89 SJOKOLADEFUDGE-KOEK KOS is op die tafel Articles www.voelgoed.co.za

SJOKOLADEFUDGE-KOEK

SJOKOLADEFUDGE-KOEK

2010-08-31

(10-12 mense)

75 g botter
5 ml vanielje-ekstrak
8 groot eiers
350 g suiker
75 g kakaopoeier
140 g meel

Fudgevulsel
200 ml room
155 g botter
375 g donker sjokolade, gekap

KOM ONS KOOK

Voorverhit die oond tot 180°C.

•    Voer die basis van twee ronde koekpanne van 20 cm elk uit met bakpapier.
•    Smelt die botter en vanielje-ekstrak in pan oor lae hitte, sit eenkant om af te koel.
•    Meng eiers en suiker vir 8 minute of tot lig en romerig en die inhoud vier keer die oorspronklike is.
•    Sif kakao en meel twee maal, voeg by eiermengsel, vou bottermengsel liggies by, net tot gemeng.
•    Deel mengsel en skep in twee koekpanne.
•    Bak vir 25 minute of tot koek weggetrek van die panne se kante af.
•    Koel af in panne, sny elke koek in twee lae.

Fudgevulsel

•    Verhit die room, botter en sjokolade in pan oor lae hitte tot gesmelt.
•    Haal van hitte af, plaas in yskas om af te koel, klits met menger tot lig en pofferig.
•    Plaas een laag koek op opdienbord, smeer met vulsel, herhaal.

Wenk

Versier met vars laventel of pers gesiggies of viooltjieblommetjies.

Kommentaar
  • Vrek dit lyk lekker, my mond water drull drull drull !!!!!!!!!!!!!!!!!

gesels saam


argief