94 JOU KIND AS JY SKEI OUERSKAP a-z Articles www.voelgoed.co.za

JOU KIND AS JY SKEI

JOU KIND AS JY SKEI

Vir jou is egskeiding 'n uitkoms ná 'n ongelukkige huwelik, maar hoekom voel jou kinders dan so skuldig?

2009-10-06Suzette van der Merwe

Hier is drie effekte wat ’n egskeiding op kinders kan hê:

EFFEK 1: DIE SKULDEFFEK

Kinders van geskeide ouers is nie gedoem om tweederangse lewens te lei nie. Hulle hoef nie slagoffers te wees nie. Inteendeel, hulle het die vermoë om moeilike tye met deursettingsvermoë te deurstaan en as oorwinnaars daardeur te kom.

EFFEK 2: DIE KREDIETEFFEK

Kinders van skeidende ouers beskik dikwels ook oor die moed om die dinge wat hulle kan verander, met wilskrag te probeer verander. Beantwoord dus tydens ’n egskeiding al jou kinders se vrae duidelik. 

Vrae waaroor die meeste kinders tydens egskeiding tob …


•    Ek wonder of my ouers ooit weer by mekaar sal uitkom?
•    Wat het ek gedoen dat my ouers skei?
•    Is my pa regtig lief vir my? As hy is, hoekom sien ek hom so min en is hy regtig so besig soos wat hy sê hy is?
•    Hoekom kon hulle nie getroud bly ter wille van my nie?
•    Ek wonder watter soort ouer ek eendag gaan wees aangesien ek nie in ’n “normale” huis grootgeword het nie?

EFFEK 3: DIE SKADEBEPERKING

Elke geskeide ouer moet soveel moontlik doen om die skade wat egskeiding op kinders het, te beperk.

Praktiese riglyne:

•    Moenie kinders by besoekregte en –reëlings betrek nie;
•    Moenie dat kinders tussen ouers kies nie;
•    Kinders moenie boodskappe tussen ouers aandra nie;
•    Geldsake moet liefs van die kinders weggehou word;
•    Verhinder dat ’n kind die plek van die afwesige ouer inneem;
•    Kinders se hartseer moet uitgepraat word. Roep die hulp van ’n sielkundige of berader in as ’n kind sukkel om haar hartseer te verwerk; en
•    Gun kinders minstens twee jaar voordat ’n nuwe verhouding aangegaan word.

Kommentaar
  • My kinders is baie meer selfstandig, verantwoordelik, gedissiplineerd na die egskeiding. Ek vermy konflik met X man, al wil ek soveel keer my se, se, dan dink ek wat dit aan my kind gaan doen. Wat is dit wat gaan vassteek in sy onderbewussyn as hy groot is? 'n Ma wat heeldag gekerm het oor hul pa, of oor die wyse waarop gereageer het as die moeilikheid kom. Dis 2 kinder hartjies wat ek kan maak of breek. Dink 1ste aan dit voordat jy lelik raak met jou X. Ek wil sterk-emosionele volwassenes van hul maak.
  • hoe maak ek as kinders nie vir ma wil gaan kuier nie,wie kan my help
  • wat is die regte wat my pa oor my het maar ek bly saam in my ma se hys saam ha man haa van is na syne toe vernoem maar myne is die selfde as my pa sin my regte pa sin
  • SOEK RAAD : Kinders se hartseer moet uitgepraat word. Roep die hulp van ’n sielkundige of berader in as ’n kind sukkel om haar hartseer te verwerk, WIE KAN EK KONTAK IN DIE BRITS NOORDWES OMGEWING; OUDSTE DOGTER VAN 10 KOM NIE OOR DIE WEG MET MAMMA SE NUWE VRIEND NIE

gesels saam


argief

  • HOE VEILIG IS JOU KIND HIERDIE MAAND?

    Oor minder as 'n week sluit die skole en dan is ons land se kinders vir 6 weke op vakansie weens die Sokker Wêreldbeker.
  • MAAK JOU KINDERS STERK

    Is jou kind regtig gereed om die stampe en stote van die lewe te hanteer? In 'n onvoorspelbare wêreld is dít een van die beste v...
  • MAAK JOU HUIS ’N TUISTE

    "Waarom bring my kind nooit haar vriende huis toe nie?" wonder jy. Hier is 'n paar kreatiewe aanpassings waarmee jy kan verseker d...
  • KWEEK RESPEK BY JOU KIND

    Voorletters uitkerf op bome, 'n gevloek, 'n laatkommery en smalende aanmerkings oor ander kulture is maar enkele voorbeelde van disrespek ...
  • AANVAAR DIE BRUID

    Jou seun wil trou … maar hoe gemaak as jy nie tevrede is met sy keuse vir 'n bruid nie?
  • JOU KIND AS JY SKEI

    Vir jou is egskeiding 'n uitkoms ná 'n ongelukkige huwelik, maar hoekom voel jou kinders dan so skuldig?
  • GRENSE VIR KINDERS

    Die meeste kinders smag na groter vryheid in byna alles wat hulle doen. Maar wat moet wanneer toegelaat word?
  • JOU KIND SE WOEDEBUIE

    Ouers ontlok dikwels onbeheerbare woedebuie by hulle kinders. Met hierdie vier eenvoudige wenke kan jy dit voorkom…
  • BREEK DIE BEDERFSIKLUS

    Om duur skoene te koop of gedurig vir jou kind verskoning te maak mag heel onskuldig klink. Maar oormatige bederf kan ook langterm...
  • LEER JOU KIND HOE OM MET GELD TE WERK

    Leer jou kind vandag hoe om met geld te werk en jy sal eendag die vrugte van n finansieel verantwoordelike volwassene pluk.