LEMOEN-BROODBOLLETJIES
2010-08-23
2010-08-23
1,2 kg witbrooddeeg (vra by jou supermark – genoeg vir een brood)
125 ml vars room
125 ml bruinsuiker
2,5 ml lemoengeursel
30 ml botter
125 ml bruinsuiker
200 ml vars lemoensap (die sap van twee lemoene)
1 kaneelstokkie
30 ml mielieblom
KOM ONS BAK
• Laat die brooddeeg teen kamertemperatuur uitrys (sowat 30 minute).
• Sit die room, eerste hoeveelheid suiker en geursel in ’n groot, ronde oondvaste skottel (deursnee van 40cm).
• Maak bolletjies so groot soos gholfballe van die deeg en pak los bo-op die room. Laat genoeg spasie tussen die bolletjies. Onthou, hulle rys tot meer as dubbeld hulle grootte.
• Gooi ’n afdroogdoek oor en laat weer op ’n warm plek tot dubbel die volume rys.
• Verhit die oond intussen tot 180˚C.
• Smelt ook intussen die botter en tweede hoeveelheid suiker in ’n klein kastrolletjie.
• Voeg die helfte van die lemoensap en die kaneelstokkie by en laat prut.
• Meng die ander helfte van die sap met die mielieblom en roer goed.
• Voeg dit by die sap in die kastrol. Roer aanhoudend tot dit dik word.
• Haal van die plaat af en laat staan tot die deeg klaar gerys het. Haal die kaneelstokkie uit.
• Gooi nou oor die gerysde bolletjies en plaas in die oond. Bak vir 20 minute.
• Haal die broodbolletjies uit die oond en laat effens afkoel.
MAAK SOWAT 28 BOLLETJIES
VOORBEREIDINGSTYD: 40 MIN.
RYSTYD: 30 MIN.
BAKTYD: 20 MIN.
OONDTEMPERATUUR: 180˚C
WENK: Hierdie bolletjies kan ook in ’n no. 12-platboom-swartpot gemaak word en saam met braaivleis op die kole gebak word. Die baktyd moet dan verleng word tot 45 minute.
argief
GEVULDE FILET
GESONDE SEMELMUFFINS
Finesse het in die Augustus uitgawe gesê dat julle 'n gesonde semelmuffin-resep op voelgoed.co.za kan kry. Wel, hier is dit nou! ...KAASSOUFFLÉ
NAMIBIESE LAMSBOUD
Sprinkel die olywe, sonneblomsaad en kersietamaties bo-oor.GARNALE OP 'N STOKKIE
BLOMKOOL IN SPESERY-KLAPPERSOUS
SKAAPPASTEITJIES MET SALSA VERDE
PAMPOEN- EN ROOSMARYNSOP
met preie en jogurtEENDBORSIE OP 'N ESDORING-EN-APPELBED
ALGERIESE K'RAA BEYDA
Gevulde murgpampoentjies in eier en suurlemoensous























