94 GRENSE VIR KINDERS OUERSKAP a-z Articles www.voelgoed.co.za

GRENSE VIR KINDERS

GRENSE VIR KINDERS

Die meeste kinders smag na groter vryheid in byna alles wat hulle doen. Maar wat moet wanneer toegelaat word?

2009-09-14Anita van Niekerk

Wanneer is jou kind gereed om …

1.    … UIT TE SLAAP? 
Jou kind se veiligheid en welstand kom altyd eerste. Baie kleintjies het ’n behoefte om by maatjies oor te slaap, maar hulle is dikwels nie emosioneel hiervoor gereed nie. Begin met ’n oor en weer spelery en rek dit dan totdat jou kind gereed is om te oornag.

2.    … SAKGELD TE VERDIEN

Sakgeld leer kinders hoe om met geld te werk en te begroot. Besluit waarvoor jou kinders hulle sakgeld moet gebruik – dit sal die bedrag bepaal. 

3.    … LATER IN TE KOM?
Stiptelikheid is belangrik. Jy moet weet saam met wie hulle gaan, waarheen en wanneer hulle terug sal wees. As hulle planne verander, moet hulle jou laat weet.

4.    … OP 'N DATE TE GAAN?
Op hoërskool is graad tien die ouderdom wanneer ’n seun en meisie op ’n date kan gaan. Weer eens, wéét presies: Wie? Waar? Wanneer? en Hoe? As jy onseker voel, nooi die outjie vir ’n braai en leer hom beter ken. Moenie te streng wees nie, want dit laat kinders uit rebelsheid die grense ignoreer.

5.    … TE BEGIN WERK?

Kinders is reeds onder soveel druk dat die bietjie tyd vir ontspanning eerder daarvoor gebruik moet word. Hulle sal baie tyd hê om te werk wanneer hulle eers groot is. Moet dit nie aanmoedig of ontmoedig nie. As jou kind dit egter graag wil doen, gee haar die geleentheid. 

6.    … MOTOR TE BESTUUR?
Kinders kry ’n leerlinglisensie op sewentien en ’n bestuurderslisensie op agtien. As jy min geduld het, laat die leerdery aan iemand anders oor. Jou ongeduld sal hulle net angstig maak.

argief

  • DIS AMPER VAKANSIETYD!

    Ai jong ... Jy hou die kalender dop en met groot oë besef jy dat dit een van die dae skoolvakansie is.
  • HOE OM JOU KIND GELUKKIG TE MAAK …

    Meer as T-hemde en tekkies, veel meer én op n ander vlak, is nodig om kinders werklik gelukkig te maak.
  • HOE OM HARDKOPPIGE KINDERS TE HANTEER

    Sy is koppig en moeilik en altyd reg om dwars te trek. Hoe help jy jou eiesinnige kind om te blom – sonder dat jý kop...
  • HOE VEILIG IS JOU KIND HIERDIE MAAND?

    Oor minder as 'n week sluit die skole en dan is ons land se kinders vir 6 weke op vakansie weens die Sokker Wêreldbeker.
  • MAAK JOU KINDERS STERK

    Is jou kind regtig gereed om die stampe en stote van die lewe te hanteer? In 'n onvoorspelbare wêreld is dít een van die beste v...
  • MAAK JOU HUIS ’N TUISTE

    "Waarom bring my kind nooit haar vriende huis toe nie?" wonder jy. Hier is 'n paar kreatiewe aanpassings waarmee jy kan verseker d...
  • KWEEK RESPEK BY JOU KIND

    Voorletters uitkerf op bome, 'n gevloek, 'n laatkommery en smalende aanmerkings oor ander kulture is maar enkele voorbeelde van disrespek ...
  • AANVAAR DIE BRUID

    Jou seun wil trou … maar hoe gemaak as jy nie tevrede is met sy keuse vir 'n bruid nie?
  • JOU KIND AS JY SKEI

    Vir jou is egskeiding 'n uitkoms ná 'n ongelukkige huwelik, maar hoekom voel jou kinders dan so skuldig?
  • GRENSE VIR KINDERS

    Die meeste kinders smag na groter vryheid in byna alles wat hulle doen. Maar wat moet wanneer toegelaat word?
soek op voelgoed

 

 

 

voelgoed

vermaak

 

 

   vg TV [kyk dit]


  

   vg OUDIO [luister dit]