier is 'n paar kreatiewe aanpassings waarmee jy kan verseker d...
  • KWEEK RESPEK BY JOU KIND

    Voorletters uitkerf op bome, 'n gevloek, 'n laatkommery en smalende aanmerkings oor ander kulture is maar enkele voorbeelde van disrespek ...
  • AANVAAR DIE BRUID

    Jou seun wil trou … maar hoe gemaak as jy nie tevrede is met sy keuse vir 'n bruid nie?
  • JOU KIND AS JY SKEI

    Vir jou is egskeiding 'n uitkoms ná 'n ongelukkige huwelik, maar hoekom voel jou kinders dan so skuldig?
  • GRENSE VIR KINDERS

    Die meeste kinders smag na groter vryheid in byna alles wat hulle doen. Maar wat moet wanneer toegelaat word?
soek op voelgoed

 

 

 

voelgoed

vermaak

 

 

   vg TV [kyk dit]


  

   vg OUDIO [luister dit]