WARM VARKFILET-EN-APPELSLAAI MET 'N VINAIGRETTE
2010-08-25
2010-08-25
BESTANDDELE
700g varkfilet
6 Granny Smith appels
40g botter
30ml bruinsuiker
275g snye ciabattabrood
45ml olyfolie
70g roketblare
70g bronkors (watercress)
200g mozzarellabolletjies (bocconcini)
125ml appelasyn
250ml ekstra suiwer olyfolie
1 knoffelhuisie, fyngedruk
10ml heuning
2ml mosterd
growwesout en varsgemaalde swartpeper
KOM ONS KOOK
• Verhit die oond tot 180 ˚C.
• Sny die filet skuins in dun skywe.
• Sny elke appel in 4 dik skywe. Sit die appels in ʼn bak, bedek en mikrogolf vir 2 minute.
• Verhit die botter in ʼn pan, voeg die suiker en ʼn knippie swartpeper by.
• Braai die appelskywe tot gekaramelliseer en draai om. Skep uit en hou eenkant.
• Breek die ciabatta in groot stukke. Plaas op ʼn bakplaat en bedruip met olyfolie.
• Bak vir 10 minute tot ligbruin en bros.
• Braai die filetskywe in die pan waarin die appels gebraai is. Voeg ’n bietjie olyfolie by indien nodig.
• Geur met sout en peper na smaak. Skep uit en laat effens afkoel.
• Rangskik die roket, bronkors, bocconcini, filetskywe, appels en ciabatta saam vir die slaai.
• Maak ʼn vinaigrette met die res van die bestanddele en drup oor die slaai.
• Bedien dadelik.
GENOEG VIR 6 PERSONE
VOORBEREIDINGSTYD: 10 MIN
GAARMAAKTYD: 30 MIN
argief
SALADE NICOICE
Slaai as 'n maaltyd!HOENDER- EN SPINASIEPASTEITJIES
HEEL GEBAKTE SALM
Bedien met gegeurde rys en 'n groen slaai.TAMATIE-MOSSELSOP
GEVULDE FILET
GESONDE SEMELMUFFINS
Finesse het in die Augustus uitgawe gesê dat julle 'n gesonde semelmuffin-resep op voelgoed.co.za kan kry. Wel, hier is dit nou! ...KAASSOUFFLÉ
NAMIBIESE LAMSBOUD
Sprinkel die olywe, sonneblomsaad en kersietamaties bo-oor.GARNALE OP 'N STOKKIE
BLOMKOOL IN SPESERY-KLAPPERSOUS


.jpg)




.jpg)

















