SJOKOLADEFUDGE-KOEK
2010-08-31
2010-08-31
(10-12 mense)
75 g botter
5 ml vanielje-ekstrak
8 groot eiers
350 g suiker
75 g kakaopoeier
140 g meel
Fudgevulsel
200 ml room
155 g botter
375 g donker sjokolade, gekap
KOM ONS KOOK
Voorverhit die oond tot 180°C.
• Voer die basis van twee ronde koekpanne van 20 cm elk uit met bakpapier.
• Smelt die botter en vanielje-ekstrak in pan oor lae hitte, sit eenkant om af te koel.
• Meng eiers en suiker vir 8 minute of tot lig en romerig en die inhoud vier keer die oorspronklike is.
• Sif kakao en meel twee maal, voeg by eiermengsel, vou bottermengsel liggies by, net tot gemeng.
• Deel mengsel en skep in twee koekpanne.
• Bak vir 25 minute of tot koek weggetrek van die panne se kante af.
• Koel af in panne, sny elke koek in twee lae.
Fudgevulsel
• Verhit die room, botter en sjokolade in pan oor lae hitte tot gesmelt.
• Haal van hitte af, plaas in yskas om af te koel, klits met menger tot lig en pofferig.
• Plaas een laag koek op opdienbord, smeer met vulsel, herhaal.
Wenk
Versier met vars laventel of pers gesiggies of viooltjieblommetjies.
argief
SALADE NICOICE
Slaai as 'n maaltyd!HOENDER- EN SPINASIEPASTEITJIES
HEEL GEBAKTE SALM
Bedien met gegeurde rys en 'n groen slaai.TAMATIE-MOSSELSOP
GEVULDE FILET
GESONDE SEMELMUFFINS
Finesse het in die Augustus uitgawe gesê dat julle 'n gesonde semelmuffin-resep op voelgoed.co.za kan kry. Wel, hier is dit nou! ...KAASSOUFFLÉ
NAMIBIESE LAMSBOUD
Sprinkel die olywe, sonneblomsaad en kersietamaties bo-oor.GARNALE OP 'N STOKKIE
BLOMKOOL IN SPESERY-KLAPPERSOUS


.jpg)




.jpg)

















