BREEK DIE BEDERFSIKLUS
Om duur skoene te koop of gedurig vir jou kind verskoning te maak mag heel onskuldig klink. Maar oormatige bederf kan ook langtermyn-gevolge hê …
2009-07-07Marietjie Smith
Om duur skoene te koop of gedurig vir jou kind verskoning te maak mag heel onskuldig klink. Maar oormatige bederf kan ook langtermyn-gevolge hê …
2009-07-07Marietjie Smith
As jou kind tot nou toe met moord weggekom het, is dit nog nie te laat nie. Om die bederfsiklus te breek moet jy…
• … nie afhanklik wees van haar goedkeuring nie.
As jou kind ’n emosionele uitbarsting het, wys empatie, maar bly by die reëls en wees bereid om ’n oomblik lank ongewild te wees.
• … nie haar probleme oplos nie.
Kinders moet eienaarskap van hulle probleme en die gevolge daarvan aanvaar.
Vervang negatiewe optrede met dié positiewe gedrag …
• WYS JOU KIND DAT SY NIE DIE ENIGSTE EEN IS WAT BELANGRIK IS NIE.
Jou kind is geneig om te dink dat haar ouers, onderwysers en vriende ter wille van haar bestaan. Om haar die teendeel te leer, moet jy self duidelike grense hê.
• WEES BEREID OM JOU KIND SE SEER EN FRUSTRASIE WEENS TYDELIKE DISSIPLINE TE VERDUUR SODAT SY DAARDEUR KAN GROEI.
As jou kind huil oor ’n duur speelding, ontwerpersklere, huiswerk, huistake of ’n verlore geleentheid omdat sy nie haar deel gedoen het nie … wat gaan jy daaraan doen? Jou antwoord hierop het ongelooflike implikasies vir haar karaktervorming. Moenie dat jou kind se pyn jou besluite rig nie. Sy sal uiteindelik besef dat jou optrede wys hoeveel jy werklik omgee.
• LEER JOU KIND DANKBAARHEID
Handhaaf altyd ’n balans tussen die voorsiening van behoeftes en die belewing van gesonde frustrasie by jou kind, want sy kan nie alles kry wat sy sien nie. Beperkings wat lei tot gesonde frustrasie is wanneer ek seker maak my kind kry nie in oormaat nie, is nie totaal in beheer van alles nie en ervaar die gevolge van haar keuses.
argief
HOE VEILIG IS JOU KIND HIERDIE MAAND?
Oor minder as 'n week sluit die skole en dan is ons land se kinders vir 6 weke op vakansie weens die Sokker Wêreldbeker.MAAK JOU KINDERS STERK
Is jou kind regtig gereed om die stampe en stote van die lewe te hanteer? In 'n onvoorspelbare wêreld is dít een van die beste v...MAAK JOU HUIS ’N TUISTE
"Waarom bring my kind nooit haar vriende huis toe nie?" wonder jy. Hier is 'n paar kreatiewe aanpassings waarmee jy kan verseker d...KWEEK RESPEK BY JOU KIND
Voorletters uitkerf op bome, 'n gevloek, 'n laatkommery en smalende aanmerkings oor ander kulture is maar enkele voorbeelde van disrespek ...AANVAAR DIE BRUID
Jou seun wil trou … maar hoe gemaak as jy nie tevrede is met sy keuse vir 'n bruid nie?JOU KIND AS JY SKEI
Vir jou is egskeiding 'n uitkoms ná 'n ongelukkige huwelik, maar hoekom voel jou kinders dan so skuldig?GRENSE VIR KINDERS
Die meeste kinders smag na groter vryheid in byna alles wat hulle doen. Maar wat moet wanneer toegelaat word?JOU KIND SE WOEDEBUIE
Ouers ontlok dikwels onbeheerbare woedebuie by hulle kinders. Met hierdie vier eenvoudige wenke kan jy dit voorkom…BREEK DIE BEDERFSIKLUS
Om duur skoene te koop of gedurig vir jou kind verskoning te maak mag heel onskuldig klink. Maar oormatige bederf kan ook langterm...LEER JOU KIND HOE OM MET GELD TE WERK
Leer jou kind vandag hoe om met geld te werk en jy sal eendag die vrugte van n finansieel verantwoordelike volwassene pluk.























