94 GRENSE VIR KINDERS OUERSKAP a-z Articles www.voelgoed.co.za

GRENSE VIR KINDERS

GRENSE VIR KINDERS

Die meeste kinders smag na groter vryheid in byna alles wat hulle doen. Maar wat moet wanneer toegelaat word?

2009-09-14Anita van Niekerk

Wanneer is jou kind gereed om …

1.    … UIT TE SLAAP? 
Jou kind se veiligheid en welstand kom altyd eerste. Baie kleintjies het ’n behoefte om by maatjies oor te slaap, maar hulle is dikwels nie emosioneel hiervoor gereed nie. Begin met ’n oor en weer spelery en rek dit dan totdat jou kind gereed is om te oornag.

2.    … SAKGELD TE VERDIEN

Sakgeld leer kinders hoe om met geld te werk en te begroot. Besluit waarvoor jou kinders hulle sakgeld moet gebruik – dit sal die bedrag bepaal. 

3.    … LATER IN TE KOM?
Stiptelikheid is belangrik. Jy moet weet saam met wie hulle gaan, waarheen en wanneer hulle terug sal wees. As hulle planne verander, moet hulle jou laat weet.

4.    … OP 'N DATE TE GAAN?
Op hoërskool is graad tien die ouderdom wanneer ’n seun en meisie op ’n date kan gaan. Weer eens, wéét presies: Wie? Waar? Wanneer? en Hoe? As jy onseker voel, nooi die outjie vir ’n braai en leer hom beter ken. Moenie te streng wees nie, want dit laat kinders uit rebelsheid die grense ignoreer.

5.    … TE BEGIN WERK?

Kinders is reeds onder soveel druk dat die bietjie tyd vir ontspanning eerder daarvoor gebruik moet word. Hulle sal baie tyd hê om te werk wanneer hulle eers groot is. Moet dit nie aanmoedig of ontmoedig nie. As jou kind dit egter graag wil doen, gee haar die geleentheid. 

6.    … MOTOR TE BESTUUR?
Kinders kry ’n leerlinglisensie op sewentien en ’n bestuurderslisensie op agtien. As jy min geduld het, laat die leerdery aan iemand anders oor. Jou ongeduld sal hulle net angstig maak.

Kommentaar

gesels saam


argief

  • HOE VEILIG IS JOU KIND HIERDIE MAAND?

    Oor minder as 'n week sluit die skole en dan is ons land se kinders vir 6 weke op vakansie weens die Sokker Wêreldbeker.
  • MAAK JOU KINDERS STERK

    Is jou kind regtig gereed om die stampe en stote van die lewe te hanteer? In 'n onvoorspelbare wêreld is dít een van die beste v...
  • MAAK JOU HUIS ’N TUISTE

    "Waarom bring my kind nooit haar vriende huis toe nie?" wonder jy. Hier is 'n paar kreatiewe aanpassings waarmee jy kan verseker d...
  • KWEEK RESPEK BY JOU KIND

    Voorletters uitkerf op bome, 'n gevloek, 'n laatkommery en smalende aanmerkings oor ander kulture is maar enkele voorbeelde van disrespek ...
  • AANVAAR DIE BRUID

    Jou seun wil trou … maar hoe gemaak as jy nie tevrede is met sy keuse vir 'n bruid nie?
  • JOU KIND AS JY SKEI

    Vir jou is egskeiding 'n uitkoms ná 'n ongelukkige huwelik, maar hoekom voel jou kinders dan so skuldig?
  • GRENSE VIR KINDERS

    Die meeste kinders smag na groter vryheid in byna alles wat hulle doen. Maar wat moet wanneer toegelaat word?
  • JOU KIND SE WOEDEBUIE

    Ouers ontlok dikwels onbeheerbare woedebuie by hulle kinders. Met hierdie vier eenvoudige wenke kan jy dit voorkom…
  • BREEK DIE BEDERFSIKLUS

    Om duur skoene te koop of gedurig vir jou kind verskoning te maak mag heel onskuldig klink. Maar oormatige bederf kan ook langterm...
  • LEER JOU KIND HOE OM MET GELD TE WERK

    Leer jou kind vandag hoe om met geld te werk en jy sal eendag die vrugte van n finansieel verantwoordelike volwassene pluk.