89 WINTERSOP MET BIEF, GROENTE EN GORT KOS is op die tafel Articles www.voelgoed.co.za

WINTERSOP MET BIEF, GROENTE EN GORT

WINTERSOP MET BIEF, GROENTE EN GORT

2010-08-20

600 ml kookwater
4 rooibosteesakkies
30 ml olyfolie
450 g ekstra maer biefstuk in blokkies van 2 cm gesny
10 ml olyfolie
1 ui, fyngekerf
2 knoffelhuisies, fyngedruk
900 ml kookwater
60 ml vleisaftrekselpoeier
250 ml pêrelgort
15 ml vars tiemie, net die blaartjies
4 medium wortels (sny in dik ringe en dan in kwarte)
3 selderystingels, in fyn ringe gesny
2 medium aartappels, in 2 cm blokkies gesny
growwesout en varsgemaalde swartpeper

KOM ONS KOOK

•    Maak ’n aftreksel van die rooibostee in die 600 ml kookwater en hou eenkant met die sakkies steeds in die tee.
•    Sit die soppot op die stoof en verhit die olyfolie daarin.
•    Braai die biefblokkies tot bruin (sowat 12 minute).
•    Skep die vleis uit en hou eenkant.
•    Voeg die 10 ml olyfolie in die soppot, en braai die ui en knoffel tot sag (sowat vier minute).
•    Haal die teesakkies uit die aftreksel en voeg die tee by die ui en knoffel in die pot.
•    Los die vleisaftrekselpoeier in die 900 ml kookwater op.
•    Voeg die vleisaftreksel, gort, tiemie en vleis by.
•    Laat die mengsel kook en verminder dan die hitte. Sit die deksel op en prut vir 45 minute.
•    Voeg die wortel, seldery en aartappel by en prut vir nog 15 minute tot die groente sag is.
•    Geur met sout en swartpeper na smaak en bedien met vars, warm broodjies.

GENOEG VIR 6 PERSONE
VOORBEREIDINGSTYD:  20 MIN.
KOOKTYD:  60 MIN.

HET JY GEWEET?
  Rooibostee se mineraalinhoud verhoog enige gereg se voedingswaarde en gee ekstra geur aan die gereg. Vervang water in enige resep met rooibostee.


argief

soek op voelgoed

 

 

 

voelgoed

vermaak

 

 

   vg TV [kyk dit]


  

   vg OUDIO [luister dit]