JOU KIND AS JY SKEI
Vir jou is egskeiding 'n uitkoms ná 'n ongelukkige huwelik, maar hoekom voel jou kinders dan so skuldig?
2009-10-06Suzette van der Merwe
Vir jou is egskeiding 'n uitkoms ná 'n ongelukkige huwelik, maar hoekom voel jou kinders dan so skuldig?
2009-10-06Suzette van der Merwe
Hier is drie effekte wat ’n egskeiding op kinders kan hê:
EFFEK 1: DIE SKULDEFFEK
Kinders van geskeide ouers is nie gedoem om tweederangse lewens te lei nie. Hulle hoef nie slagoffers te wees nie. Inteendeel, hulle het die vermoë om moeilike tye met deursettingsvermoë te deurstaan en as oorwinnaars daardeur te kom.
EFFEK 2: DIE KREDIETEFFEK
Kinders van skeidende ouers beskik dikwels ook oor die moed om die dinge wat hulle kan verander, met wilskrag te probeer verander. Beantwoord dus tydens ’n egskeiding al jou kinders se vrae duidelik.
Vrae waaroor die meeste kinders tydens egskeiding tob …
• Ek wonder of my ouers ooit weer by mekaar sal uitkom?
• Wat het ek gedoen dat my ouers skei?
• Is my pa regtig lief vir my? As hy is, hoekom sien ek hom so min en is hy regtig so besig soos wat hy sê hy is?
• Hoekom kon hulle nie getroud bly ter wille van my nie?
• Ek wonder watter soort ouer ek eendag gaan wees aangesien ek nie in ’n “normale” huis grootgeword het nie?
EFFEK 3: DIE SKADEBEPERKING
Elke geskeide ouer moet soveel moontlik doen om die skade wat egskeiding op kinders het, te beperk.
Praktiese riglyne:
• Moenie kinders by besoekregte en –reëlings betrek nie;
• Moenie dat kinders tussen ouers kies nie;
• Kinders moenie boodskappe tussen ouers aandra nie;
• Geldsake moet liefs van die kinders weggehou word;
• Verhinder dat ’n kind die plek van die afwesige ouer inneem;
• Kinders se hartseer moet uitgepraat word. Roep die hulp van ’n sielkundige of berader in as ’n kind sukkel om haar hartseer te verwerk; en
• Gun kinders minstens twee jaar voordat ’n nuwe verhouding aangegaan word.
argief
DIS AMPER VAKANSIETYD!
Ai jong ... Jy hou die kalender dop en met groot oë besef jy dat dit een van die dae skoolvakansie is.HOE OM JOU KIND GELUKKIG TE MAAK …
Meer as T-hemde en tekkies, veel meer én op n ander vlak, is nodig om kinders werklik gelukkig te maak.HOE OM HARDKOPPIGE KINDERS TE HANTEER
Sy is koppig en moeilik en altyd reg om dwars te trek. Hoe help jy jou eiesinnige kind om te blom – sonder dat jý kop...HOE VEILIG IS JOU KIND HIERDIE MAAND?
Oor minder as 'n week sluit die skole en dan is ons land se kinders vir 6 weke op vakansie weens die Sokker Wêreldbeker.MAAK JOU KINDERS STERK
Is jou kind regtig gereed om die stampe en stote van die lewe te hanteer? In 'n onvoorspelbare wêreld is dít een van die beste v...MAAK JOU HUIS ’N TUISTE
"Waarom bring my kind nooit haar vriende huis toe nie?" wonder jy. Hier is 'n paar kreatiewe aanpassings waarmee jy kan verseker d...KWEEK RESPEK BY JOU KIND
Voorletters uitkerf op bome, 'n gevloek, 'n laatkommery en smalende aanmerkings oor ander kulture is maar enkele voorbeelde van disrespek ...AANVAAR DIE BRUID
Jou seun wil trou … maar hoe gemaak as jy nie tevrede is met sy keuse vir 'n bruid nie?JOU KIND AS JY SKEI
Vir jou is egskeiding 'n uitkoms ná 'n ongelukkige huwelik, maar hoekom voel jou kinders dan so skuldig?GRENSE VIR KINDERS
Die meeste kinders smag na groter vryheid in byna alles wat hulle doen. Maar wat moet wanneer toegelaat word?


.jpg)




.jpg)

















