94 AANVAAR DIE BRUID OUERSKAP a-z Articles www.voelgoed.co.za

AANVAAR DIE BRUID

AANVAAR DIE BRUID

Jou seun wil trou … maar hoe gemaak as jy nie tevrede is met sy keuse vir 'n bruid nie?

2009-10-29Bettie Kemp

Hier is drie stappe om die situasie te hanteer:

STAP 1: PRAAT MET JOU KIND

•    In plaas daarvan om die onderwerp te vermy, doen moeite om alleentyd saam met jou kind te hê sodat julle daaroor kan gesels.
•    Praat openlik en eerlik en deel jou gevoelens sodat dit nie broeikans kry nie. Maar deel ook jou geesdrif en vaste voorneme om saam met hom én haar hierdie nuwe fase te laat werk.
•    Maak seker dat julle aan dieselfde kant van die draad staan sodat hy nie die onmoontlike keuse tussen sy ma en sy vrou moet maak nie. Só behou jy jou kind én kry jy nog een by.

STAP 2: LEER HAAR WÊRELD KEN

•    Kweek begrip vir die aanstaande vroutjie deur moeite te doen om meer van haar agtergrond te leer.
•    Vra haar uit oor haar belangstellings en doen ’n bietjie navorsing daaroor. Jy verbreed nie net jou kennis en lewensuitkyk nie, maar nou het julle ook ’n aanknopingspunt – iets om oor te praat eerder as om mekaar net uit te kyk en te veroordeel in daardie ongemaklike stiltes. Sy beleef waarskynlik dat jy na haar uitreik.

STAP 3: BEHANDEL HULLE AS GELYKES

•    Die veronderstelling dat die man die oudste moet wees, is lank reeds uitgedien. Met jongmense wat vroeg reeds selfstandig in die vreemde gereis en gewerk het, het hulle soveel keuses en is hulle soveel meer volwasse in hulle lewensuitkyk as vorige geslagte.
•    Die belangrikste is dat jou seun gelukkig is. Tensy daar ernstige waarskuwingstekens is, kan jy dus maar jou kind se oordeel vertrou.
•    Dan bly daar eintlik net een ding oor om te doen: Bid lewenslank vir seën op hulle huwelik.

Kommentaar

gesels saam


argief

  • HOE VEILIG IS JOU KIND HIERDIE MAAND?

    Oor minder as 'n week sluit die skole en dan is ons land se kinders vir 6 weke op vakansie weens die Sokker Wêreldbeker.
  • MAAK JOU KINDERS STERK

    Is jou kind regtig gereed om die stampe en stote van die lewe te hanteer? In 'n onvoorspelbare wêreld is dít een van die beste v...
  • MAAK JOU HUIS ’N TUISTE

    "Waarom bring my kind nooit haar vriende huis toe nie?" wonder jy. Hier is 'n paar kreatiewe aanpassings waarmee jy kan verseker d...
  • KWEEK RESPEK BY JOU KIND

    Voorletters uitkerf op bome, 'n gevloek, 'n laatkommery en smalende aanmerkings oor ander kulture is maar enkele voorbeelde van disrespek ...
  • AANVAAR DIE BRUID

    Jou seun wil trou … maar hoe gemaak as jy nie tevrede is met sy keuse vir 'n bruid nie?
  • JOU KIND AS JY SKEI

    Vir jou is egskeiding 'n uitkoms ná 'n ongelukkige huwelik, maar hoekom voel jou kinders dan so skuldig?
  • GRENSE VIR KINDERS

    Die meeste kinders smag na groter vryheid in byna alles wat hulle doen. Maar wat moet wanneer toegelaat word?
  • JOU KIND SE WOEDEBUIE

    Ouers ontlok dikwels onbeheerbare woedebuie by hulle kinders. Met hierdie vier eenvoudige wenke kan jy dit voorkom…
  • BREEK DIE BEDERFSIKLUS

    Om duur skoene te koop of gedurig vir jou kind verskoning te maak mag heel onskuldig klink. Maar oormatige bederf kan ook langterm...
  • LEER JOU KIND HOE OM MET GELD TE WERK

    Leer jou kind vandag hoe om met geld te werk en jy sal eendag die vrugte van n finansieel verantwoordelike volwassene pluk.