89 VOLSTRUISFRIKKADELLE MET FRAMBOOSSOUS KOS is op die tafel Articles www.voelgoed.co.za

VOLSTRUISFRIKKADELLE MET FRAMBOOSSOUS

VOLSTRUISFRIKKADELLE MET FRAMBOOSSOUS

2010-08-30

BESTANDDELE

500g       volstruismaalvleis
10ml       tiemie
2ml         paprika
2ml         wonderpeper (allspice)
15ml       pietersielie, fyn gekap
1ui          baie fyn gekap
3            knoffelhuisies, fyngedruk
95ml       olyfolie
1            sny witbrood se krummels
2            eiers
40ml       bruinsuiker
10ml       mielieblom
250ml     bloubessiesap
250g       bevrore frambose
growwesout en varsgemaalde swartpeper

KOM ONS KOOK

•    Meng die maalvleis, tiemie, paprika, wonderpeper, pietersielie, ui en knoffel.
•    Voeg 45 ml van die olyfolie, die broodkrummels en die eiers by.
•    Meng en laat rus vir 10 minute.
•    Verhit intussen die suiker en 200 ml van die bessiesap, en roer totdat al die suiker opgelos het.
•    Meng die mielieblom met die res van die sap. Voeg die mengsel by die suiker en bessiesap en kook tot dit verdik.
•    Voeg die bevrore frambose by en kook vir nog 5 minute. Hou eenkant.
•    Verdeel die maalvleis in ewe groot bolletjies. Rol in stewige frikkadelle.
•    Verhit 95 ml olyfolie in ʼn pan en braai die vleis tot bruin. Draai gereeld om.
•    Verlaag die hitte, plaas die deksel op en prut vir 15 minute.
•    Voeg die sous by en laat vir 3 minute prut. Skep uit en bedien dadelik. 

GENOEG VIR 6 PERSONE
VOORBEREIDINGSTYD: 30 MIN
GAARMAAKTYD: 35 MIN

Kommentaar

gesels saam


argief