94 JOU KIND SE WOEDEBUIE OUERSKAP a-z Articles www.voelgoed.co.za

JOU KIND SE WOEDEBUIE

JOU KIND SE WOEDEBUIE

Ouers ontlok dikwels onbeheerbare woedebuie by hulle kinders. Met hierdie vier eenvoudige wenke kan jy dit voorkom…

2009-08-24Ansie Kitching

WENK 1: LUISTER NA HAAR


•    Om effektief na jou kind se behoeftes om te sien, moet jy besef dat dit veel meer as net die fisieke behels. Sy wil graag jou aanvaarding, erkenning, liefde en ondersteuning ook hê. Om dit te gee, moet jou oor op jou kind se hart wees, aangesien behoeftes dikwels agter woorde skuil. 

WENK 2: DISSIPLINEER MET LIEFDE


•    ’n Kind wat net gestraf word, raak gou gefrustreerd – gee ook leiding om die regte gedrag aan te leer. Stel vir jou kind duidelike grense en erkenning vir positiewe gedrag. ’n Kind wat nooit tot verantwoording geroep word nie, leer immers nie waar die grense lê nie. Straf is daarom onafwendbaar deel van dissipline, maar die manier waarop jy dit toedien, is die deurslaggewende faktor. 

WENK 3:
LAG SAAM MET JOU KIND


•    ’n Teregwysing wat met humor ingekleur is, word dikwels in ’n beter lig gesien as ’n sedepreek. Dit is dus goed om soms saam met jou kind vir jou eie foute te lag. Om ’n gepaste poets te bak, kan kommunikeer dat jy omgee en dit is veilige humor. Sorg egter dat jou lag groei teweegbring en nie pyn wat in woede omskakel nie.

WENK 4: WEG MET DIE FRUSTRASIE


•    Omdat woede as onaanvaarbaar geklassifiseer word, maak ons die fout om dit by ons kinders te onderdruk. Die kans is dan soveel groter om deur opgeboude woede getref te word wanneer jy dit die minste verwag. Leer jou kind vroegtydig om op ’n gepaste manier aan woede en frustrasie uiting te gee. 


Kommentaar

gesels saam


argief

  • HOE VEILIG IS JOU KIND HIERDIE MAAND?

    Oor minder as 'n week sluit die skole en dan is ons land se kinders vir 6 weke op vakansie weens die Sokker Wêreldbeker.
  • MAAK JOU KINDERS STERK

    Is jou kind regtig gereed om die stampe en stote van die lewe te hanteer? In 'n onvoorspelbare wêreld is dít een van die beste v...
  • MAAK JOU HUIS ’N TUISTE

    "Waarom bring my kind nooit haar vriende huis toe nie?" wonder jy. Hier is 'n paar kreatiewe aanpassings waarmee jy kan verseker d...
  • KWEEK RESPEK BY JOU KIND

    Voorletters uitkerf op bome, 'n gevloek, 'n laatkommery en smalende aanmerkings oor ander kulture is maar enkele voorbeelde van disrespek ...
  • AANVAAR DIE BRUID

    Jou seun wil trou … maar hoe gemaak as jy nie tevrede is met sy keuse vir 'n bruid nie?
  • JOU KIND AS JY SKEI

    Vir jou is egskeiding 'n uitkoms ná 'n ongelukkige huwelik, maar hoekom voel jou kinders dan so skuldig?
  • GRENSE VIR KINDERS

    Die meeste kinders smag na groter vryheid in byna alles wat hulle doen. Maar wat moet wanneer toegelaat word?
  • JOU KIND SE WOEDEBUIE

    Ouers ontlok dikwels onbeheerbare woedebuie by hulle kinders. Met hierdie vier eenvoudige wenke kan jy dit voorkom…
  • BREEK DIE BEDERFSIKLUS

    Om duur skoene te koop of gedurig vir jou kind verskoning te maak mag heel onskuldig klink. Maar oormatige bederf kan ook langterm...
  • LEER JOU KIND HOE OM MET GELD TE WERK

    Leer jou kind vandag hoe om met geld te werk en jy sal eendag die vrugte van n finansieel verantwoordelike volwassene pluk.