ROMERIGE GROENTE-EN-AVOKADOSOP
2010-08-27
2010-08-27
BESTANDDELE
125g repe spek
30ml avokado-olie
160ml stingelui, dun gekerf
160ml prei, dun gekerf
1 ui fyn gekerf
500ml water
750ml hoenderaftreksel
750ml groente-aftreksel
250ml room
30ml sjerrie
10g vars basiliekruid
1 knoffelhuisie, fyngedruk
2 aartappels, in blokkies gesny
4 wortels, in dun ringe gesny
2 avokado’s
1 suurlemoen
growwesout en varsgemaalde swartpeper
KOM ONS KOOK
• Braai die spek tot bros. Skep uit, maar behou die vet in die pot. Hou die spek eenkant.
• Verhit die vet en avokado-olie saam. Soteer die stingelui, prei en ui daarin.
• Voeg die knoffel by en roerbraai vir ʼn minuut.
• Voeg die aartappels, wortels, water en aftreksels by.
• Geur met sout en peper na smaak.
• Verlaag die hitte, sit die deksel op en prut vir 30 minute.
• Sny die avokado in wiggies. Gooi die suurlemoenskil en sap oor. Hou 2 wiggies eenkant. Laat die sop effens afkoel. Voeg die avokado, room, suurlemoenskil en sap by.
• Verpulp in ʼn voedselverwerker tot glad.
• Voeg die sjerrie en brosgebraaide spekstukkies by en verhit die sop tot deurwarm.
• Skep die sop in bakkies en garneer met avokadostukkies en basiliekruid.
GENOEG VIR 6 PERSONE
VOORBEREIDINGSTYD: 20 MIN
GAARMAAKTYD: 30 MIN
argief
SALADE NICOICE
Slaai as 'n maaltyd!HOENDER- EN SPINASIEPASTEITJIES
HEEL GEBAKTE SALM
Bedien met gegeurde rys en 'n groen slaai.TAMATIE-MOSSELSOP
GEVULDE FILET
GESONDE SEMELMUFFINS
Finesse het in die Augustus uitgawe gesê dat julle 'n gesonde semelmuffin-resep op voelgoed.co.za kan kry. Wel, hier is dit nou! ...KAASSOUFFLÉ
NAMIBIESE LAMSBOUD
Sprinkel die olywe, sonneblomsaad en kersietamaties bo-oor.GARNALE OP 'N STOKKIE
BLOMKOOL IN SPESERY-KLAPPERSOUS


.jpg)




.jpg)

















